Hannalie Taute. Poupee

Op vierjarige ouderdom ontvang sy ʼn babapop. Sy word ʼn moeder.

Met haar 6de verjaarsdag ontvang sy ʼn Barbie-pop. Sy word ʼn “beauty queen”.

Een jaar daarna ontvang sy ʼn ken-pop. Sy kry ʼn man.

miss-understood

miss-understood

Die afgelope maand maal die volgende gedig van Ingrid Jonker in my kop:

LIED VAN DIE LAPPOP

Ek is die lappop wat nie praat

en maak net op jou liefde staat

Saans lê ek blind en stil en doof

en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf

word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:

jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag

goedsmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees

My pyn jou luid gevierde fees.

natural born killer

natural born killer

” But the little girl cannot incarnate herself in any part of herself.  To compensate for this and to serve her as alter ego, she is given a foreign object:  a doll.  It should be noted that in French the word poupee (doll) is also applied to the bandage around a wounded finger”  a dressed up finger, distinguished from the others, is regarded with amusement and a kind of pride, the child shows signs of the process of identification by his talk to it.  But it is a statuette with a human face – or that lacking, an ear of corn, even a piece of wood – which will most satisfyingly serve the girl as substitute for that double, that natural plaything: the penis”

Simone de Beauvoir- the second sex-

Later…Ek maak my eie poppe- oftewel herskep poppe uit gebroke en gevonde speel- en ander goed.

Ek worstel met die vraag:  Sou ons anders gewees het as ons speelgoed anders was?

<!–[if gte mso 9]> <![endif]–><!–[if gte mso 9]> Normal 0 false false false EN-US X-NONE X-NONE <![endif]–><!–[if gte mso 9]> <![endif]–>

In 2003 lees ek ʼn artikel in Rapport getiteld: “Ingrid Jonker en die poppe”.

In bogenoemde artikel word berig dat Ingrid al haar poppe vermoor het.

 

‘n Uittreksel uit:

 

MY POP VAL STUKKEND

 

….Die skaduwee waarsku die son

Porselein met die ver lug bo-

As ek sou val uit n hoe balkon

As ek sou breek lyk ek ook so?

Sou Ingrid nog gelewe het as sy nie haar poppe vermoor het nie?

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •