
Annie Lennox is een van daardie irriterende, dikwels histrioniese ‘celebrity’ aktiviste wat so graag Suid-Afrikaanse ‘kwessies’ aanspreek en Nelson Mandele om die hals kom val. Maar sy kan sing, o jitte, sy kan sing: sedert sy lid was van Eurythmics al dink ek sy het een van die beste stemme in popmusiek.
Eurythmics het gesofistikeerde pop gemaak — dit werk nou nog vir my. En op haar eie het Lennox ook met ‘n paar baie goeie songs vorendag gekom. Een van hulle is ‘Why’, waarvan ek vanoggend ‘n baie goeie lewendige opname op YouTube raakgeloop het. Anders as op die ateljeeweergawe begelei Lennox haarself op klavier; daar is geen ander instrumente nie. Luister tot aan die einde. Die hoogstepunt is die rou emosie, die woede en die verwyt, en uiteindelik miskien die bevrydende gelatenheid, van daardie laaste vers:
[…] This is the book I never read
These are the words I never said
This is the path I’ll never tread
These are the dreams I’ll dream instead
This is the joy that’s seldom spread
These are the tears…
The tears we shed
This is the fear
This is the dread
These are the contents of my head
And these are the years that we have spent
And this is what they represent
And this is how I feel
Do you know how I feel?
‘Cause I don’t think you know how I feel
I don’t think you know what I feel
I don’t think you know what I feel
You don’t know what I feel
Fokus hierdie webblad nie op gedigte nie? Waarom is elke tweede inskrywing deur Desmond Painter en Andries Bezuidenhout oor popmusiek en lirieke?