Louis Esterhuizen. Verwoestende “Dankie, maar nee dankie”-briewe

Alle skrywers ken dit. Daardie weke en maande van naels kou na jy jou manuskrip aan die uitgewer besorg het tot jy die keurverslag ontvang; ‘n verslag wat al te dikwels nie heeltemal dieselfde entoesiasme jeens jou skryfsels toon as wat jy daaroor koester nie. Want uitgewers word daagliks toegegooi onder manuskripte met die gevolg dat daar gewoon  nie tyd (of mannekrag) beskikbaar is om die manuskrip met dieselfde liefdevolle aandag te hanteer as wat jy as skrywer daaraan geskenk het nie. En uiteraard is daar ook ánder oorwegings wat die uitgewer in gedagte moet hou, soos die verkoopspotensiaal van ‘n bepaalde boek; hoe goed geskryf dit ook al mag wees.

Nietemin, op The Atlantic se webblad het hulle nou enkele van die meer legendariese “Dankie, maar nee dankie”-briewe geplaas wat selfs van die vernaamste skrywers in wêreldliteratuur op hul dag te bowe moes kom.

Soos byvoorbeeld Gertrude Stein wat die volgende skrywe in 1912 van haar uitgewer, Arthur Fifield, ontvang het nadat hy ‘n manuskrip van haar te ‘woordryk” bevind het:

Dear Madam, I am only one, only one, only one. Only one being, one at the same time. Not two, not three, only one. Only one life to live, only sixty minutes in one hour. Only one pair of eyes. Only one brain. Only one being. Being only one, having only one pair of eyes, having only one time, having only one life, I cannot read your M.S. three or four times. Not even one time. Only one look, only one look is enough. Hardly one copy would sell here. Hardly one. Hardly one.”

Sincerely Yours,
A.C. Fifield

En in 1956 tref dieselfde lot vir Vladimir Nabokov wat op daardie stadium op soek was na ‘n uitgewer vir sy roman Lolita. Die manuskrip het hy aan die uitgewer AA Knopf voorgelê en aangesien hy en Blanche Knopf bevriend was, het sy hom persoonlik geantwoord met daardie epogmakende reël “I wonder if any publisher will buy it” so half terloops daarin vervat:

Darling,

This office has taken a long time to say no to your Lolita which you and I both know was impossible at least for us. Do you want the books back? I don’t imagine so in which case we will keep it for our blank department. But let me know. I wonder if any publisher will buy it.

Will you please tell Renée that I had her charming letter. I have no news except that the Coco is holding his own. As soon as I know more, I will write. But it was enchanting of her to send me a line, and I am very grateful. We have all been upset about this affair.

Bless. And all the best.

Ook die wegwys van Sylvia Plath se outobiografiese The Bell Jar is insiggewend. Aanvanklik het sy die manuskrip onder ‘n pseudoniem, Victoria Lucas, voorgelê aan AA Knopf en een van hul keurders, ene Jbj, het dit summier afgekeur. Nadat dit egter bekend geword het dat die skrywer inderdaad Sylvia Plath is, het sy dit ‘n tweede keer gelees. Met dieselfde negatiewe oordeel. Die manuskrip is ook deur ‘n tweede Knopf-keurder, Patrick Gregory, weggewys:

[1] Reject recommended

I’m not sure what Heinemann’s sees in this first novel unless it is a kind of youthful American female brashnaess. But there certainly isn’t enough genuine talent for us to take notice.

Jbj

[2] I have now re-read-or rather read more thoroughly-“The Bell Jar” with the knowledge that it is by Sylva Plath which has added considerably to its interest for it is obviously flagrantly autobiographical. But it still is not much of a novel. The trouble is that she has not succeeded in using her material in a novelistic way; there is no viewpoint, no sifting out o the experiences of being a Mademoiselle contest winner with the month in New York, the subsequent mental breakdown and suicide attempts, the brash loss of virginity at the end. One feels simply that Miss Plat is writing of them because [these] things did happen to her and the incidents are in themselves good for a story, but throw them together and they don’t necessarily add up to a novel. One never feels, for instance, the deep-rooted anguish that would drive this girl to suicide. It is too bad because Miss Play has a way with words and a sharp eye or unusual and vivid detail. But maybe now that this book is out of her system she will use her talent more effectively next time. I doubt if anyone over here will pick this novel up, so we might well have a second chance.

Jbj

RECOMMEND REJECTION

This is an ill-conceived, poorly written novel, and we would be doing neither ourselves nor the late Miss Play any good service by offering it to the American public…I don’t doubt that certain elements of the British press will puff the book nicely, but Mrs. Jones’s original four-line report strikes me as the only honest and responsible critical reaction to the work.

Hier ter lande kan ‘n keurverslag selfs nog meer verwoestend wees as bogenoemde aangesien dié delikate proses meestal anoniem verloop; weliswaar vir ‘n goeie rede aangesien ons opset so klein is en objektiwiteit derhalwe deur hierdie gewaande anonimiteit gewaarborg behoort te word. Maar helaas, terselfdertyd gee dit aan bepaalde ‘anonieme’ keurders die vryhand om met veel meer venyn te reageer as wat (dalk) wenslik is.

Daar moet egter ook onthou word dat dit dikwels die minder vriendelike keurverslag is wat besonderse voordele tot gevolg het. So mag die betrokke skrywer woedend voortskryf, júís om die keurder verkeerd te bewys en uiteindelik word ‘n manuskrip van veel beter gehalte as die aanvanklike gelewer. (Al die voorbeelde soos aangehaal op The Atlantic se webblad het uiteindelik uiters belangrike en suksesvolle publikasies tot gevolg gehad.)

Persoonlik kan ek ook hiervan getuig aangesien die volgende anonieme keurverslag (wat ek in 1980 ontvang het van ‘n toentertydse Perskor-keurder) vandag nog vir my ‘n pertinente bron van inspirasie is tot volgehoue skryfdrif. Terloops, enkele jare  later is die verbeterde manuskrip wel deur Human & Rousseau aanvaar en my debuut, Stilstuipe, was die resultaat. Die gekose titel vir my debuutbundel was eweneens in reaksie op hierdie verslag.

Vir jou sardoniese leesplesier tik ek dit hier oor:

Oor hierdie manuskrip kan ek kort gaan. Dit dien geen doel om uitvoerig oor swak werk te skryf nie.

As mens kyk na die inhoudsopgawe dan lyk die opset “indrukwekkend”. Esterhuizen bedien hom op die oppervlak van ‘n fugale struktuur: daar is preludes en bewegings, selfs ‘n coda waarmee die manuskrip sluit, wat blykbaar veronderstel is om ‘n resumé van die gehele inhoud te gee. Maar lees mens die verse en probeer jy ernstig na sin en verband soek, dan sien jy alles is maar slimdoenery – heel dikwels in die spore van ander (Breytenbach, Cussons, Van Wyk Louw); daar is ‘n vertoon van kennis: verwysings na skilders, ander digters, die Bybel: maar dis ‘n uiterlike verfraaiing om ‘n innerlike magteloosheid te verdoesel. Die meeste verse is yl van tekstuur en niksseggend. Daar word met groot gebaar en geskal aangekondig, maar die pit ontbreek: die verse wil nie tot spreke kom nie. Trouens, met die uitsondering van die paar gedigte tot op p.5 – waar daar ‘n vervlugtige stemming raakgevat en – gesê word, is dit ‘n kompliment om hierdie pogings poësie te noem: Daar is deurgaans ‘n geforseerdheid, ‘n stroefheid, ‘n gebrek aan diskoers, ‘n hinderlike neiging tot herhaling – kortom, ‘n gebrek aan talent.

Sela. En mag hy of sy geseënd wees in die land van lettere. Met of sonder ingroeiende toonnaels.

***

 

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Verwoestende “Dankie, maar nee dankie”-briewe”

  1. Leon Retief :

    Giegiegie… ja Louis, dieselfde verskynsel is te vinde in die natuur- en mediese wetenskappe. Ek het al in beide rigtings gepubliseer. Beoordelaars is anoniem, niks op sig self daarmee verkeerd nie behawe dat mens soms wonder hoe jou beoordelaars na jou werk kyk. Ek moes twee keer navorsingsartikels hersien bloot omdat die beoordelaar(s) – ek weet steeds nie hoeveel nie – gedink het dst ek my resultate duideliker kan stel. Een keer het ek dieselfde artikel onveranderd na dieselfde joernaal gestuur en dit is sonder meer vir publikasie aanvaar. En toe ek nog ‘n stuk navorsing (waarop ek steeds trots is) aan my destydse prof voorle het hy gese nee dis nie goed genoeg nie. Wat is verkeerd het ek hom gevra. Dit moetnet beter wees was sy antwoord. Ek besluit toe sy moer(verskoon my taal!) en stuur die artikel onveranderd in vir publikasie. Dit is aanvaar, gepubliseer en word steedsaangehaal. En later seg my prof vir my – dis darem ‘n goeie artikel daai! 🙂

  2. Desmond Painter :

    @ Leon, ja, ons in die akademie en navorsingsomgewings kan inderdaad hierdie soort stories vertel! My frustrasie is dat, wanneer daar drie keurders is, een altyd baie van die artikel hou, een dink dis heel orraait, en die derde… wel, hy wil gewoonlik h^e die hele ding moet oorgeskryf word, natuurlik soos HY dit sou skryf!

    ‘n Artikel van my is hierdie jaar teruggestuur: een beoordelaar het my gekomplimenteer met my skryfstyl, die ander het gereken ek skryf vrot. Al drie het gedink die inhoud is goed, maar toe reken die redakteur dit pas nie HEELTEMAL in by die joernaal se “scope” nie, en dit word toe summier afgekeur. Nadat ek 10 maande vir terugvoer gewag het. G’n wonder dat ek eerder maar net wil blog nie…

  3. Desmond Painter :

    @Louis: een van sy punte van kritiek klink vir my eintlik soos ‘n onbedoelde kompliment: “‘n uiterlike verfraaiing om ‘n innerlike magteloosheid te verdoesel.” Is dit nie die wese van kuns nie?! 😉

  4. Andries Bezuidenhout :

    Daar’s die geval van die persoon by ‘n platemaatskappy wat die Beatles afgekeur het met iets soos: “Anyway, the guitar is on its way out.”

  •