Andries Bezuidenhout. Lughawens en kragstasies

Die prente hier bo is van werke deur die Anselm Kiefer. “Margarethe” (uit 1981) en “Sulamith” (uit 1990). Hy gebruik ʼn kombinasie van tradisionele materiale, maar ook hare, lood, as en strooi. Die inspirasie is natuurlik Paul Celan se gedig “Todesfuge”. Vreemde onderhoud met Kiefer in die Guardian. Hy’t onlangs ʼn ou kernkragsentrale gekoop. Twee aanhalings uit die onderhoud:

“Nazi art is really horrible, it’s boring, but the architecture of the 30s isn’t specifically German, it was the architecture of its time. Speer was a bad politician, but he wasn’t a bad architect.”

“In Germany, if something is finished, they like to flatten it, bring it down, make the grass grow over it. That’s no good. You should keep these old buildings because they played a role and they can teach us something. I’m against the idea of bringing all these power stations down. I said, ‘I’ll take them all if you want’.”

Lees dit hier. (Dankie aan Charles Leonard vir die skakel.)

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Lughawens en kragstasies”

  1. Evette Weyers :

    Andries, Baie dankie vir hierdie uitstekende artikel oor hierdie PUIK kunstenaar. Te lekker dat mens op Versindaba ook verdere paaie in die musiek en visuele kunste kan loop. So verskillend.
    Hoe tyd en ruimte verskil wat die visuele kunste, teater en gedigte betref intereseer my baie. Die gehoor glo gewilliglik hulle beheer oor tyd en ruimte weg in teaterstukke. Ek het besef taal vervel soos n slang en ou woorde val af en vergaan gedurig. Maar taal is ook ‘n sensitiewe membraan wat die onmiddelike tydsgees op vang en deel maak van taal. Nuwe woorde skep om dit te verwoord.
    Visuele beelde is weer ‘n konstant groter wordende poel wat konsentries groei en alle vorige beelde bly insluit. Iets wat 32,000 jaar gelede geskep was kan jou net so onmiddelik tref as ‘n beeld wat gister gemaak was.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Dankie Evette. Soms is dit vir my wonderlik as alles saamkom, soos William Kentridge en samesweerders se “Dancing with Dada”, of Marlene van Niekerk se “Die verkorte raklewe van Anastasia W”.

  3. Evette Weyers :

    Wanneer dit alles saamkom is dit manjifiek soos in jou voorbeelde.Ook;Saartjie Botha se ALTYD JONKER, A change of Tongue met die 2 operasangers, Antoinette Kellerman en Nina Swart, Kentridge se Towerfluit. Breyten se Wemeltong opvoering.

  •