Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 201115 April 2011

Siriese digter begrawe na skietorgie

Nadim Youssef
Nadim Youssef

Verlede Saterdag is sewe mense dood tydens ‘n skietorgie in ‘n winkelsentrum in die Nederlandse dorpie Alphen aan den Rijn. Nog sestien mense is gewond; drie van hulle heel kritiek. Die skieter, Tristan van der Vlis, het homself daarna om die lewe gebring. Luidens die berig by NRC Handelsblad: “De dader gebruikte een automatisch vuurwapen om om zich heen te schieten. Van der Vlis is een bekende van de politie, maar nog niet duidelijk is in welk opzicht. De man is een autochtone inwoner van Alphen aan den Rijn die lid was van een schietclub en vergunningen had voor vijf wapens.”

Tragies genoeg was een van die eerste slagoffers die Siriese digter Nadim Youssef. As lid van die verbode Kurdiese Werkersparty (PKK) was hy ‘n politieke voortvlugtige wat asiel in Nederland ontvang het. Eergister is hy begrawe in die dorpie Alphen aan den Rijn, ten noorde van Rotterdam, waar hy sedert 2007 saam met sy gesin ‘n heenkome gevind en in gewaande veiligheid gewoon het.  

 “He struggled against the regime in Syria for 20 years,” het sy vriend Kawa Rashid aan Radio Netherlands Worldwide gesê. “They didn’t manage to kill him in Syria. He survived an assassination attempt. Now he’s been killed by a madman in the Netherlands. Nadim and I were to go to Brussels together with other Syrian activists for talks with members of the European Commission and European parliament. The delegation will now not include Nadim. It’s a great loss.”

Kader Abdolah

Nietemin, die rede vir vanoggend se Nuuswekker is eintlik die gedig wat Kader Abdolah, Iranese digter en eweneens ‘n politieke vlugteling, oor sy vriend en mede-digter se tragiese afsterwe geskryf het. Dié gedig is tydens Youssef se begrafnis voorgedra en kan ook op die webblad wat deur Youssef se seun ter ere van sy vader tot stand gebring is, gelees word.

Vir jou leesgerief volg dit ook onder aan hierdie Nuuswekker.

***

Vanoggend is daar ‘n nuwe bydrae deur Edwin Fagel om te geniet; met ‘n besonderse vers deur Cesare Pavese daarby. Gebruik dan sommer ook die tyd hierdie naweek om in te haal op jou agterstallige leeswerk.

En daarmee is die week alweer kapot. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE 

 

Tevergeefs opnieuw beginnen

Sorry moeder, uw zoon is doodgeschoten
u zou denken dat hij in Damascus door een kogel is neergeschoten.
Maar nee moeder, hij kwam om in Alphen aan den Rijn
een kleine stad, ver boven Rotterdam. In een winkelcentrum is hij doodgeschoten.

Nee, er was geen sprake van een Arabische opstand op die plek.
Het valt niet te vergelijken met het Tahirplein in Egypte.
Ook niet met een plein in Syrie of Libië.
Voor uw zoon was het haast de veiligste plaats op deze wereld.
Alphen aan den Rijn. Een mooie plek.
Waar de moeders met hun dochters vredig winkelen.
Waar de jongens, de mannen aan alles denken, behalve aan een opstand tegen het Nederlandse bewind.

Het spijt me moeder.
Het spijt me vader.
Voor uw verdriet.
Het was niemand zijn bedoeling geweest om uw zoon pijn te doen.
Het was een zonnige dag.
Een rustige dag.

Plotseling werd het winkelcentrum omgetoverd tot het Tahirplein, een Libisch plein, een Syrisch plein.
Echt, uit het niets.
En uw zoon viel.
Hij viel, samen met nog vijf dierbare bewoners van de stad.
Het spijt me dat hij nooit meer terug naar huis zal komen.
Uw zoon, de man die kwam om opnieuw te beginnen.

(c) Kader Abdolah (April, 2011)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge
  • Krige Visser. Aantrekkende naak

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d