Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 April 20116 April 2011

Gedigte op wiele

Gedigte op wiele
Gedigte op wiele

Luidens ‘n berig op Village Voice se webtuiste heers daar groot opgewondenheid onder New York se pendelaars aangesien die Metropolitan Transportation Authority (MTA) laat blyk het dat hulle van plan is om die uiters gewilde Poetry in Motion-projek weer af te stof en in sirkulasie te bring. Dié projek wat ten doel het om moltreintonnels en busse met gedigte te versier, is in 1992 deur die MTA begin en het groot waardering by strakstarende pendelaars ontlok. Digters wie se gedigte op dié unieke manier aan die massa bewegendes bekend gestel is, was onder andere Dylan Thomas, Grace Paley, W.H. Auden, Emily Dickinson, Henry David Thoreau, Yeats, en nog vele ander.

In 2008 is daar egter besluit om afstand te doen van dié projek. Poetry in Motion  is toe vervang met Train of Thought, “a sister project of Poetry in Motion that presents intellectually stimulating selections from great works of literature, philosophy, science and history.” Aldus die verklaring op MTA se webtuiste. Dít het egter geblyk minder gewild te wees, met die gevolg dat ook dié projek vroeër vanjaar afgelas en deur SubTalk vervang is. Hiervolgens is kort  aforistiese reklame- en/of nuusberigte teen die mure en busse aangebring. Soos die volgende waar pendelaars deur konstruksie- of herstelwerk in die tonnels gefrustreer is: “Improvements don’t just happen.”

Tonnelvisie
Tonnelvisie

Nietemin, die MTA se besluit om weer terug te keer na die oorspronlike Poetry in Motion-konsep word allerweë verwelkom. Volgens Village Voice se berig gaan dit ‘n gesamentlike projek wees van die MTA en die Poetry Society of America.

Vir jou leesplesier volg daar onder aan die Nuuswekker drie voorbeeld van gedigte wat in 2008 teen die mure en busse van New York gepryk het.

***

Sedert gister het Andries Bezuidenhout ‘n nuwe bydrae gelewer, terwyl Desmond Painter sommer twee geplaas het: een oor Annie Lennox en een oor Abraham de Vries en die Hertzogprys.

Lekker lees; die week is amper daarmee heen.

Mooi bly.

LE 

 

Wilderness

 

You are the man

You are my other country

and I find it hard going

 

You are the prickly pear

You are the sudden violent storm

 

the torrent to raise the river

to float the wounded doe

 

© Lorine Niedecker (1903 – 1970)

 

*

 

O tell me the truth about love

 

When it comes, will it come without warning

Just as I’m picking my nose?

Will it knock on my door in the morning

Or tread in the bus on my toes?

Will it come like a change in the weather?

Will its greeting be courteous or rough?

Will it alter my life altogether?

O tell me the truth about love.

 

© WH Auden (1907 – 1973)

 

*

 

A bouquet

 

Between me and the world

You are a calendar, a compass

A ray of light that slips through the gloom

You are a biographical sketch, a bookmark

A preface that comes at the end

Between me and the world

You are a gauze curtain, a mist

A lamp shining into my dreams

You are a bamboo flute, a song without words

A closed eyelid carved in stone

 

© Bei Dao

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Gedigte op wiele”

  1. Annerie says:
    9 April 2011 at 07:50

    Dis ‘n baie goeie voorstel, Sebra!

    Reply
  2. sebra says:
    9 April 2011 at 07:11

    Wat kan opheffender wees as gedigte teen mure of oop ruimtes? Skilderye dalk. Kan ons nie ‘n inisiatief van stapel stuur waar gedigte en afdrukke van goeie skilderye teen tronkselmure aangebring word nie. Enige taal, solank dit goed is. En wat van klassieke musiek in psigiatriese hospitale (waar gedigte ook teen mure kan verskyn) in plaas van die ewige muzak? Ons word omgewe van lelike wanklanke en drogbeelde. Laat ons dit verander.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d