Amanda Lourens. Poging tot vertaling.

Vandag waag ek my hand aan die vertaling van ‘n gedig van Fernando Pessoa.  Dit het oorspronklik verskyn in sy bundel “The Keeper of Sheep, onder die heteroniem Alberto Caeiro.

To think about God is to disobey God,
Since God wanted us not to know him,
Which is why he didn’t reveal homself to us …
 
Let’s be simple and kalm,
Like the trees en streams,
And God will love us, making us
Us even as the trees are trees
And the streams are streams,
And will give us greenness in the spring, which is its season,
And a river to go to when we end …
And he’ll give us nothing more, since to give us more would
make us less us.

********************

Denke aan God is ongehoorsaamheid aan God,
Want God het ons nie gewens om hom te ken nie,
Dit is die rede waarom hy hom nie aan ons openbaar het nie …

Laat ons eenvoudig en kalm wees,
Soos die bome en die strome,
En God sal ons liefhê, ons
Ons maak net soos die bome bome is
En die strome strome is
En ons groenigheid in die lente gee, wat sy seisoen is,
En ’n river om heen te gaan wanneer ons eindig …
En hy sal ons niks meer gee nie, want om ons meer te gee
sal ons net minder maak.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Amanda Lourens. Poging tot vertaling.”

  1. Hallo Amanda

    Ek is bly jy bied hierdie vertaling aan. Pessoa kan ons poësieskat baie verryk.

    In “Caeiro” se gedig “Pensar em Deus é desobedecer a Deus,” – “Om te dink aan God is om ongehoorsaam te wees aan God” bied hy oënskynlik teenstellende idees aan. Dit slaag goed daarin om die onbegryplikheid van die Opperwese aan ons tuis te bring.

    “Ricardo Reis” nog ‘n ander heteroniem, lewer kommentaar op “Caeiro” se werk:

    “Caeiro’s work is truly a manifestation of a pagan mind. The order and discipline of paganism which Christianity caused us to lose, the reasoned intelligence of things, which was paganism’s most obvious attribute and no longer ours — permeate his work. Because it speaks here its form, we see the essence, not the exterior shape, of paganism. In other words, I do not see Caeiro reconstructing the exterior form of paganism. Paganism’s very substance has in fact been summoned up from Avernus, as Orpheus summoned Eurydice, by the harmelodic magic of Caeiro’s emotion.”

  2. Amanda Lourens :

    Dankie De Waal, ek waardeer jou inset. Ja, die teenstelling is besonders, een wat jou aanhou boei. Interessant ook, die gedagtes oor die paganistiese aard van Caeiro se werk – kennelik ook in die struktuur van die denke te sien?

  3. Hallo Amanda.

    Jy praat van die struktuur van die denke. Dit interesseer my. Kan jy iets meer hieroor sê, asseblief?

  4. Amanda Lourens :

    Hallo De Waal, jy vra nou moeilike vrae! Ek dink dit gaan vir my oor die besondere gestrooptheid van die denke, die deurpriem tot by helder fragmente. Of fragmente nou die regte woord is? Ek weet nie. Wat my ook tref, is die teenstellings wat hy byna as ‘n soort aforisme opdien, laat my ook aan die sogenaamde koan dink – ‘n ongerymdheid byna, wat hy as logies aanvaar maar die leser aanhou uitdaag om te redeneer, te vra, te mediteer selfs? Of dit ons by suiwer paganisme uitbring weet ek egter nie, maar beslis ‘n verdere ondersoek wer.

  •