Andries Bezuidenhout. Suid-Afrika se edge

Edgy. Ek weet nie wat die Afrikaanse woord daarvoor sal wees nie. Verlede naweek het ek gedeeltes van William Kentridge se aanbiedings in die Markteater gaan sien en gisteraand was ek by die opening van Johannesburg se Art Fair (Kunskermis?). In beide gevalle voel ek regtig dankbaar dat ek in Suid-Afrika woon, spesifiek dat ek die trein Johannesburg toe kan vat. Ek dink die stuk “Dancing with Dada”, saam met die danser en choreograaf Dada Masilo, met musiek deur Phillip Miller en ʼn hele ensemble musikante en masjiene wat geluide maak, was ʼn hoogtepunt. Dis een van daai stukke wat ʼn mens stomslaan, van balans af gooi (hoe hou Masilo haar balans?), maar ook inspireer. Goed, ek weet ek klink nou soos hoe ʼn imbongi met ʼn trompet sou klink, maar gun my die hiperboliese oomblik te midde van die gewone swartgalligheid.

Dan die Art Fair. Soos gewoonlik, is dit in Sandton se konferensiesentrum. Nie ideaal nie. Dis egter soveel beter as vorige jare. Ou bekendes – onthutsende stukke deur Deborah Bell, Wim Botha, Gerhard Marx, Mary Sibande, ʼn donker triptiek deur Karlien de Villiers, erotiese stukke deur Sanell Aggenbach, houtskoolsketse deur Pauline Gutter (reeds verkoop), ʼn klein penskets deur Marlene Dumas (wat amper weegesteek is waar dit teen ʼn muur hang, oor die prys het ek nie gevra nie). Maar daar is soveel nuwe kunstenaars wat ek nie eers ken nie. Te veel om lyste te begin maak. Die punt is dít – kollektief is die standaard is besig om te lig. Daar is minder foefies, meer inhoud. Jong kunstenaars wat baie goed opgelei is en vrae vra. Ook werk van baie meer kunstenaars uit ander Afrikalande.

Toegegee, dis ʼn mark, ʼn bazaar. Maar ten spyte van die klingel van kredietkaarte, het die kuns ʼn edge. Dis onthutsend. Van die stukke is net regtig mooi en jy wil aanhou kyk en kyk en jou eie kredietkaart laat saamklingel. (Hoekom, as iets mens bekoor of konfronteer, wil ʼn mens dit hê? Dalk om weer en weer daarna te kan kyk. Soos digbundels wat jy weer en weer wil lees.)

Miskien is ek maar net bly om terug te wees in Suid-Afrika, na ʼn lang afwesigheid. Gegewe die kuns wat ek in Denemarke gesien het (goeie kuns, maar waar’s die edge?), wonder ek of daar baie ander lande in die wêreld is wat kuns met soveel edgygeit in een saal sal kan bymekaarbring soos wat Suid-Afrika op die oomblik doen.

En hierdie naweek is die Versindaba. Lekker. Ek hoop dis edgy.

NS. Geoff Dyer se beskrywing van die Venesiese Biënnale in Jeff in Venice, Death in Varanasi het dalk my perspektief van die stand van kunsbazaars gekleur. Die volgende oor die boek uit ʼn resensie in die New Yorker: In the earlier books, Dyer’s characters failed to write not because they were indifferent to writing but because they wanted too much to write. Negative liberty expresses a fear of completion; if you never start a work, then at least there is no chance of your having finished it. To complete something is in some ways to make it disappear; not starting it is a preëmptive strike against loss, a way of elegizing what has not yet disappeared. (Tellingly, Dyer has been repeatedly drawn to writing about epitaphs—ruins, cemeteries, and photographs, which are epitaphs of a frozen moment.) Time is what completes us, and time is what forces us into the endless repetition that is boredom and the tyranny of habit. Travel, sex, and drugs—Dyer’s recurrent interests—are ways to cheat time, are moments out of time. ‘For a few minutes anything seemed possible,’ Dyer writes of getting stoned in Rome. Getting high, Jeff Atman thinks, was ‘like a concentrated version of everything he had ever wanted from life.’ Getting high might be seen as a maximization of negative liberty, where everything really can be pure potential.” Lees hier meer daaroor.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Suid-Afrika se edge”

  1. Andries Bezuidenhout :
  2. Andries Bezuidenhout :
  3. Andries Bezuidenhout :
  4. Desmond :

    Ek vlieg sommer weer! Net ‘n beter hotel hierdie keer… Dankie vir die skakels. Ja, soms is ek ook maar bly dat dit hier is waar ek ten gronde gaan.

  •