’n Rukkie gelede het René Bohnen van die digter Fernando Pessoa wat sy skooljare in Suid-Afrika deurgebring het en hier sy liefde vir die literatuur ontdek het.
Ek lees tans die versamelbundel A Little Larger Than the Entire Universe, met Engelse vertalings van Pessoa se gedigte deur Richard Zenith. Volgens die Los Angeles Times (aanhaling op die agterblad) is hierdie versameling “[t]he largest and richest English-language volume of poetry from “the greatest twentieth-century writer you have never heard of”.
Hiermee deel ek graag die volgende gedig, een van dié wat Pessoa aan een van sy “heteronieme” of personas, naamlik Ricardo Reis, toegedig het. Die eenvoud en dissipline van die vers het my dadelik opgeval, en daarmee saam die reusagtige omvang van die boodskap. Seker sou sekere lesers deur die gedig ontstel word. Deterministies, sou sommiges dalk reken. Ander kan dit lees as metafoor vir ’n Darwinistiese inperking waar jou gene jou ewig inkluis binne die grense van jou talente of die gebrek daaraan. Hoekom dan geen reik na die sterre? Waarom nie die frenetiese soeke na die verbetering van die self nie, in die gees van die kitssielkunde?
En tog bied hierdie gedig vir my ’n nuwe perspektief op menswees, iets wat ’n mens dalk met ’n soort voorverbale insig raai, maar nie vir jouself kan verwoord nie. En daarby is die consolatio – as ek dit maar so mag noem by gebrek aan ’n beter woord – in die slot vir my aangrypend in die eenvoud en helderheid van die troostende wete van fisieke lewe. Want wat ’n voorreg is dit nie alreeds nie?
Wat meer is daar te sê vir ’n nuwe jaar, waar ons bekommerd is of ons teikens gaan haal, aan ons eie en ander se verwagtinge gaan voldoen?
You’ll become only who you always were.
What the gods give they give at the start.
Only once does Fate give you
Your fate, for you’re but one.
Little is attained by the effort you exert
In accord with your native ability.
Little, if you were not
Conceived for more.
Be glad to be who you cannot resist
Being. You will still have the vast
Sky to cover you, and the earth,
Green or dry, given the season.
Dankie Danie, inderdaad leesplesier en ‘n gedig om te boekmerk!
Dankie, Amanda. Oor Pessoa, die self en my self kan ek net wonder, maar Tony Hoagland het ‘n baie vermaaklike vers oor die tema geskryf:
Still Life
The French have it wrong, said Larry;
the self isn’t a historical fiction or a cultural construct
or a linguistic hallucination;
the self is a creature
and it lives in a burrow
under the hillside of history
a modest animal like a badger or
a vole
rarely seen
resourceful
neither beautiful nor ugly but merely alive –
And he smiled briefly, like a sad child
who feels secretly a little proud for being sad,
and, making sure
there was a wall behind him,
he tipped back, carefully, in his chair.
Lieflike artikel van Danie Marais oor sy belewenis van Pessoa. Veral sy gedagtes rondom die self-fragmentering by Pessoa is boeiend. Laat mens wonder: is dit simptoom, strategie, iets van beide of het hy dalk ‘n stuk ‘waarheid’ oor die ‘self’ beet?
Hallo Rene – dankie vir jou kommentaar en ja, ek ervaar spesifiek hierdie gedig op ‘n sonderlinge manier. Maar nie dat die res enigsins mimder is nie! Ek het nog net nie genoeg gelees nie.
Dankie Amanda, dat jy my ervaring van Pessoa so heerlik verbreed, wat ‘n lieflike keuse van gedig, hoeveel waarheid in die woorde “you’ll become only who you always were”
Dankie De Waal, vir die deel hiervan. Ek gaan beslis kyk. Pessoa fassineer my geweldig – kan amper nie glo dat iemand so ongelooflik kan dig nie.
En dankie ook Desmond, vir die skakel. Het so pas “The year ..” gaan aanskaf. Julle help om my (min) kennis van Pessoa en Saramago sommer eksponensieel te laat groei so vroeg in die jaar 🙂
Danie Marais oor Pessoa:
http://www.beeld.com/By/Nuus/n-Geselskap-van-Hamlets-20110408
Hallo Amanda
Jou “ontdekking” van Pessoa het my nogal getref. Ek neem af en toe een van sy gedigte en vertaal dit in Afrikaans. Ek het ook ‘n baie sterk belangstelling in hierdie merkwaardige digter.
As jy my webtuiste soos hierbo aangedui, besoek, sal jy ‘n gedig kan lees wat ek vertaal het. Rol ‘n entjie af ondertoe tot by 31 Desember.
Lekker lees die paar dae wat nog voorlê!
Groetnis
De Waal
Dankie Desmond! Nee, ken dit nie – sal kyk of ek dit in die hande kan kry. Het darem nog ‘n week vakansie vir lees …
Hallo Amanda. Ken jy Jose Saramago se roman, The Year of the Death of Ricardo Reis? Wikipedia se kort opsomming van die plot: “In the novel, Ricardo Reis returns to his native Lisbon from Brazil, upon receiving word of Pessoa’s death. While there, he chooses not to resume his practice of medicine, but rather takes up residence in a hotel where he wastes his days reading newspapers and wandering the streets of Lisbon.” Die Portugese taal het ‘n paar reuse opgelewer…