Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 January 2012

Andries Bezuidenhout. Punk in Afrika

(met erkenning aan Keith Jones en Deon Maas en verskoning aan Gert Vlok Nel, ‘n gedig, maar met die knaende rym en refrein, dalk liriek ook)

Op die pad tussen Dealesville en Bultfontein
het ʼn sonneblom langs wiele opgekom
en verstik voor ʼn sylangse blik na die son.
Hoe punk is ʼn dooie sonneblom?
Di
é
een het vroeg reeds aaklig omgekom.
Ek weet. Ek het daar verbygery,
my deel gedoen vir die stikkery
op die pad tussen Dealesville en Bultfontein.

Op die pad tussen Dealesville en Bultfontein
is wit gruis lank gelede gestrooi
om ʼn loopvlak uit rooigrond te looi.
Maar hier is bloekombas rooi van kleur
en na reën slaan modder bloedig deur.
Ek weet. Ek het daar verbygery,
my deel gedoen vir die deurslanery
op die pad tussen Dealesville en Bultfontein.

Op die pad tussen Dealesville en Bultfontein
hou jy soms stil om rigting te vra,
want rigtingwysers is weggedra
vir skuiling of dalk skrootmetaal.
Hoe vra punks rigting in die Vrystaat?
Ek weet nie, al het ek mildelik bygedra
tot die saak van ewige padvindery
iewers tussen Dealesville en Bultfontein.

Op die pad tussen Dealesville en Bultfontein
is ʼn bakoorjakkals raakgery,
ore verbaas soos die bo
ë
bo Pablo Neruda se oë,
tandjies gryns los van die skedel,
brommers wat lêplek vir maaiers bedel.
Ek ril. Ek het daar verbygery,
op die pad tussen Dealesville en Bultfontein.

Vir wat dit saak maak, sit ek nou in Foxstraat –
drink bier van een of ander mikrobrouery,
ruitveërrubbers smous verby.
Ek wag om te sien of Deon Maas
van punk in Afrika sin kan maak
en hoeveel kak ek in die doccie praat,
die een wat netnou in Foxstraat wys,
Jo’burg, so ver van Dealesville en Bultfontein.

Punk in Africa wys nog tot 27 Januarie by The Bioscope in Johannesburg, net straataf van Arts on Main. Dit wys ook binnekort by die Rotterdam Filmfees.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

3e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Punk in Afrika”

  1. Karlien Nel says:
    24 February 2014 at 22:10

    Hi Andries, ek het op jou gedig afgekom en heimwee gekry met die lees daarvan. Net daar waar die pad n draai maak by die bloekombome is n fontein waarvan die water minerale bevat en dit was ons Dealesvillers se see. Opgrawings is daar gedoen en oorblyfsels van Boesman jagters se klipvoorwerpe is gevind en oorblyfsels van diere. In die veld tussen lang gras le die graf van n jong vrou en ook haar baba se graf. Ek vermoed sy en die baba is dood met die se geboorte.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    30 January 2012 at 06:11

    Dankie John. Lekker om jou op Versindaba raak te loop!

    Reply
  3. John Lane says:
    28 January 2012 at 10:13

    Ek het in my jonger dae baie op daai pad gery. Gooi jy my inne oogwink 20 jaar terug in die verlede in!

    Heerlik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d