Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 August 2011

Clinton du Plessis. Aan die gatkant van die maan

Aan die gatkant van die maan*

 

Etienne praat in die Victoria Manor oor vergeet & onthou & hy laat my dink:

om te onthou is om selektief & nostalgies te vergeet,

ek onthou;

die Bruce Lee movies, no chinese & dogs allowed,

aan die rand van die dorp – die draak wat wag met skrefies-oë 

om sy tentakels verder uit te strek,

om besit te neem, soos wyle Dirk Opperman:

edms bpk; “dis my gebied” “alles…alles my eiendom,”

iswe lethu, die grond is myne, het Sobukwe se kaders vergeefs gechant,

maar die dice van die bank was klaar geskommel & loaded,

ek onthou,

skrywers in Cradock oor ‘n naweek,

ek die minor poet met geen major literary ambitions,

soos die dromskrapers in vodde flenters krap ons in die vullisdromme rond na oorskiet

vir ‘n storie, gedig of meer,

Olive was hot vertel die skrywer, jagsmaakmateriaal…

& skynbaar gewillig

Gannahoek se eie Paris Hilton, minus die sextape,

altyd op medikasie,

ek wonder of sy ooit ‘n joint sou rook, op die seilkoppie, of teen oukop?

ek onthou,

Goniwe in sy Honda,

Calata in die pop band in Lynleystraat,

te oud om te droom, te jonk om op te gee,

lokasie & dorp,

rook van oop vure, Goodyear tyres & tuine met swart outas & pissende beeldjies

& hoofman oom opperste PW in sy hoed & die vryheid van die dorp geketting om sy nek,

ek onthou,

in wat eens heilig katoliek & kerk was

lees & luister ons, dissipels van die woord, kyk ons na 101 kerke,

‘n vervalle Bantu Dutch Reformed Church word ‘n skrif aan die muur, 

maar die res van die dorp

bly afstandelik eenkant,

afvallig sit mense op stoepe in die son,

iewers braai iemand op maat van Michael learns to rock,

kyk families op plasma-skerms super-something rugby,

iewers verkrag iemand ‘n vrou of ‘n kind of ‘n hond,

die taverns is oop tot vroeg in die oggend,

& ons skryf gedigte & romans & probeer tot ons sinne kom,

rondom lang glase rooiwyn & sop & brood verwek ons karakters,

onthou ons & vergeet ons,

maar niemand van ons hier glo meer in wonderwerke nie,

wie kan uit hierdie vyf brode & die Visrivier

die menigtes voed?

om te vergeet is om selektief & nostalgies te onthou.

 

*na Heather Parker Lewis se “Olive Schreiner – the other side of the moon.”

10/07/2011, geskryf na die Karoo Writer’s festival in Cradock

 

© Clinton du Plessis. 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Clinton du Plessis. Twee gedigte →

2e gedagtes oor “Clinton du Plessis. Aan die gatkant van die maan”

  1. Natascha Heinlein says:
    6 February 2013 at 13:36

    Dis vir my so baie mooi!

    Reply
  2. Natascha Heinlein says:
    6 February 2013 at 13:35

    Dit is vir my so baie mooi!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka
  • Digtersprofiel: Hennie Nortjé
  • Margaret Cordier-Biermann. Vonnis

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d