
Die Meksikaanse digter, Javier Sicilia, se 24-jarige seun, Juan Fransisco is einde Maart tydens voortslepende geweldpleging in Meksiko saam met ses ander vermoor. Dit het die digter genoop om hom van die digkuns te distansieer en sy aandag eerder op protesaksies teen die regering se onwilligheid om iets omtrent die geweldpleging, wat al sedert 2006 meer as 34,600 lewens geëis het, te doen.
“I’m not a political animal,” het Sicilia aan die BBC in Meksikostad gesê. “I’m a moral voice – I have to do this out of my moral convictions, because people have asked me to do it.” Volgens hom is hy genoodsaak om standpunt in te neem weens die oorweldigende media blootstelling wat op die dood van sy seun gevolg het: “I have to show my face for my son’s dignity, for all the sons who have died in this battle and those who will die in the future,” het hy gesê en beklemtoon dat sy optrede geen keuse is nie, maar ‘n noodsaaklikheid.

Een van die inisiatiewe waarmee hy vorendag gekom het, is ‘n driedaelange protesoptog van Cuernavaca, waar sy seun vermoor is, na Meksikostad. In totaal het bykans 150,000 mense hieraan deelgeneem.
Afgesien van die sterkbewoorde toesprake en artikels in verskeie publikasies waarmee Sicilia die media sedert sy seun se dood gebombardeer het, het hy ook op nogal dramatiese wyse afskeid geneem van die digkuns. “The world is no longer dignified enough for words,” het hy tydens ‘n voorlesing enkele dae na die tragedie gesê. “This is my last poem, I cannot write more poetry. Poetry no longer exists inside me.”
En in ‘n ope brief aan die invloedryke tydskrif, Proceso, die volgende geskryf: “We do not want one more man, one of our sons, killed,” en vervolgens ook ‘n passievolle oproep gelewer vir “a national movement that we must keep alive to destroy the fear and isolation put in our minds and souls by your incompetence, politicians and your cruelty, criminals.”
Lees gerus ook die berigte by The Washington Post en Poetry Foundation. Die laaste vers waarna hierbo verwys word, volg onder aan vanoggend se Nuuswekker.
***
Sedert gister het Astrid Lampe ‘n bydrae tot Wisselkaarten gelewer. Dit handel oor Facebook. Ten slotte is daar ‘n nuwe vers deur Breyten Breytenbach in sy verskamer geplaas.
En daarmee is die week tot niet. Ons hervat weer Maandag soos gebruiklik.
Mooi bly.
LE
The world is no longer worthy of the word
They suffocated it inside us
Like you (they asphyxiated)
Like you
they slashed your lungs
And pain won’t cleave from me
only a world is left
By the silence of the just
Only by your silence and by my silence, Juanelo.
(c) Javier Sicilia