Adriaan Roland Holst – uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo
By sterlig en sneeu
Sy eien hom nie in die sterlig nie
(hy sou haar in die donker ken).
Sy vra die pad na sy huis, haar stem
sê sy naam onwennig.
Hy beduie haar verkeerd, en dink:
“Ek sou haar in die donker ken.”
Later maak hy sy vensterraam
(buite woed ‘n sneeuvlaag)
wyd oop, en roep haar naam
hardop in die nag.
Hulle sal mekaar nooit weer vind nie.
Sneeu waai wild en sag.
(Vertaal deur Daniel Hugo)