Andries Bezuidenhout. Surviving in a country which did not make the industrial revolution in time

Manuel Vázquez Montalbán

My aanhaling vir die dag. Dis uit Manuel Vázquez Montalbán se boek Southern Seas, wat ek op aanbeveling van Desmond Painter gelees het. Die aanhaling kom uit ʼn brief wat Pepe Carvalho, die hoofkarakter, aan ʼn ander karakter in die boek skryf:

“Carry on with your journey, and don’t come back until tiredness or old age get the better of you. You’ll return to find that everyone here has become petty-minded, mad or old. Those are the only three ways of surviving in a country which did not make the industrial revolution in time.”

Die boek is oorspronklik in 1979 in Spaans gepubliseer. Ek skat dit kan na baie ander lande en tye verwys, ook Suid-Afrika in 2011.

Bookmark and Share

15 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Surviving in a country which did not make the industrial revolution in time”

  1. Desmond :

    Montalban het in die 1990’s ‘n Pepe-boek geskryf wat die storie van Southern Seas so 20 jaar later weer optel: Man of My Life. ‘n Pragtige, melancholiese boek. (Maar hou hom vir laaste. The Buenos Aires Quartet tweede laaste.) Ai, daar is ‘n hele paar Montalbans wat nog nie in Engels vertaal is nie… Lees almal.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Daar’s soveel wat ek moet lees, Desmond. Hierdie naweek wou ek net ontsnap, toe lees ek uiteindelik “Southern Seas”. Ek het ook vyf Tintin-boeke gekoop en al The National se CD’s voor “Boxer” bestel. Ek is bekommerd oor my geestesgesondheid. Is dit dalk hoekom Irma Freud en Binswanger se korrespondensie so obsessief lees?

  3. Desmond :

    Interessant, een van Foucault se vroegste publikasies was ‘n essay oor Binswanger. Dis nog iets wat jy moet lees. Ek self lees egter net tweedejaarsopstelle op die oomblik. Crunch time.

  4. Breyten Breytenbach :

    Andries, Desmond: Montalban is ‘n interessante geval in meer as een opsig: skerp en onbeskaamd (en onverdrote) links maar eintlik het hy min daaroor geskryf – behalwe nou per implikasie, byna al sy werk was speurromans; hy het ‘n wonderlike en ‘n soort van definitiewe boek oor Barcelona geskryf, nogal ‘n koffietafelboek; hy was bekend as ‘n ‘Katalanis’ (taalnasionalis) en tog is al sy eie skryfwerk in Kastilliaans. Dis natuurlik ook die geval met die Goytisolo broers. Kortom, Montalban is beide ‘n tradisionele én ‘n vreemdsoortige openbare intellektueel.

  5. Andries Bezuidenhout :

    Breyten, dankie hiervoor. Ek het nog net die een boek gelees en ek hou van die feit dat Montalban nie moralisties raak nie, al gaan die speurverhaal oor morele kwessies.

  6. Desmond Painter :

    Andries en Breyten: ek sien onlangs, per toeval, dat Saramgo destyds sy roman “Seeing” aan Montalban opgedra het. Wat Montalban se politieke skryfwerk betref: Ek verbeel my tog hy het ‘n biografie oor Franco en dalk ook ‘n boek oor Kommandant Marcos geskryf?

    Andries, lees “Tattoo”, man: Pepe in Amsterdam in die vroee 70s. En “An Olympic Death”: ‘n elegie vir die Barcelona wat moes plek maak vir die 1992 Olimpiese Spele. Pepe, met sy verloopte kommunisme en gewoonte om boeke te verbrand is werklik ‘n fassinerende karakter.

  7. Breyten Breytenbach :

    Dankie Desmond. Jy het heeltemal gelyk – hy het natuurlik ook sy politieke boeke geskryf, en mens is dankbaar daarvoor. Ek het eintlik bedoel dat sy reputasie grotendeels berus op sy ‘verstrooiingsliteratuur’ terwyl hy eintlik (ook) ‘n politieke dier was. Maar dan, mens sou seker dieselfde kon sê van John le Carré, Graham Greene, om nie eens te praat van Gabriël Marquez nie. Hy was, net soos Pepe (nie net die verkleining van Pedro nie maar ook ‘n troetelnaam), ook ‘n reisiger. Verbeel ek my nou of is hy juis taamlik dramaties oorlede aan ‘n hartaanval juis op pad terug van een van sy reise?

  8. Desmond Painter :

    Ja, Breyten, hy is in Bangkok oorlede. Op pad terug van Australie, dink ek. Ek vermoed Montalban het, soos Pepe, nie gesond geeet nie.

  9. Desmond Painter :

    PS. As ‘n mens nou MOET doodgaan, kan jy seker maar netsowel in Thailand doodgaan.

  10. Andries Bezuidenhout :

    Ja. In Patpong, terwyl jy van ‘n kroegstoel afval. Dood voor jy die grond tref. Spoeg in die kies en bloed in die neus. Tom Waits wat in die agtergrond sing: “And no one brings anything small into a bar around here/
    They all started out with bad directions…”

  11. Beatrice Russo :

    Anne Sexton stel ander alternatiewe vir die probleem van afsterwe voor:

    Anne Sexton – The Starry Night

    That does not keep me from having a terrible need of — shall I say the word — religion. Then I go out at night to paint the stars.

    –Vincent Van Gogh in a letter to his brother

    The town does not exist
    except where one black-haired tree slips
    up like a drowned woman into the hot sky.
    The town is silent. The night boils with eleven stars.
    Oh starry starry night! This is how
    I want to die.

    It moves. They are all alive.
    Even the moon bulges in its orange irons
    to push children, like a god, from its eye.
    The old unseen serpent swallows up the stars.
    Oh starry starry night! This is how
    I want to die:

    into that rushing beast of the night,
    sucked up by that great dragon, to split
    from my life with no flag,
    no belly,
    no cry.

    (Maar miskien was sy nooit in Patpong nie…)

  12. Andries Bezuidenhout :

    Beatrice, dankie hiervoor! Op die onderwerp kan ek seker ‘n liriek deur Toast Coetzer (van The Buckfever Underground se album “Saves”) tot die gesprek byvoeg:

    i want to die, i want to die
    i want to die without a wife
    or at least without one that didn’t love me
    so i can be free of all the mourning,
    the bitterness and the black, all the tears & kak

    i want to die wearing these same shoes
    & my favourite t-shirt too
    i don’t wanna kill myself
    i’d rather let someone else
    20 000 people can’t be wrong

    i want to die on a tuesday afternoon
    on a busy sidewalk or maybe
    a pretty park in town, so the bergies
    or tannies, skollies or the cops,
    can stop by and stare for a while
    until the blood runs dry

    i want to die towards the end of the year
    in december, or in november
    so i won’t lose that much on my subscriptions
    to die burger and insig and DSTV
    and any case then by christmas
    all can be forgotten so the new year
    could be happy again

    i want to die on a tuesday afternoon
    just after i’ve returned all my overdue
    videos and library books – paying all my
    fines happily while ignoring those
    traffic department summonses
    knowing that video stores and libraries are
    good for man, and traffic cops are not

    yes and i want to die on a cool
    & cloudy day, so my body won’t
    swell up and rot and stink that much
    and maybe at about half past three
    so the coroners and the crime reporters
    can make all their deadlines
    and be home at eight for dinner
    with their wives and families

    yes i want to die without too much hassle alright
    you can cremate me or make me into compost
    or king pies or that stuff you put in potholes
    or whatever but i want to die yes i want to die
    late in the year at about half past three in a cool spot in a quiet park

    yes i want to die yes i want to die
    i want to die i want to die i want to die i want to die
    on a tuesday afternoon
    please

  13. Beatrice Russo :

    Andries, ek het sopas “Synecdoche New York” uitgeneem en ek sien op Wikipedia die volgende aanhaling uit die movie:

    Early in the film, Hazel purchases a house that is eternally on fire. At first showing reluctance to buy it, Hazel remarks to the real estate agent, “I like it, I do. But I’m really concerned about dying in the fire,” which prompts the response “It’s a big decision, how one prefers to die.”

    Die Buckfever Liriek is befok… ek ken dit nie, sal nou die boyfriend se CD’s moet gaan raid om te sien of hy “saves” het. Ek luister altyd na “Love in the time of Visas” op repeat. Lief dit!

  14. Andries Bezuidenhout :

    Oe, ek hou baie van “Synecdoche New York”. Deels inspirasie vir my stukkie gegrom in “Letter to South Africa”. Donker, donker fliek daai.

  15. “Synecdoche” is een van die scaryste flieks wat ek ooit gesien het. “The Truman Show” meets “Waiting for Godot”. En Philip Seymour Hoffman is fantasties, soos gewoonlik.

  •