My laaste blog vir die jaar … En heel gepas wens ek om na aanleiding van Poetry International Web se mees onlangse uitgawe te fokus op een van die indrukwekkendste digkunste ter wêreld, naamlik die Ierse. In hierdie uitgawe fokus PIW naamlik op vier Ierse digters, te wete Caitríona Ní Chléirchín (foto), Greg Delanty, Katie Donovan en Michael O’Loughlin.
Veral die jong debutant, Caitríona Ní Chléirchín, het my aandag getrek, aangesien sy in dié groep die enigste een is wat in Iers skryf. Verlede jaar het sy met die bundel Crithloinnir gedebuteer; ‘n debuut wat die eerste prys behaal het in die Oireachtas-kompetisie vir nuwe skrywers. In sy oorsigartikel som Liam Carson haar digkuns soos volg op: “‘Loving is a journey with water and with stars,’ wrote Neruda (translation Stephen Mitchell), and in her début collection Crithloinnir (Bright-tremor) Caitríona Ní Chléirchín echoes much of his romantic-erotic lexicon of stars, flowers, skies, waves, moonlight, night, sea. Her poems are delicate, airy constructions, sparse, intimate. This is a world of amour fou, of passion, of sensuality. It is almost a self-enclosed world, a secret world – again and again.”
Dit is egter veral haar liefdesverse wat die kommentators beïndruk: “Her best love poems are those which contain notes of tension and darkness, the sense that love might be fleeting or deceptive,” beweer Carson en geoordeel aan die aantal verse wat op PIW geplaas is, kan ‘n mens nie anders as om hiermee saam te stem nie …
By wyse van illustrasie plaas ek die gedig “Bee” hieronder. Gaan kyk gerus na die ander verse en lees sommer ook die werke van die ander digters waarop gefokus word. Veral die verse van Michael O’Loughlin is myns insiens eweneens indrukwekkend.
En daarmee groet ek vir dié jaar. Mag 2012 vir julle almal ‘n jaar van onvderdunde vreugde en bandelose (kreatiewe) energie wees.
***
Bee
Like a bee almost in my heart,
you emerged flowering though my breasts,
and your every kiss was the sweetest sting,
enticing me with sting-kissing.
You made honey in my navel,
but the greatest sting went between my legs.
You pricked me
with words so gentle.
My heart fluttered
and beneath you
like a blossom or a stem, I bent.
You opened me like a honey door
and all my sweetness you drank.
My body is speckled now with blue-red stings,
with purple gem-sting stippling,
and dappled all over with love and hate bites.
You thrust your bee-sting into me,
and your drone still fills my brain.
A wild bee, a bumbling humming bee
forever inside me,
never showing any mercy.
© 2010, Caitríona Ní Chléirchín
Uit: Crithloinnir (Vertaling: 2011, Colm Breathnach)