Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 December 201114 December 2011

Desmond Painter. Franz Liszt: Die Jimi Hendrix van klassieke musiek

Liszt
Liszt

Kyk, Franz Liszt word dikwels onderskat: ‘n vertonerige virtuoos wat oppervlakkige musiek geskryf het bloot om sy pianistiese vernuf ten toon te stel. Koos Human sê so in sy Die A tot Z van Klassieke Musiek. Ek het selfs al vir Lina Spies tydens ‘n boekbekendstelling so hoor sê, en sy het al ‘n mooi gedig oor Liszt geskryf… Ja, hy was ‘n superster, ‘n virtuose pianis, glo ‘n live performer soos min ander; en hy het natuurlik wel ook ‘n groot aantal werk van mindere gehalte geskep. Musiek vir die oomblik; crowd pleasers kan ons dit seker noem.

Maar dit is beslis nie al wat daar oor Franz Liszt te sê is nie. Sy latere klavierwerke en sy toondigte was vernuwend, selfs visionêr: hy het die eksperimente in atonaliteit van Schoenberg en sy volgelinge vooruitgeloop. So beskou is Liszt beslis een van die vaders van die twintigste-eeuse musiek, en ‘n komponis wat nou eers werklik na waarde geskat begin word. Kom ek stel dit so: Liszt was die Jimi Hendrix van klassieke musiek, iemand wat by nabetragting veel meer as blote instrumentalis was; iemand wat selfs ‘n cover in ‘n selfstandige kunswerk kon omskep (vergelyk Hendrix se opnames van Dylan se All Along the Watchtower en van die Amerikaanse volkslied; vergelyk Liszt se menige transkripsies van Schubert, Beethoven en ander…)  

Benewens vernuwing het Liszt natuurlik gewoon ook ure se pragtige musiek geskep, insluitende sy monumentale klaviersonate. En omdat 2011 die 200ste herdenking van sy geboorte is, is daar hierdie jaar ‘n magdom nuwe opnames van sy werk vrygestel. Die een wat die meeste aandag trek, maar wat myns insiens maar flouerig is, is Lang Lang se Liszt: My Piano Hero. Ek het dit gekoop omdat ek wou hoor waarom almal so gaande is oor hierdie jong Chinese pianis. Lang Lang is nie swak nie, en daar is hoogtepunte ook op die album, maar hy doen self te dikwels juis dit waarvan mense Liszt beskuldig: vertonerige virtuositeit wat aan subtiliteit en ‘n sekere “innerlikheid” inboet.

Hierdie kritiek geld beslis nie vir Nelson Freire se Liszt: Harmonies du Soir nie. Freire is ‘n deurwinterde veteraan, met tien keer die talent van Lang Lang, maar veel minder tyd in die kollig. Hierdie nuwe Liszt-opname van hom is beslis een van my albums van die jaar; ek het op ‘n stadium kompulsief in die kar en by die huis daarna geluister. Freire bring die meer sensitiewe, meer huiwerige, meer brose, meer digterlike kwaliteite van Liszt se werk na vore; maar sonder dat Liszt se speelsheid agterwee bly. Tegnies is Freire verbluffend, maar dit is tegniek wat nie onnodig aandag trek nie. Freire dien deurgans die musiek, nie sy eie sterstatus nie. Dit is ‘n album wat selfs Liszt-sinici sal stilmaak.

Die jong Franse pianis Lisa de la Salle het ook in 2011 ‘n Liszt-CD uitgereik. Haar opname is nie heeltemal so subliem soos die van Nelson Freire nie, maar sy is beslis iemand om dop te hou. Sy speel met groter vuur as die meer subtiele Freire, en dit is juis daarom lekker om die twee CD’s afwisselend te luister. Moet jou dus nie deur die bemarkers laat mislei nie: vergeet van Lang Lang, en koop eerder De la Salle en, veral, Freire. Jy gaan nie spyt wees nie!

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

7e gedagtes oor “Desmond Painter. Franz Liszt: Die Jimi Hendrix van klassieke musiek”

  1. Desmond Painter says:
    20 December 2011 at 12:21

    Evette en Maria, baie dankie. Ek wou sedert Junie eintlik maandeliks iets skryf oor nuwe klassieke musiek CD’s wat ek van te hore kry, maar die tweede helfte van 2011 wou om verskeie redes net nie in plek val nie. Ek gaan egter weer probeer in 2012, so watch this space!

    Reply
  2. Evette Weyers says:
    20 December 2011 at 05:46

    Ek stem met Maria. Die musiek gesels, wat die digters Desmond en Andries B hulle eie metafore laat skep, is insiggewend en heerlik. Iets wat musiek en gedigte in gemeen het is dat albei so evokatief is. Musiek is baie emosioneel, soms verruklik en ekstaties, tog ook abstrak. Wel soms narratief. Zoltan Kodai, Beethoven se 6de ens. Gedigte is weer so gedisteleerd, soms narratief en soms net impulsiewe klankbeelde wat speels is.
    Lank lewe die kunste!

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    15 December 2011 at 18:08

    Leon, ja, dit is merkwaardig. En selfs wanneer hulle wel van die goed geweet het, het hulle dit seker dikwels net een of twee keer in hulle lewe gehoor; of net op papier gesien. Natuurlik, vir hedendaagse komponiste weeg die geskiedenis natuurlik ook veel, veel swaarder…

    Reply
  4. Leon Retief says:
    15 December 2011 at 13:13

    Ek wonder of ons altyd besef hoe bevoorreg ons is om LPs en CDs te kan luister. Ek lees tans ‘n baie interessante boek, The Triumph of Music wat handel oor die geskiedenis van musiekuitvoerings en musici sedert 1750. Rachmaninov het byvoorbeeld nie eers geweet dat Schubert klaviersonates gekomponeer het totdat hy opnames daarvan oor die BBC gehoor het nie en “…when Artur Schnabel was studying the piano in Vienna in the 1890s he confessed that not only had he never heard a Mozart piano concerto, he had never even heard OF them.”

    Reply
  5. maria says:
    15 December 2011 at 08:11

    Hierdie musiekgesels is nogal lekker – dalk kan ons meer daarvan hoor! Dalk oor ek so ‘n groot Jimi Hendrix vriend is en Desmond se vergelyking my dus nou na Liszt se CDs toe ver-lei … Dankie dus vir die begeleiding, Desmond – en sterkte met daardie waterverf Marlise, laat die water jou lei na … groen? … wei-velde …

    Reply
  6. Desmond Painter says:
    14 December 2011 at 18:31

    Ek’s mos nie ‘n vreeslike lieder fan nie, maar hierdie is baie mooi, dankie vir die skakel!

    Reply
  7. Leon Retief says:
    14 December 2011 at 13:45

    Desmond, Liszt het natuurlik ook ‘n hele aantal pragtige lieder geskryf. Ken jy hierdie een?

    http://www.youtube.com/watch?v=2Qtg0mmq7ak

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d