Dit neem ʼn paar aande se ure voor slaaptyd, maar ek is deur Umberto Eco se nuwe boek The Prague Cemetery. Dis natuurlik kontroversieel, omdat dit handel oor sameswerings en die onstaan van een van die wêreld se mees invloedryke vervalsings; een wat tot ʼn historiese tragedie gelei het – ʼn teks genaamd Protocols of the Elders of Zion. Die storie maak ʼn kragtige punt oor wat die gevolge van stories – stories as leuens, fiksie – kan wees. Ek onthou dat mense op skool oor hierdie geskrifte gepraat het, die sogenaamde “Illuminati”. ʼn Mens kry elke nou en dan studente wat hieroor wil praat en in groot dele van die VSA is daar gemeenskappe wat vas in die bestaan van sulke sameswerings glo. In tye waarin fascisme terugkeer is The Prague Cemetery ʼn belangrike boek, dink ek.
Daar’s ʼn insiggewende onderhoud met Eco in die Guardian. Stephen Moss, wat die onderhoud voer, kla oor hoe moeilik die boek in Engels lees. Dalk “sparkle” dit meer in Italiaans, sê hy. Vir Eco sal dit altyd moeilik bly om iets te skryf wat The Name of the Rose se skoene kan volstaan. Dit was natuurlik ook ʼn film. Hieroor sê Eco in die onderhoud: “A book like this is a club sandwich, with turkey, salami, tomato, cheese, lettuce. And the movie is obliged to choose only the lettuce or the cheese, eliminating everything else – the theological side, the political side. It’s a nice movie. I was told that a girl entered a bookstore and seeing the books said: ‘Oh, they have already made a book out of it.’”
Om mee af te sluit, twee aanhalings uit Eco se Baudolino, oor digters en leuens:
“In Paris you will study rhetoric and you will read the poets; rhetoric is the art of saying well that which may or may not be true, and it is the duty of poets to invent beautiful falsehoods.”
“Mind you, I am not asking you to bear witness to what you believe false, which would be a sin, but to testify falsely to what you believe true—which is a virtuous act because it compensates for the lack of proof of something that certainly exists or happened.”
NS. Die New York Times se resensie het al ‘n rukkie gelede verskyn, asook ‘n effe histeriese een in Sondag se Observer. Hier’s nog ‘n onderhoud in die Paris Review.