Andries Bezuidenhout. Met milde verskonings aan Thomas Mann en Geoff Dyer

Verskoon tog maar my ou grappies. Met mense wat mekaar hier in Suid-Afrika wil “necklace”, het ek ‘n behoefte aan ‘n bietjie humor.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Met milde verskonings aan Thomas Mann en Geoff Dyer”

  1. Desmond :

    Hehe, snaaks, Andries! Eergisteraand was beide Ferial Haffajee en Eric Miyeni op ‘n Cape Talk / 702 radioprogram. Dit was ‘n fassinerende konfrontasie. Ferial met haar kalm, beredeneerde maar tog keiharde teenwoordigheid. Eric met sy beledigende toon, gevaarlike retoriek en doodgewone onnoselheid. Een oomblik voel mens hoopvol, die volgende oomblik sak jou moed in jou skoene. Maar Eric het verloor, al is hy nie slim of eerlik genoeg om dit te besef nie. Daar was ‘n hele paar swart inbellers, gewone mense wat keelvol is vir rower-politici en hulle beeldpoetsers, wat hom die leviete voorgelees het. In no uncertain terms. Sy verduidelikings en verdedigings was so dom, en self so beledigend teenoor Ferial en ander, hy gaan sy dinges sien in die hof. Een snaakse moment: Eric voer aan dat hy nooit ges^e het Ferial sou genecklace word nie; hy het ges^e sy sou PROBABLY geneckless word. Toe s^e die aanbieder: “C’mon, how would you interpret it if I said Eric Miyeni is PROBABLY an idiot?! You would think I said you were an idiot!” Antwoord Eric: “No! I would think you probably thought that I was probably an idiot…”

  2. Andries Bezuidenhout :

    Erg om so die afgrond in te staar. Die Trevor Manuel-Jimmy Manyi insident. Trevor se belangrikste vraag: Where were you Jimmy? My hipotese is dat dit diegene is met die geringste betrokkenheid by die struggle, wat die meeste baat by rastrompette. Dis al hoe hulle ook ingesluit kan word. Was dieselfde met Afrikanernasionaliste na die oorlog met die Engelse; vlgs. PG du Plessis in “Fees van die ongenooides”. Aan die postiewe kant: Die aanval beteken joernaliste se vingers is op ‘n teer plekkie vir Julius Malema en dit maak seer.

  •