Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 November 20118 November 2011

Desmond Painter. Foto’s van die heup af

Dit frustreer my altyd: ek mik en mik en mik voor ek druk, en tog is die fototjies wat ek na ‘n reis wil bewaar dikwels die wat ek heel letterlik van die heup geneem het — so in die loop, sonder om op die skermpie te kyk, nog voor die kamera skouerhoogte kon haal, ‘n cowboy wat vinning moet skiet. Hierdie twee, byvoorbeeld, is sulke foto’s:

Sao Paulo 1
Sao Paulo 1
Sao Paulo 2

In beide gevalle het ek nie getref wat ek wou nie, maar in beide gevalle is daar dinge in die foto wat ek baie van hou. Die man in die eerste foto: ek het hom heel per ongeluk afgeneem, maar ek verkies hierdie foto bo die een wat ek net daarna van die gebou agter hom geneem het, as korrektief, as poging om my visuele intensie te herstel. Hy gee ‘n beweeglikheid aan die foto. Sy liggaam, selfs gestol in beweging, suggereer iets van die ritme en die houding van die stad.

Die tweede foto: letterlik van die heup af, heel verkeerd gemik. Na die tyd het ek gaan staan, gewag vir nog ‘n rooi lig, halfpad oor die straat gestap, en die foto geneem wat ek aanvanklik wou neem. Maar weereens verkies ek die toevallige fonds. Behalwe dat ek baie hou van die kontras van die grys en die geel, lyk dit vir my op my skewe foto ook asof die geboue effe oorhel en begin kantel, asof bestendigheid slegs deur daardie twee waarskuwende rooi ligte, wat in die middel van die foto hang, verleen word.

Die oomblik voor alles in beweging kom, dalk selfs inmekaar tuimel.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Desmond Painter. Terug in die tuig

1e kommentaar op “Desmond Painter. Foto’s van die heup af”

  1. maria says:
    8 November 2011 at 17:06

    Die fotos en storie oor die fotos is baie fassinerend! Moet nie ophou (mik en) druk nie! En natuurlik ‘n baie lekker les in hoe reg verkeerd kan wees … en so “inmekaar tuimel” klink vir my ook baie lekker!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Agterstevoorom
  • Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

Nuutste kommentaar

  1. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  2. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  4. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  5. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d