Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 May 20112 May 2011

Ongewone heenkome vir Franz Kafka se nagelate briewe

Poskaart
Poskaart

The Guardian berig dat die meer as 100 nagelate briewe en poskaarte wat Franz Kafka gedurende sy lewe aan sy lieflingsuster, Ottla, gestuur het, gesamentlik deur die Bodleian Biblioteek in Oxford en die Deutsches Literaturarchiv in Marbach aangekoop is tydens ‘n veiling vroeër vandeesmaand: “The letters have been on deposit in Oxford for 40 years but only for safe-keeping. About a year ago the owners, Kafka’s descendants, said they were minded to put the letters to Ottla up for sale and it became clear that the Bodleian would not be able to afford the full amount, hence the successful approach to Germany.”

Luidens The Guardian se beriggewer: “The man who made the approach to Marbach and spent much time working the phones fund raising was Richard Ovenden, the associate director and keeper of special collections at Bodleian Libraries. He said the joint purchase was ‘a cause for celebration for international scholarship’ which recognised ‘that the pursuit of academic collaboration crosses national boundaries.'”

Franz & Ottla
Franz & Ottla

Wat hierdie briewe aan sy jongste suster so spesiaal maak, is natuurlik die besonderse band wat Kafka met haar gehad het: “He had a very special relationship with her – less formal, more teasing, more loving.”

Die bedrag waarteen dié briewe en poskaarte van eienaar verwissel het, is egter nie bekend gemaak nie.

En intussen wag die wêreld nog steeds op die voorheen ongepubliseerde manuskripte van Kafka wat onlangs na ‘n regsuitspraak vir openbare kennisname beskikbaar gestel moet word deur die erfgename daarvan.

***

Sedert Vrydag het daar twee nuwe bydraes bygekom: Desmond Painter  skryf oor Turkye en meer spesifiek oor Mustafa Yizalan, ‘n Turkse digter. En dan is daar ook nog die onderhoud wat met Jasper van Zyl gevoer is oor sy debuutbundel, Die lewe tussen pikkewyne, wat pas verskyn het.

Ten slotte – geniet die ekstra rusdag. Môre is dit weer alle skouers aan alle wiele.

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d