
Luidens ‘n berig op Village Voice se webtuiste heers daar groot opgewondenheid onder New York se pendelaars aangesien die Metropolitan Transportation Authority (MTA) laat blyk het dat hulle van plan is om die uiters gewilde Poetry in Motion-projek weer af te stof en in sirkulasie te bring. Dié projek wat ten doel het om moltreintonnels en busse met gedigte te versier, is in 1992 deur die MTA begin en het groot waardering by strakstarende pendelaars ontlok. Digters wie se gedigte op dié unieke manier aan die massa bewegendes bekend gestel is, was onder andere Dylan Thomas, Grace Paley, W.H. Auden, Emily Dickinson, Henry David Thoreau, Yeats, en nog vele ander.
In 2008 is daar egter besluit om afstand te doen van dié projek. Poetry in Motion is toe vervang met Train of Thought, “a sister project of Poetry in Motion that presents intellectually stimulating selections from great works of literature, philosophy, science and history.” Aldus die verklaring op MTA se webtuiste. Dít het egter geblyk minder gewild te wees, met die gevolg dat ook dié projek vroeër vanjaar afgelas en deur SubTalk vervang is. Hiervolgens is kort aforistiese reklame- en/of nuusberigte teen die mure en busse aangebring. Soos die volgende waar pendelaars deur konstruksie- of herstelwerk in die tonnels gefrustreer is: “Improvements don’t just happen.”

Nietemin, die MTA se besluit om weer terug te keer na die oorspronlike Poetry in Motion-konsep word allerweë verwelkom. Volgens Village Voice se berig gaan dit ‘n gesamentlike projek wees van die MTA en die Poetry Society of America.
Vir jou leesplesier volg daar onder aan die Nuuswekker drie voorbeeld van gedigte wat in 2008 teen die mure en busse van New York gepryk het.
***
Sedert gister het Andries Bezuidenhout ‘n nuwe bydrae gelewer, terwyl Desmond Painter sommer twee geplaas het: een oor Annie Lennox en een oor Abraham de Vries en die Hertzogprys.
Lekker lees; die week is amper daarmee heen.
Mooi bly.
LE
Wilderness
You are the man
You are my other country
and I find it hard going
You are the prickly pear
You are the sudden violent storm
the torrent to raise the river
to float the wounded doe
© Lorine Niedecker (1903 – 1970)
*
O tell me the truth about love
When it comes, will it come without warning
Just as I’m picking my nose?
Will it knock on my door in the morning
Or tread in the bus on my toes?
Will it come like a change in the weather?
Will its greeting be courteous or rough?
Will it alter my life altogether?
O tell me the truth about love.
© WH Auden (1907 – 1973)
*
A bouquet
Between me and the world
You are a calendar, a compass
A ray of light that slips through the gloom
You are a biographical sketch, a bookmark
A preface that comes at the end
Between me and the world
You are a gauze curtain, a mist
A lamp shining into my dreams
You are a bamboo flute, a song without words
A closed eyelid carved in stone
© Bei Dao
Dis ‘n baie goeie voorstel, Sebra!
Wat kan opheffender wees as gedigte teen mure of oop ruimtes? Skilderye dalk. Kan ons nie ‘n inisiatief van stapel stuur waar gedigte en afdrukke van goeie skilderye teen tronkselmure aangebring word nie. Enige taal, solank dit goed is. En wat van klassieke musiek in psigiatriese hospitale (waar gedigte ook teen mure kan verskyn) in plaas van die ewige muzak? Ons word omgewe van lelike wanklanke en drogbeelde. Laat ons dit verander.