Andries Bezuidenhout. The dead shopping malls rise like mountains beyond mountains

Vroeg op kantoor. Blaaskans vir koffie en sien deur die venster hoe die son oor die oostelike voorstede opkom. Dis waar ek woon. Alles cliché. Hoe die son opkom en waar ek woon. My dieseltrok se een wiel is moeg, word die heeltyd pap. Blaas op, blaas af. Blaas op, blaas af. Tweestryd met petroljoggies wat daarop aandring om dit self op te blaas. Sit nou met die verwarmer onder die lessenaar om my tone warm te maak. All Stars is nie winterskoene nie.

The National sing van iemand wat pienk en jonk en middelklas is. Vyftien blou hemde en vroulike hande. My hande is vroegwinterskurf. Ek het net twee blou hemde, die res is wit. Ek het kraaghemde toe oorgeslaan. Kraag voor strop. Dis hoekom ek koue voete in die All Stars kry. Is ʼn midlife crisis soos om dronk te wees? Soms weet jy dit en soms is jy nie eers daarvan bewus nie? Kan iemand wat in ʼn rock band speel ʼn midlife crisis kry? My dood begin by die nek, dink ek, nie die voete nie.

Keer steeds terug na The Arcade Fire se laaste plaat toe – The Suburbs. Op die oomblik hou ek van “Sprawl II (Mountains Beyond Mountains)” – dit klink amper soos 1980s Japannese pop. Liriek hier en video hier – van ʼn live optrede.

They heard me singing and they told me to stop
Quit these pretentious things and just punch the clock
These days, my life, I feel it has no purpose
But late at night the feelings swim towards the surface
‘Cause on the surface the city lights shine
They’re calling at me, “come and find your kind!”

We rode our bikes to the nearest park
Sat under the swings, we kissed in the dark
You shield my eyes from the police lights
We run away, but we don’t know why
Black river, your city lights shine
They’re screaming at us, “we don’t need your kind!”

Sometimes I wonder if the world’s so small
Can we ever get away from the sprawl?
Living in the sprawl
Dead shopping malls rise like mountains beyond mountains
And there’s no end in sight
I need the darkness. Someone, please cut the lights!

My een kollega het vir hom grond gaan uitsoek naby Tsolo in die Oos-Kaap. Hy moet dit nou afkamp, sodat die chief (hoofman?) dit nie aan iemand anders toeken nie. Dan gaan hy bou. Dis teen ʼn heuwel en kyk op ʼn bos uit – Bezuidenhout se bos, noem die mense dit.

ʼn Ruk gelede het ons by sy suster se huis oorgebly, aan die voet van die suidelike Drakensberge. Rondawels en ʼn kraal op die werf. Hoender vir aandete het sy self geslag. Wortels, tamatie en slaai uit haar eie tuin. Putlatrine, koerantrepe wat in die wind fladder. Hoe donker is die nag nie daar nie.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •