Ekstreme voorbeeld van selfpromosie

Andrew Kessler

Andrew Kessler

In nog ‘n voorbeeld van bandelose selfpromosie het ‘n relatief onbekende Amerikaanse skrywer genaamd Andrew Kessler besluit om sy eie boekwinkel te begin met net één boek wat te koop aangebied word, naamlik sy eie. Aangesien hy nie wil toesien dat sy wetenskapsroman, Martian Summer, teen topverkopers soos Stephenie Meyer en Stieg Larson se boeke om rakspasie in algemene boehandels moet meeding nie, het hy besluit om sy eie winkel in Hudsonstraat, New York, te open met 3,000 kopieë van Martian Summer wat die rakke vul. ‘n Reklamebord voor die winkel verklaar “We have one book but we’re NOT scientologists”.

Monobookism

Monobookism

Monobookism noem hy hierdie inisiatief van hom; ‘n idee wat hy glo by ‘n frikadellesaak laer af in die straat gekry het: “I felt I was just going to send my book out in the world, close my eyes and hope for the best (with my two inches of shelf space at the local bookshop). I couldn’t do that,” het hy aan The Guardian gesê. “One day after a meatball dinner at a store on the Lower East Side that only sells meatballs, ‘The Meatball Shop‘. I stumbled outside, looked up and saw a church. And then I realised I could try to sell my book like a meatball. Monobookism was born.”

Volgens Kessler was die publiek se reaksie op sy balatante selfpromosie nogal interessant en gevarieerd: “You have to take some risk if you’re going to dream big. I do have a solid appreciation for all the commenters who’ve written me off as a ‘stupid hipster trust-fund kid’. But in the end it was the generous support of friends and fans of Martian Summer that really made it happen […] Some people come in and hug whomever happens to be working in the store because they love it. And some people demand to know – aggressively – how we could be so foolish. That makes for a pretty unique work environment.”

Nou ja, toe. Wat is volgende? Digters wat met ‘n mandjie vol eie publikasies by verkeersligte staan in ‘n poging om hul oplaag uit te verkoop?

Mmm, laat ‘n mens wonder, nè.

***

Sedert gister het die volgende bydraes op die webblad verskyn: Andries Bezuidenhout skryf oor die kerke van Winburg, terwyl Heilna du Plooy oor die kwessie van “Generasie Y”  besin met ‘n interessante inspeling op Gustav Mahler se 5de Simfonie; meer spesifiek die Adagietto-beweging.

Soos vroeër genoem is ons besig met nuwe inisiatiewe vir die webblad. Een daarvan is om die net vir Nuwe Gedigte ietwat wyer te gooi en danksy die bemiddeling van Luuk Gruwez en veral Jan Pollet het ons die afgelope paar dae sommer heelwat gedigte deur Vlaamse en Nederlandse digters ontvang. Digters wie se gedigte vanoggend gelees kan word, is Hans van de Waarsenburg, Fred Papenhove, Bart Plouvier en Bart Stouten.

Opwindende tye, inderdaad.

Geniet dit.

LE

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •