Andries Bezuidenhout. Nog ongegronde landskappe

In Ronelda Kamfer se bundel grond/Santekraam skryf sy oor ʼn berg wat die grond aan die aarde moes vashou. Die berg verloor egter konsentrasie en ʼn stuk grond waai die lug in soos ʼn tapyt. As ek tyd kry, werk ek verder aan ʼn reeks landskappe sonder grond. Ek werk nog aan ʼn titel vir ʼn moontlike uitstalling – oor twintig jaar of so. ʼn Mens moet altyd vooruit beplan. Ongegronde landskappe, dalk.

Die eerste een is van “die korre” (vernoem na “court”) – die projects-tipe geboue op die Kaapse vlaktes:

Die tweede van ʼn dak met ʼn skoorsteen en TV antenna. Ek moet nog besluit of die rooi sinkplaat genoeg na sinkplaat lyk:

Maar vir eers verlaat ek Suid-Afrika vir ʼn maand. Die aaklike, aaklige land, waarvan Gert Vlok Nel sing, die land waar hulle nog hekse verbrand.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •