ALBERTINA SISULU
(21 Oktober 1918 – 2 Junie 2011)
op lynwoodweg teen ʼn lamppaal
die nuus vanoggend. in linden, in ʼn stoel,
terwyl sy nuus kyk knik haar kop sylangs.
“hero of the struggle dies,” sê een koerant.
“last chapter in a love story,”
ʼn ander.
en dan die kommentaar –
“lala ngoxolo, mama, comrade.”
“eke moya wa gagwe
o ka robala ka khutso.
o be ole leshole
ka nnete mmaSisulu.”
ook in afrikaans, op een of ander nuuswerf:
“nog ʼn papvreter sterf.”
Andries,
Dankie hiervoor. Ons het van die punt afgedwaal. Was ook baie goed om op Kommentssr vir Max du Preez te hoor praat oor haar uit die harige ou dae toe sy altyd ‘n veilige hawe was en selfs die polisie het lig geloop vir haar.
Joan, dankie vir die korrekte inligting oor die aanhaling en Desmond vir die hou onder die, uhm… belt.
Terug by die oorspronklike onderwerp: ‘n Mooi stuk in die New York Times: http://www.nytimes.com/2011/06/06/world/africa/06sisulu.html?_r=1&ref=world
Desmond, re PC deur net die wittes te teiken. Ek stem saam met jou beskrywing van PC in heelwat gevalle. Dit gaan oor hoe jy gesien word, nie wat regtig eties of meelewend is nie, in sommige gevalle.
Ek vind mens voel verantwoordelik vir jou eie taalgroep (al verskil jy fundamenteel met van hulle uitstaprake) en sal hulle eerder aanspreek of kritiseer want jy is deels verantwoodredelik vir die gemors wat eskaleer. (evil flourishes when good men do nothing)
Hoe ons die wa uit die drif gaan kry wat eskaleerende polarisering en rasisme wedersyds betref is ‘n sleutel probleem vir ons almal. Mandela was ‘n leier met soveel integriteit en aansien en het mense oor baie rasse heen saam geneem met sy visie van versoening en regstelling. Na hom was ons meer en meer leierloos met betrekking tot ‘n etiese rigting was vir die hele land geld. Daar is baie goeie politisie. Daar is ook oorgenoeg vrot appels wat net agter mag aan hardloop.
Max du Preez het eens geskryf dat die skrywers en kunstenaars ons uit die woestyn sal moet lei. Dis nou sulke tyd.
Kyk watter effek(goed of sleg) kon ‘n “skiet die boer” of dela Rey delaREy liedjie hê, en die Voelvry toer se effek was enorm.
Andries julle werk word al hoe groter. Dink aan die enorme effek vsn Poppie Nongena op die Afrikaner stem voor die referendum.Mandela wat “die kind is nie dood nie” by sy inhuldiging gelees het.
Ja-nee, Andries is so PC, hy lees Loslyf maar gee voor dis M&G! 😉
Andries, dit was Marita van der Vyver wat in Loslyf in ‘n onderhoud opgemerk het dat politieke korrektheid haar tiete lam maak.
Die probleem met politieke korrektheid lê deels in verhouding tussen die “signifier” en die “signified” wat daardeur gedek word, want op watter punt van die kontinuum lê die “absurde”, “neerbuigendheid” en “respek vir die ander”? Natuurlik is konteks en die spreker se ingesteldheid hier van belang, en dan nog vra dit om voortdurende refleksie. Ek sê maar net: die begrip PC is verdomp kompleks en verglydend – soos die situasie self, en soos etikettering. Mens moet maar versigtig wees om PC (en die omskrywing daarvan) te verabsoluteer. Ja, ek weet as deel van die spel kan mens tog probeer om te sien waar jy uitkom. En ligloop vir sekerhede.
NS. Dis ‘n bietjie PC om net op Afrikaners se haatspraak te pik, so ek moet darem naas die Hofmeyrs en die Roodts ook ons land se Jon Qwelanes en David Bullards noem… 🙂
Politieke korrektheid het vir my veral te make met ‘n absurde polisiering van taal en praktyke met die doel om niemand te “ontstel” nie; met ‘n oordrewe, dikwels valse en dus ook neerbuigende respek vir (ander se) “identiteite” en “kultuur”. Sodra iets iemand se “identiteit” of “kultuur” is, kan jy nie vrae daaroor vra, dit kritiseer of grappies daaroor maak nie.
Dit skep dan ‘n omgewing waar outentieke gesprek, ontmoeting en wisselwerking onmoontlik word. Dit bied sigself aan as ‘n respek vir die Ander, maar eintlik sorg dit dat die Ander ander bly, dat jyself in die magshebbers se goeie boekies bly, en dat substantiewe kwessies oor sosiale geregtigheid verskraal word tot vriendelikheid, goeie bedoelings en steriele taalgebruik.
Daarmee saam kom dan sommer ook ‘n soort valuering van voorafbepaalde kategoriee (“identiteite”) van maatskaplike weerloosheid en ‘n soort politieke ekonomie van slagofferskap. “Bemagtiging” behoort aan diegene wie se “identiteit” die hoogste telling behaal op ‘n soort slagofferskapskaal… of hoe?
Ja Desmond. Uit die monde van Athol en Antjie, wie se lewens en werk ‘n toonbeeld is van uitpraat teen rasisne, apartheid ens. is, sê so ‘n stelling iets anders as in die regse kraal. Dan kry jy ook in Afrikaanse liedjies , liriek skrywers wie se musiek aangehang word deur die regses en hulle siening regverdig. Die liriek skrywer sê dan dat dit alles ironies bedoel was, maar hy kry eintlik sy brood aan 2 kante gebotter want die kas register lui vir die toename in verkope.
Breyten, jy is reg dat dit ‘n gekweste moordadige dier of buffel is met wie jy nie kan redeneer nie.
Die basiese leun glo ek is dat die kleur van ons lywe bepaal wie en wat ons is. Ook die leuns wat sogenaamde Christene ( sommiges van die VF) regverdig om rassitiese veralgemenings te gebruik om haat, rasisme en ‘n strewe na dominansie te regverdig.
In Fugard se My Children, My Afrika (waarvoor hy gekritiseer was) is daar ‘n toneel waar die swart onderwyser, wie letterkunde lief het, sy beste leerling aanspreek oor hy begin klippe gooi het na Kaspirs. Hy staan voor die leerlikng met ‘n klip in sy een hand en ‘n Engelse woordeboek in die ander
onderwyser: “In this hand I have a rock.
In the other hand I have the whole English Language. This rock is but one word in this book. With this rock I can hit the Kaspir . With the words in this book I can get into the minds of those who drive the Kaspir.”
Ek glo in die mag van die woord- veral gedigte weens die kwaliteit van die kommunikasie.
Op die ou einde het Saartjie Baartman se oorskot terug huistoe gekom op die rug van ‘n gedig geskryf deur Dianne Ferrus. Na Nelson Mandela en Barbara Masakela te vergeefs die Franse museum behore se koppie probeer omdraai het.
Ek glo beslis in die mag van die woord. Al is geweld soms nodig. (Woorde kon nie vir Stalin en Hitler stop nie.)
Nog van julle woorde en gedigte aub!
Ek het gister vir die eerste en waarskynlik laaste keer Praag se webwerf besoek. Dit was ‘n verstommende ondervinding. Om dit sag te stel. Breyten jy’s reg, die dier is swaar gekwes. ‘n Moontlike, en slegs gedeeltelike verklaring is dalk dat baie witmense wat bereid sou wees om deel te neem aan die “nuwe bedeling” in die 90-er jare van die vorige eeu nou gemarginaliseer en uitgeslote voel, dat daar ‘n (tot ‘n mate korrekte?) persepsie is dat die huidige regering hulle doelbewus in daardie posisie plaas. Die algemene vlak van korrupsie, inkompetensie en gebrek aan dienslewering dra nou ook nie juis by tot enige gevoel van goedgesindheid nie. Aan die ander kant, ‘n verklaring is natuurlik nie ‘n verskoning nie…
‘n Ander mooi definisie van “politieke korrektheid is natuurlik om die peul ontlasting aan die ‘skoon’ punt op te tel… Desmond het egter gelyk – dis dikwels ‘n aantyging wat rondgeslinger word deur mense wat dink dis opreg om jou kru vooroordele te lug net waar en wanneer die gier jou pak.
Desmond: dit vat darem ook balls om Praag se webwerf te lees. Ek sien nie kans nie daarvoor nie.
Ek hoor jou, Evette. Maar weet darem nie. Dit gaan nie hier net om die ‘leuen’ nie. Daar’s ‘n woedende mal bees los onder die mense. Miskien omdat hy so dodelik gekwes is. Maar met so ‘n dier redeneer mens nie.
Wie’t nou weer lank gelede, in Vrye Weekblad, ges^ politieke korrektheid maak haar tiete lam. Was dit nie Antjie Krog nie?
Evette, ek stem met Fugard saam, maar ek het tog ‘n probleem met hoe die beskuldiging van “politieke korrektheid” soms in veral Afrikaanse gesprekke gebruik word: die Steve Hofmeyrs, Jelleke Wierengas en Annelie Botesse word geloof omdat hulle die “balls” het om te s^e wat hulle dink en bereid is om on-PC te wees; diegene wat hulle daarteen uitspreek word sondermeer afgemaak as “polities korrek”.
Op Praag het iemand byvoorbeeld aangevoer Breyten Breytenbach ly aan “politiese korrektheid” omdat hy ‘n brief in ‘n Nederlandse koerant gepubliseer het waarin hy aandui dat Afrikaans nie ‘n “wit” taal is nie. (Dit was natuurlik een van die vriendeliker kommentare.)
Met ander woorde, die beskuldiging “Jy is maar net polities korrek!” het die ideale manier geword vir homofobe, xenofobe, chauviniste en rassiste om kritiek te systap. Soos jy weet het mens egter soms “balls” nodig om bogenoemde posisies te kritiseer (in kontekste waar hierdie posisies juis die “korrekte” of verlangde oortuigings is), so indien ek in sulke omstandighede “PC” genoem word, is ek heel gemaklik daarmee.
O, ja Desmond. Athol Fugard het nou onlangs gesê. “political correctness cuts off your balls.” Maill en Guardian net na die opening van Athol se nuutse drama The Birdwatchers,” wat 12 Mei ’11 geopen het.
Breyten, moet aub nie ophou uitpraat reageer en skryf nie. Ook die ander digters ; Antjie Krogg, Andries (dankie vir die blog oor Albertina Sisulu), Desmond, Joan Hambidge, ens,ens- lees weer wat Solzenintsyn geskryf het heel onder. Dit is een van die wapens teen haat, rasisme, geweld en leuns.
Hoe hanteer ons groeiende blatante en kru wit rasisme in ons land? Dit is ‘n truksvy.
Onthou wat oud President Mandela gedoen het’
OP die rekenaars wat sekere polisie aan mekaar gestuur het het ‘n foto van ‘n groot aap, (gorilla of chimp) verskyn en het geleidelik verander in die gesig van president Mandela. Dink hoe sou enige van ons president voor of na pres Mandela opgetree het in so ‘n situasie en watter onstellende polarisering en uitkryting dit mee sou gebring het. President Mandele het daarna gekyk en daarvan kennis geneem en onmiddelik dit op sy geskuif. Instinktief het hy bo dit uitgestyg en dit het die hele saak ontlont. Dit was nie ‘n politieke skuif nie. Dit het gekom uit die goedheid en waarheid wat hy is en waarvolgens hy leef.
Wat Sollzenitsyn gesê het , of nie mag sê het nie, in ontvangs van sy Nobel vredesprys is ook ter sake.
“What can literature do in the merciless onslaught of violence?
Let us not forget that violence does not exist alone and cannot survive in isolation; it is inevitably bound up with the lie. …Moreover writers and artists can do something more, they can vanquish the lie. Wherever else it fails, Art has always won its fight against lies, and it always will win. Its victory will be obvious, irrevocably obvious to all men. The lie can withstand a great deal in the world, but it cannot withstand Art.”
die armes van verstand, gees en humaniteit sal ons altyd met ons hê -Moses 3 vers3
korreksie; 0.4% nog steeds siestog
korreksie; 0.4%
Wat was die verkiesingsuitslag vir die VF+ 0.04% of so iets, siestog.
PS. En wat hatige gemor in (dikwels nogal geradbraakte) Afrikaans betref, is een van die giftigste plekke op die internet (‘n virtuele weergawe van die tronktoilet wat BB hier bo beskryf!) nog steeds Roodt se Praag webblad. Nou ja, hy kan seker haat saai soos hy wil, maar wat my interesseer is dat hy gestaan het as VF+ kandidaat in een die wyke. Sy amptelike persverklaring in daardie hoedanigheid is ingelei met: “Stem VF+, Stem Wit”. En dan borduur hy natuurlik op daardie tema voort. Die VF+ het veel te sê oor Malema; hoe is dit dan dat die slegte Doktor se uitsprake in hulle naam, en op sy webblad, nie deur hulle gerepudieer word nie? Of het hulle en ek het net nie daarvan gehoor nie? Hoe kan hulle swart stemme in Soweto wil werf, maar hulle bied politieke tuiste aan die Roodts? Of is ek nou weer net “PC” en onregverdig?
Breyten, ek sal werklik graag iets oor die Zizek-Sloterdijk gesprek wil hoor wanneer jy tyd het (jammer Johann Rossouw vertaal die goed nie meer in Afrikaans nie). Ek het net laasweek ‘n onlangse boek van Sloterdijk in die hande gekry: Rage and Time. Hy skryf nogal interessante dinge oor woede… maar dan’s hy ook ‘n man wat argumenteer dat ryk mense nie belas moet word nie, ons moet eerder wag vir hulle om goedsgunstelik bydraes tot die staatskoffer te maak!!! Watter soort voorbeeldige rykes ken hy?!
Ai. Dalk sal die woord “keulder” daarvoor moet instaan.
Desmond, ek wonder of daar ‘n woord is vir daardie gelyktydige hartbreek en moerstrip.
Ek is bly julle mense sien die vuilspuitende haatgebraak ook raak. Dis werklik vies en neerdrukkend en ontstellend. Tot so ‘n mate dat ek al heeltemal kopsku begin raak om self ook maar enigiets nog te wil bydra. Die onmiddellike gifaanvalle is onvermydelik, al beweer ek ook slegs dat Dinsdag op Maandag volg. (Wel, miskien ís dit godslasterlik komende van ‘n ou ateïs met grys skoene.)
Op ‘n ander noot: wonderlike gesprek oor huidiglikhede in die Franse Le Monde van so ‘n week gelede, tussen Zizek en Sloterdijk – ek probeer iets daarvan weergee sodra ek weer opkom vir ‘n bietjie asem.
En Andries: Tja, jou opmerking bring die vreemde droomwêreld terug van met ‘n brandende naakte gloeilamp te moet slaap. Toe my ma oorlede is het ek gevra of dit afgeskakel mag word sodat ek in die donker kan huil, en kolonel Keulder (die Boer in bevel) het geweier. “Wat is verkeerd met die kakhuis?” het hy gevra. (Daar was so ‘n heuphoë muurtjie om die toiletbak gebou, so as mens nou laag genoeg sou buk…) Erger nog, hy laat maak toe ‘n wag die hele nag voor die selvenster in die gang staan om my dop te hou vir geval ek wil selfmoord pleeg. Soos met die verbod op die insluk van lepels en sodanige sou dit beteken jy maak jou skuldig aan “die beskadiging van staatseiendom.”
Andries, jy het nie te vinnig geskiet nie, en jy skiet raak. Ongelukkig, Lewies, dink ek nie die anonieme haatpraters is so ‘n klein minderheid nie. En al hoe meer van hulle ag dit nie eens meer nodig om anoniem te wees nie. In hierdie land gebeur dit darem net te gereeld dat ‘n mens jou moer strip en dat jou hart wil breek op dieselfde moment. Eish.
In my xenosentristiese bui vanoggend – sien bv. hierdie artikel in die New York Times, asook die kommentaar aan die einde: http://www.nytimes.com/2011/06/05/magazine/watching-the-murder-of-an-innocent-man.html
Ek dink hierdie het ook betrekking op die gesprek wat gevolg het op Heilna du Plooy en Pieter Odendaal se blogs.
Ek hoop ook so, Lewies! Dis ‘n morbiede vorm van masochisme om dit te lees. Nog erger as ‘n mens byvoorbeeld die Guardian lees en die (meestal) intelligente kommentaar daar in ag neem.
Andries, die stringe en stringe haatdraende rassistiese kommentaar van lesers onder die nuuswerwe ontstel my telkens. Elke berig van elke koerant (en veral die Afrikaanse koerante) of dit nou rugby of nuus is. Ek hoop net dit is die stink van `n klein klompie anonieme banggat rondloper straatbrakke wat in die nag hul bene teen motorwiele lig.
Dankie Breyten. Ek skiet ‘n bietjie vinnig hier, uit die heup, maar daardie kommentaar het my erg ontstel vanoggend. (Dis nou verwyder.) Ek onthou dat Albertina ‘n slag vertel het dat Water Sisulu saans met die ligte aan wou gaan slaap. Blykbaar is die tronkligte nie snags afgeskakel nie en het hy gewoond daaraan geraak om so aan die slaap te raak. Nou’s die ligte vir albei darem af.
Dankie hiervoor, Andries. Ma Albertina was ‘n groot alhoewel beskeie dame en ‘n vegter in murg en been en hart en liefde. Ek wens meer mense wil net vir ‘n oomblik stilstaan en wonder, dalk onthou en miskien nog ‘n bietjie droom. Sy – soos haar man Walter ook – was en is ‘n voorbeeld van die beste wat ‘n bloedige stryd en ‘n stukkende geskiedenis nog opgelewer het.