Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 April 20117 April 2011

Amerika se afwesige poet laureate

WS Merwin
WS Merwin

In ‘n vorige Nuuswekker het ek berig oor die VSA se huidige poet laureate, W.S. Merwin. Op daardie stadium was daar groot opgewondenheid oor sy aanstelling. “W.S. Merwin is making some of his most universal work right now. His environmental concerns are very powerful, but they grow out of an even deeper sensibility about human beings and their relation to life and the rest of nature itself,” het James Billington, voorsitter van die Library of Congress nog tydens ‘n onderhoud gesê.

Nou blyk dit egter dat daar ‘n toenemende gevoel van teleurstelling aan’t broeie is jeens die 82-jarige Merwin se belangeloosheid ten opsigte van sy verpligtinge as laureate. In ‘n berig deur Julia Beard op The Enquirer se webtuiste verwys sy na Merwin se opmerking aan president Obama tydens sy inhuldiging: “Humans are not a separate species. When we destroy the world, we’re destroying ourselves.” Hierdie uitspraak het die verwagting geskep dat Merwin hom veral op bewaringskwessies gaan toespits, maar sedert sy aanstelling in Oktober verlede jaar het die heersende laureate nog geen inisiatiewe van stapel gestuur nie.

Wat my egter in dié berig geamuseer het, was Beard se kort oorsig van die poet laureateskap: “When the title originated, in Britain, the laureate meant the poet of the monarch, and many of the first, including Chaucer, were paid in alcohol. Some were good, and others were insipid, but almost all wrote poems to mark moments of great public grief, or joy. William Wordsworth was a rotten laureate despite being an exquisite wordsmith; he only took the job when assured he would have to do nothing, but Alfred Tennyson gladly wrote reams. In the United States, no alcohol is involved; the Library of Congress appoints the laureate, who is paid a paltry $35,000 for a year’s work and is asked only to do a reading and vaguely promote poetry.”

Mmm, klink my mos na die ideale goue handskud ten gunste van ‘n gerieflike aftrede … Of wat praat ek nou?! Wat my laat wonder: is daar iemand wat weet wie ons eie poet laureate teenswoordig is? Ek weet dat Keorapetse Kgositsile die vorige was, maar wie tans dié pos beklee, weet net die engeltjies.

***

Sedert gister se Nuuswekker is daar nuwe gedigte in Hennie Aucamp se verskamer geplaas, terwyl Andries Bezuidenhout ‘n ontstellende aankondiging via ‘n skakel na Business Day onder ons aandag bring.

En daarmee is die week tot niet. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

4e gedagtes oor “Amerika se afwesige poet laureate”

  1. Breyten Breytenbach says:
    10 April 2011 at 14:46

    Ek bedoel natuurlik ‘Zimmerman’.

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    9 April 2011 at 11:40

    As dit maar liewer Braam Zuckerman was!

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    9 April 2011 at 09:40

    Ek is nie seker nie, maar ek dink ons huidige poet laureate is Bono.

    Reply
  4. Breyten Breytenbach says:
    9 April 2011 at 08:37

    Louis, jou nuuswekkers is lekker pitkos. Ek verstaan nie hoekom die geldvrate van Media24 (en hulle plesisserige goedpraters) so Broederbonderig sukkel om hulle literêre ‘bylae’ (van “om by of opsy te lê”, om daarlangs te lê en slaap) agtermekaar te kry nie. Hoekom vra hulle nie vir jou om hulle lesers (wat veel minder is as die potensiële resensente) se kennislus daagliks te prikkel nie?
    Ek wou hierby nog iets sê oor “ou koeie in ‘n sloot” – maar dog toe dis beter om dit daar te los. Netnoumaar bekak Max de Preez hom weer.

    Merwin (Bill) is ‘n interessante figuur, tereg gesien as een van Amerika se gaafste liriese digters. Hy woon saam met sy vrou op een van die Hawaïese eilande. Hy is al jare lank ‘n Zen ‘student'(in Zen bly jy ‘n student). Ook ‘n uitstekende en gerekende vertaler. Jy ken seker sy vertalings van Neruda se liefdesliedere? In sy jonger jare het hy ‘n huis in die Provence besit en lank daar gewoon terwyl hy navorsing gedoen het oor Provencaalse digters – die troebadoers en die hofdigters van weleer. Hy het ook van hulle werke vertaal. Sy belangstelling in Provencaals het gekom van sy bewondering vir Ezra Pound. Mens kom heelparty verwysings na Provencaalse lirieke teë in Pound se Cantos. As jong man het Bill Merwin vir Pound besoek in die inrigting vir geestesverstoordes waar hy sy straf moes uitdien (was die naam daarvan St.Elizabeth?)en dis Pound wat hom dit op die hart gelê het om Frankryk toe te gaan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d