Die noodwendigheid van selfpromosie

Tony Perrottet

Tony Perrottet

Synde Verkiesingsdag maak ‘n Nuuswekker oor selfpromosie sekerlik sin. So het ene Tony Perrottet op New York Times se webblad die volgende opmerking oor die kwessie van selfpromosie deur skrywers gemaak: “As every author knows, writing a book is the easy part these days. It’s when the publication date looms that we have to roll up our sleeves and tackle the real literary labor: rabid self-promotion. For weeks beforehand, we are compelled to bombard every friend, relative and vague acquaintance with creative e-mails and Facebook alerts, polish up our Web sites with suspiciously youthful author photos, and, in an orgy of blogs, tweets and YouTube trailers, attempt to inform an already inundated world of our every reading, signing, review, interview and (well, one can dream!) TV ­appearance.”

En ja, dit is tans seker so dat enige uitgewer van ‘n betrokke skrywer se werk die verwagting koester dat die betrokke skrywer ook sal meehelp om die boek nie net te adverteer nie, maar ook te verkoop. Uiteraard is nie alle skrywers ewe gemaklik óf suksesvol hiermee nie; by sommige ontstaan daar veral ‘n bepaalde ongemaklikheid rondom kwessies soos selfvertroue en fatsoenlikheid. “In this era when most writers are expected to do everything but run the printing presses, self-promotion is so accepted that we hardly give it a second thought,” skryf Perrottet. “And yet, whenever I have a new book about to come out, I have to shake the unpleasant sensation that there is something unseemly about my own clamor for attention. Peddling my work like a Viagra salesman still feels at odds with the high calling of literature.”

In só geval is dit natuurlik sinvol om ‘n historiese kyk te gee na vroeëre skrywers en die maniere waarop hulle hul werke gepromoveer het. “For artists, the great problem to solve is how to get oneself noticed,” het Balzac in sy klassieke roman Lost Illusions kwytgeraak. Nog ‘n klassieke meester, Stendhal, het die volgende opmerking in sy outobiografie, Memoirs of an Egotist, gemaak:  “Great success is not possible without a certain degree of shamelessness, and even of out-and-out charlatanism.”

Ernest Hemingway

Ernest Hemingway

Maar dit is veral Ernest Hemingway wat waarskynlik nog steeds die standaard ten opsigte van selfpromosie stel, aangesien hy dit sy oogmerk gemaak het om in die advertensies vir bykans alle moontlike produkte te verskyn; om maar net enkeles te noem: advertensies vir maatskappye wat safari’s en hengel-ekspedisies adverteer, ‘n bier-advertensie (Ballantine Ale), Parker-penne, Pan Am, en nog vele ander. (Terloops, John Steinbeck het óók Ballantine Ale geadverteer.)

Maar dit is veral Perrottet se opmerkings oor resensies en die stryd om ‘n gunstige resensie en prominente ruimte te bekom, wat my aandag getrek het; veral nou dat die beskikbare ruimtes vir resensies in ons media onder ernstige druk verkeer. Weereens Balzac:  “In Lost Illusions, Balzac observes that it was standard practice in Paris to bribe editors and critics with cash and lavish dinners to secure review space, while the city was plastered with loud posters advertising new releases.” Guy de Maupassant het byvoorbeeld ‘n warmlugballon met ‘n groot banier waarop sy pasverskene roman, Le Horla, se titel verskyn het, oor die Seine laat dryf.

Walt Whitman

Walt Whitman

Daarteenoor het Walt Whitman hom weer tot die skryf van anonieme resensies oor sy eie publikasies gewend: “An American bard at last!” het hy in 1855 oor sy eie publikasie gegloei. “Large, proud, affectionate, eating, drinking and breeding, his costume manly and free, his face sunburnt and bearded.” En om ook nie te vergeet van George Simenon se reklame-foefie toe hy vir drie dae in die Moulin Rouge se vertoonvenster ten aanskoue van almal gesit het en ‘n boek binne 72 uur geskryf het aan die hand van voorstelle deur die publiek.

Ten slotte, weer terug by Tony Perrottet: “What lessons can we draw from all this? Probably none, except that even the most egregious act of self-­promotion will be forgiven in time. So writers today should take heart. We could dress like Lady Gaga and hang from a cage at a Yankees game – if any of us looked as good near-naked, that is.”

Nou ja, toe. Vir jou leesplesier volg RK Belcher se gedig “Poësie-aand” onder aan die Nuuswekker. Selfs ‘n digter het tog sy trots. Of wat praat ek nou?!

***

Ons webmeester is tans besig om bepaalde veranderinge op die webblad aan te bring. So is daar ‘n nuwe weblog vir Nuwe gedigte geskep.  Nuwe gedigte wat tans daar gelees kan word is dié van Melanie Grobler en Zandra Bezuidenhout. Van ATKV het ons die aansoek om inskrywings vir vanjaar se ATKV Woordveertjie-toekennings ontvang wat in die Brieweboks geplaas is. Aan die blogkant van sake is daar ‘n nuwe bydrae deur Desmond Painter oor die onwettige immigrante wat hul weg na Europese lande (probeer) vind en Pieter Odendaal wat vertel van MOJO-week en die stryd teen apatie.

Lekker lees en geniet die buitengewone rusdag wat deur die regering geskenk is.

Mooi bly.

LE

 

Poësie-aand

 

Sal ek vanaand in Dorpstraat se kafee

my siel ontbloot for everyone to see?

Hier tussen die geskinder en gepraat

my siel ophang soos aan ‘n doringdraad?

Met ander se geroggel en gerook

my sielsgeheim met nikotien bestook?

Hier tussen al die waaiers en die fans

myself beskinder saam met also-rans?

Nee, eerder lieg en skurwe rympies maak

oor snaakse goed wat ander siele raak

soos ghoffels wat kafoefel op ‘n trein

and other dear souls crying in the rain.

Maar smokkel met my siel se brood-en-jêm

voor al dié vreemde wesens? Not-a-dêm!

 

(c) Ronnie Belcher (uit: Van heidebos en klip, Suider-Kollege, 2000)

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •