Andries Bezuidenhout. Johannesburg se oomblik
As daar nou een ding is waaroor ek spyt is, is dit dat ek nie Vrydagaand in Johannesburg kon wees vir die afskop van die Mail & Guardian se literêre fees nie. Gelukkig het die koerant Karl von Holdt (in die foto hier bo, saam met Adele Kirsten) se toespraak in geheel gepubliseer. Biko en Turner, Fanon en Bourdieu. Gaan lees dit gerus hier.
Andries, dankie vir die skakel. Ek sien uit na die boek. Bourdieu fassineer my al sedert 1997, en ek het nog altyd gehoop vir ‘n ordentlike vergelykende bespreking van hom en Fanon.