OMDIGTING: ‘n PROSES. (Oorspronklike E-poswisseling.)
Gedig
Cas Vos [cas.vos@vodamail.co.za] |
Sent: | Friday, April 22, 2011 9:13 AM |
To: | De Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> |
Categories: | |
Attachments: |
Hi Leon, ek hoop die Kaap is mooi en goed vir jou. En veral dat dit met jou en jou werk baie goed gaan.
Ek is uitgenooi om ‘n referaat by ‘n internasionale kongres te gee.
Ek wil die Hebreeuse teks van Ps 23 ontleed, dan kyk na die resepsie geskiedenis daarvan en ten slotte na die neerslag daarvan in gedigte. Ek wil ons gedig in Before it Darkens, gebruik. Maar ek het ook ‘n ander een wat ek wil gebruik. Leon, ek sal so bly wees as jy dit kan doen.
Nogmaals dankie en geniet die dag.
Groete,
Cas
my anima is my herder en beskermer,
sy lê my neer in vlaktes droë weivelde,
lei my na waters van onrus en haat.
sy versondig my siel, verlei my
op die glyspore van onreg en kwaad.
haar naam proe bitter op my lippe,
in die skadu van my onderbewuste
is vrees my donker geesgenoot.
in my hart met sy trosse kamers
woon my broers en my susters:
hoogmoed, hebsug, wellus, woede,
vreetsug, afguns, luiheid –
die sewe wonders van my lewe,
al my kortstondige dae.
——————
From: De Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> [mailto:leondk@sun.ac.za]
Sent: 25 April 2011 05:20 PM
To: Cas Vos
Subject: RE: gedig
Cas, hiermee die vertaling, Groete, Leon.
my anima is my shepherd and guardian,
she makes me lie down on the dead plains,
leads me beside waters still with unrest and hatred.
She blackens my soul, seduces me on
the wet slopes of harm and wrongfulness.
her name tastes bitter upon my lips,
in the shade of my underworld
terror is my dark soulmate.
in my heart with its many, wild chambers
my brothers and sisters fume:
pride, greed, lust, wrath,
gluttony, envy, sloth –
the seven wonders of my life,
all my fugitive days.
—————–
RE: gedig
Cas Vos [cas.vos@vodamail.co.za] |
Sent: | Monday, April 25, 2011 6:18 PM |
To: | Leon de Kock |
My vriend, Leon, uitstekend en baie dankie.
Mooi loop en groete,
Cas
—————–
gebruik HIERDIE een
De Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> |
Sent: | Monday, April 25, 2011 7:23 PM |
To: | Cas Vos |
my anima is my shepherd, my guardian,
she maketh me lie down on dead plains,
leads me beside waters of hatred and unrest.
She blackens my soul, seduces me
on wet slopes of wrongful harm.
her name is bitter upon my lips,
in the shade of my underworld
terror is my dark soulmate.
in my heart with its many, wild chambers
my brothers and sisters fume:
pride, greed, lust, wrath,
gluttony, envy, sloth –
the seven wonders of my life,
of all my fugitive days.
——————-
ons gedig
Cas Vos [cas.vos@vodamail.co.za] |
Sent: | Tuesday, April 26, 2011 6:33 AM |
To: | MDe Kock, L, Prof <leondk@sun.ac.za> |
Categories: | |
Attachments: |
Hallo Leon, ek is bekoor deur jou omdigting. Dis wonderlik om saam met jou te werk aan gedigte. Daar is altyd ‘n kreatiewe vonk wat jy na my toe laat spat. Ek het my gedig effens gewysig om by jou omdig aan te pas.
Nogmaals baie dankie en ‘n mooi dag,
Cas
my anima is my herder, my beskermer,
sy lê my neer in dooie weivelde,
lei my na waters van onrus en onvrede.
sy versondig my siel, verlei my
op nat steiltes van onreg en kwaad.
haar naam is bitter op my lippe,
in die skadu van my onderbewuste
is vrees my donker geesgenoot.
in my hart met sy trosse kamers
woon my broers en my susters:
hoogmoed, hebsug, wellus, woede,
vreetsug, afguns, luiheid –
die sewe wonders van my lewe,
van al my kortstondige dae.