
Jacket Magazine is ‘n Australiese webblad wat reeds in 1997 deur John Tranter tot stand gebring is en binne rekordtyd hom gevestig het as “The prince of poetry websites”, soos The Guardian daarna verwys het. Wat dié magtige webtuiste (ten opsigte van impak én volume) uniek gemaak het, is die feit dat daar geen redaksionele tussengang was nie. Met elke uitgawe (3 per jaar), is ‘n gasredakteur aangewys en het deelnemers hul bydraes gelewer wat dan as sulks geplaas is; sonder vergoeding of kommentaar. ‘n ‘Bêreplek’ vir die digkuns, as’t ware.

Nietemin, einde verlede jaar is dit bekend gemaak dat John Tranter na 40 uitgawes van Jacket die tuig neer gaan lê en die webblad se beheer en bestuur gaan oordra na die Universiteit van Pennsilvanië wat dit as ‘n voortgesette projek van Penn’s Center for Programs in Contemporary Writing (CPCW) gaan bedryf. Verlede Vrydag is die eerste uitgawe van Jacket 2 geplaas met behoud van al die vorige materiaal daarby en met die eerste deurklik op dié omvattende blad is die eerste indruk dat hierdie inderdaad ‘n gelukkige oordrag van inhoud en fokus is.
Die nuwe redakteur, Al Filreis, stel dit soos volg in sy redaksionele kommentaar: “Happily, we inaugurate Jacket2. For all the complexity of the work in poetry and poetics you’ll read on these screens, what we’re doing here is I think explained rather simply. We want to preserve what John Tranter has done with Jacket in its first forty issues, and to a significant extent – although in a somewhat new mode and a somewhat different context – continue and extend it.”
Dit is egter sy slotopmerkings wat ‘n besonderse handeklap verdien: “I hope in the coming months and years to find a few really inventive ways to bring the heterodox, dispersed community of poets, critics, literary-political people and other artists published here in connection with the activities and projects of students, teachers, and emergent writers whose access has mostly been tentative, fleeting, and based on the luck of same-time/same-place convergence. Providing continuity for one of the first online magazines not just in poetry but of any sort, Jacket2 is surely an apt site for further explorations in intentional convergences of the dislocated community – a folksonomy that informs, updates, augments, invites learning, and sometimes surprises.”
Kyk noord! Ons leef in opwindende tye …
***
Sedert Vrydag het daar heelwat nuwe leesstof bygekom. Leon Retief skryf oor die espebome in Kanada; Desmond Painter skryf oor koerantlesers in Thailand en Andries Bezuidenhout oor die bitter Transvaal. Nog uitsonderlike bydraes is Luuk Gruwez se artikel oor Erik Spinoy, Amanda Lourens se insiggewende stuk oor ‘n gedig van T.T. Cloete en Louis Jansen van Vuuren wat besin oor die maand April en die verskillende sienings daarvan.
Ten slotte is daar ook ‘n nuwe gedig deur Joan Hambidge in haar verskamer om te geniet.
En bly tog maar hierdie week op die uitkyk vir struikrowers wat jou pret wil bederf.
Mooi bly.
LE