Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 November 201111 November 2011

René Bohnen. Verder as die somer

Die hittegolf tref die Hoëveld op ʼn Dinsdag. Heelweek hang ʼn soelte oor die N1 terwyl ek pendel tussen ʼn pers Pretoria en die jakarandas in Johannesburg. In Tauruslaan is drie Indiese kleure deurmekaargevleg: bloedrooi vlambome, cerise bougainvilleas en ‘n tapyt van pers bloeisels op die teer. So twee weke of wat gelede was dit Deepavali, onthou ek, met my gedagtes in bont, warm Durban.

Eienaardig hoe elemente soms op mekaar inwerk, want heel onbeplan duik Durban met ʼn ompad Vrydagaand weer op. Lam en tam is ons lus vir lekker onopgesmukte kos en ons val by ons naaste Portugese eetplek in. Hier woel dit en oumas sit aan tafel met babatjies op die skoot. Swartkopkinders hardloop rond, buite loop ʼn ligbruin hond en ons kry ‘n tafel in die hoek.  Yskoue drinkgoed word voor ons neergesit en die kelner skryf sy naam met ʼn filtpen op die bruinpapiertafeldoek.  Die spyskaart open vistas van ander plekke waar menige garnaal verorber is: Mpumalanga, Mosambiek…en Durban.

Fernando Pessoa is op 13 Junie 1888 in Lissabon gebore. Sy pa sterf in 1893, toe Fernando vyf jaar oud is. In 1895 trou Fernando se ma met ‘n weermagoffisier. In 1896 word Fernando se stiefpa aangestel as Portugese Konsul en die gesin verhuis na Durban.  In 1899, aan die Durban High School, raak hy vlot in Engels en raak hy geïnteresseerd in die literatuur. In 1903, in sy matriekjaar, wen hy die Queen Victoria Memorial Prize  vir Engels. Op 6 Julie 1904, plaas The Natal Mercury  sy gedig “Hillier did first usurp the realms of rhyme” onder die naam Charles Robert Anon en tussen Februarie en Junie 1905 plaas die koerant minstens vier sonette deur Fernando Pessoa.  Op ʼn vroeë ouderdom reeds het die digter verskillende name, oftewel personas begin gebruik, waarvan “Chevalier de Pas” waarskynlik die eerste was. Op sewentienjarige ouderdom verlaat Pessoa Durban, en Suid-Afrika, vir altyd en keer terug na Lissabon, waar hy in 1935 sterf.

Op skool in die destydse Natal, het ons nie van Fernando Pessoa geleer nie en ek het baie later eers uitgevind dat hierdie “Durbaniet” gereken word as ʼn groot Portugese digter. Ek leer nou nog maar sy werk so stadigaan ken. Miskien is dit hoekom ek op ʼn drukkende aand in Johannesburg, so oor  ʼn lieflike piri-piri-hoendertjie met kokos- en lemmetjiesous, dink aan enigmatiese tweetalige digters wat waarskynlik sou tuis voel so tussen die Portugese mama’s en Espatadas. My gedagtes dwaal ook na ʼn wandeling tussen kleurvolle Portugese huisies, ʼn klein Mosambiek-dorpie en ʼn dagbreekstrand, iewers in 2003.

sonsopkoms op die strand in Mosambiek, 2003
sonsopkoms op die strand in Mosambiek, 2003

 

o wat ‘n plesier… (bron Google)

Op die hoek van Pine en Gardiner-strate in Durban is daar ʼn standbeeld ter herdenking aan hierdie Portugese digter.

En omdat Ferdando Pessoa my verder kon laat sien as die Hoëveldse hitte, plaas ek VI uit The Keeper of Flocks, geskryf onder die heteroniem Alberto Caeiro da Silva.

 

“From my village I see as much in the Universe as you can see from earth…
So my village is as big as any other land
Because I’m the size of what I see,
Not the size of my height…
In the cities life is smaller
Than here in my house on top of this hill.
In the city the big houses shut your sight with a key,
Hide the horizon, push your eyes far away from all the sky,
Make us smaller because they take away what our eyes can give us,
And make us poor because our only wealth is seeing. “
 

Fernando Pessoa in Durban 1898 (bron Google)

 

 *****

René Bohnen
René Bohnen

Ons verwelkom een van ons nuwe digters wat aangesluit het by die groep SA (Binneblik) bloggers: René Bohnen skryf en neem foto’s. Soms tree sy op as fassiliteerder by kreatiwiteitswerkswinkels of spanbougeleenthede.  Sy woon in Johannesburg, is ʼn Nataller van geboorte, het al in 13 dorpe en 5 provinsies gewoon en dalk is dit nog het einde niet. Sy behaal in 2009 die graad M.A. Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. Haar debuutdigbundel, Spoorsny verskyn in 2000 en in 2011 publiseer LAPA-Uitgewers haar tweede digbundel, in die niks al om.  (- Red.) 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Melville se poësiefees, 2011 – fotobeeld
Amanda Lourens. Om by die aarde te berus. →

13e gedagtes oor “René Bohnen. Verder as die somer”

  1. Rene Bohnen says:
    11 January 2012 at 14:36

    Ek weet nie hoe ek hierdie blog van Desmond Painter destyds gemis het nie! Hier is die foto wat hy wou geneem het.En ek wonder al hoe meer hoekom Pessoa nie in Natal op skool vir ons voorgeskryf is nie. Ook nie In Engels I, II OF III nie! https://versindaba.co.za/2010/08/10/die-foto-wat-ek-wou-geneem-het/

    Reply
  2. Amanda Lourens says:
    4 January 2012 at 10:16

    Hallo De Waal, ek het jou vertaling van “Simbolos” ook geniet. Mag ek raai dat die digter hier abstraksies afwys en kies vir die menslike oomblik – samesyn, belewenis via die sintuie? Pragtige slotreels, weer so eenvoudig en tog met soveel trefkrag.

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    3 January 2012 at 12:24

    Hallo René

    Ja, dis nou iets nuuuts vir my … “one-liners”. Presies. Dink net aan sy beroemde openingsreël in “Autopsicografia” – O poeta é um fingidor.

    Hierdie “fingidor” is nogal nie malik om te vertaal nie. Mens sou kon sê: “Die digter is ‘n skerminkel”

    Of anders: “Die digter is ‘n skelm”.

    Dalk nader aan die letterlike: “Die digter steek lyf weg”.

    Hoe dit ook al sy, dit is interessant om te sien hoe Pessoa verder beskryf in die gedig.

    Reply
  4. Rene Bohnen says:
    3 January 2012 at 11:24

    Dankie De Waal,
    Ek het dit geniet om jou vertaling te lees. Dis vir my ook interessant hoeveel van Pessoa se reëls gebruik kan word as “one-liners’, omdat die insig so kompak verwoord is. Terselfdertyd is sy beskrywings tog breedvoerig visueel en ryk.

    Reply
  5. De Waal Venter says:
    3 January 2012 at 09:51

    Hallo René

    Goeie artikel wat jy geskryf het. Ek stel ook baie belang in Pessoa en het al ‘n paar van sy gedigte in Afrikaans vertaal. Onder andere “Delgada y sinuosa”.

    Jy sal “Símbolos” deur Álvaro de Campos (Fernando Pessoa) kan lees op my webruimte soos hierbo aangedui. Rol af tot by 31 Desember.

    Reply
  6. Rene Bohnen says:
    17 November 2011 at 11:29

    Hallo naamgenoot:-) Ek dink jy sal sommer baie van Pessoa hou. Dalk bring ek hierdie naweek ietsie saam, dan lees jy!

    Reply
  7. Rene says:
    17 November 2011 at 10:03

    Het jou link op FB gesien en nou eers kans gekry om te lees. Dis darem aaklig hoe werk inmeng met mens se persoonlike verryking (ook bekend as rondspeel op die internet).

    Dankie vir hierdie. Het nog nooit gehoor van Pessoa nie, maar hou van wat hy sê.

    Reply
  8. Rene Bohnen says:
    16 November 2011 at 09:28

    Everline, baie dankie. Het jy dalk ‘n gunsteling Pessoa-gedig?

    Reply
  9. Everline van Dyk says:
    16 November 2011 at 09:19

    Het hierdie stuk so geniet, René! Het spesiale verbintenis met Portugal na wonderlike vakansie daar en jy’t die ou atmosfeer en Pessoa teruggebring.

    Reply
  10. Rene Bohnen says:
    11 November 2011 at 20:13

    Dankie Marlise, vir die mooi woorde en ook vir die geleentheid (of uitdaging!) om te kan blog.

    Reply
  11. Marlise Joubert says:
    11 November 2011 at 16:58

    Baie welkom op die Versindaba webblad, Rene!
    Ek het jou eerste blog baie geniet. Jy het Pessoa weer onder my aandag gebring.

    Reply
  12. Rene Bohnen says:
    11 November 2011 at 15:54

    Baie dankie Andries!

    Reply
  13. Andries Bezuidenhout says:
    11 November 2011 at 15:50

    Baie welkom René. En geluk met ‘n wonderlike eerste blog!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d