Alfred Schaffer. ’n Mislesing van ‘Klein Tambotieboom’

‘n Mislesing van ‘Klein Tambotieboom’ van Die Heuwels Fantasties

As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison

Jy het nie ‘n graad nie
En jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
En die verte in van ‘n krans af te staar

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison

Geïsoleer in donderweer
Ver van die wolkekrabbers
Net die atmosfeer wat aan ons kleef
En ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie
Ek het nie ‘n agenda nie

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison (2x)

(c) Die Heuwels Fantasties, 2009

Luister hier na die video: ‘Klein Tambotieboom’ (video)

Cliffhanger

Uit die bloute het die eenvoud toegeslaan ek asem in

en uit toe nie meer nie, asof ek vassit in ‘n draaideur

blik na binne blik na buite. Ek het gereeld hier gekom

die lug was yl ‘n klompie bome, heeldag die sonderlinge reuk

soos verf die manjifieke geur van die volkome stilte.

As jy ‘n storie dikwels genoeg oorvertel

verdamp die inhoud vanself, wat oorbly is grond

klippe wortels kalk en ‘n beligting so genadeloos

dit laat my uitbars van die lag asof ek roerloos dans.

Die berge die vallei die dorp waar elke dag toeriste dwaal

daar iewers moet my kar staan, in die kattebak ‘n reënbaadjie

my wapen en ‘n sak met inkopies – ek het nie

so lekker geparkeer nie maar dit kry jy as jy haastig is.

         

      

Cliffhanger

In één klap sloeg de eenvoud toe ik ademde

en toen niet meer, alsof ik klem zit in een draaideur

zicht op binnen zicht op buiten. Ik kwam hier graag

de ijle lucht en een paar bomen altijd rook het vreemd

naar verf de magnifieke geur van de volkomen stilte.

Als een verhaal maar vaak genoeg wordt doorverteld

verdampt de inhoud als vanzelf wat blijft er over grond

gesteente wortels kalk en een belichting zo genadeloos

dat ik ervan moet lachen, alsof ik zonder te bewegen dans.

De bergen de vallei het dorp waar elke dag toeristen dwalen

ergens moet mijn auto staan, in de achterbak een regenjas

mijn wapen en wat boodschappen – ik had hem wat

onhandig geparkeerd maar ik had haast dan krijg je dat.     

     

© Alfred Schaffer. Mosselbaai, 2012

(Dankie aan Francois Smith vir sy voorstelle by my vertaling na Afrikaans.)

Bookmark and Share

9 Kommentare op “Alfred Schaffer. ’n Mislesing van ‘Klein Tambotieboom’”

  1. Desmond :

    Nog, Alfred, nog!

  2. Andries Bezuidenhout :

    Ditto Desmond! Sal wil sien hoe Alfred die een van die “ou met die snor by die bar” mislees – die een wat Heuwels op dieselfde plaat saam met Jack Parow doen.

  3. Alfred Schaffer :

    Dankie Desmond, dankie Andries. Ek het g’n ervaring met snorre nie, sal maar ’n bietjie moet oplees voor ek dit kan mislees! Sien of ek die “energie” het vir dit.

  4. Andries Bezuidenhout :

    Alfred, Bernoldus Niemand se “Snor City” mag dalk waardevolle navorsingsmateriaal verskaf – oor Pretoria waar hulle ‘n snorgasbord eet en met ‘n Ford Snortina ry.

  5. Desmond :

    Alfred, het julle Nederlanders dan nie Magnum gekyk in die 1980’s nie?! Magnum en Bernoldus Niemand is al wat jy nodig het om die metafisika van die snor onder die knie te kry.

  6. Andries Bezuidenhout :
  7. Alfred Schaffer :

    Dankie Andries. Ek voel klaar ’n snor groei. “Wie is Bernoldus Niemand?” is darem ’n geweldig effisiënte album titel.
    En ja Desmond, ons het Magnum gehad, maar ek het net nuusprogramme gekyk.

  8. Lewies Botha :

    Zelfs niet een valentijn gedicht vandaag? iemand?

  9. Alfred Schaffer :

    Promesse de bonheur

    Ik in haar bed en zij die net de douche uit stapt.
    Zoals zij loopt, zoals zij naakt het huis door loopt,
    zo zullen vanaf nu de dagen lopen.

    Ze neuriet en ik zit verhevigd in haar bed.
    Oneindig wakker is ze, warm en trots en zacht
    en mooi, zo mooi, ik krijg het niet gezegd.

    Het is een liefde die. Het is een wonder dat.
    En alles wat ik van een lichaam heb verlangd
    staat voor mijn ogen naakt te zijn,

    naakt en van mij. De kamer hijgt nog, geil en stroef.
    Haar mond, gemaakt voor lippen en genot, haar mond,
    haar stoere, hoogverheven mond staat goed.

    (c) Menno Wigman, ‘Mijn naam is Legioen’, 2012, Amsterdam

  •