Philip de Vos. Sewe dae by die Liebersteins

(tik op prent om te vergroot)

woorde: Philip de Vos

illustrasies: Lorcan White

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Philip de Vos. Sewe dae by die Liebersteins”

  1. Braam Muller :

    Dankie vir dié argiefstukkie. Wys op groter dinge wat uit jou comic-kop sou kom. Wie is L.W. wat die tekeninge gedoen het?

  2. Philip de Vos :

    Piet Grobler en ek het vir ‘n hele paar jaar lank ‘n comic-strip op die agterblad van De Kat en later in Insig gehad. Toe Rapport Boeke sy eerste verskyning gemaak het, is ek gevra om die teks vir ‘n soortgelyke strip te skryf. By my De Kat comic het ek gerym oor bekende sprokies en bekendes uit die geskiedenis. By Rapport Boeke het ek besluit om my eie weergawes van bekende literêre werke te maak en het inderdaad ‘n paar tekste geskryf: Lady Chatterley, Tess of the Durbervilles, Raka, ens. Ongelukkig het hulle by Rapport te voorskriftelik geraak en wou hê ek moes my by moderne letterkundige gebeurtenisse bepaal. Ek het dus self besluit om maar liewer op te hou. Want hier was dit ‘n geval van skoenmaker hou jou by jou lees, want ek weet goed hoe ver my literêre kennis strek en wat my beperkinge is. Ook die feit dat verskillende illustreerders gebruik is. Myns insiens moet slegs een illustreerder by comics gebruik word, veral oor eenvormigheid. Piet Grobler het destyds presies geweet wat in my kop aangaan. Die illustreerders wat gebruik is, was wel uitstekend, maar eenvormigheid het ontbreek. By Sewe Dae by die Liebersteins was die illustreerder Lorcan White (Mark Kannemeyer) Die comic in Rapport Boeke gaan nog steeds voort, maar waarom dit nog steeds deur Retha Smit in rym geskryf word, weet die joos alleen. Ek sê maar net.

  3. Braam Muller :

    Ek lei af hierdie het dus in Rapport Boeke verskyn, dus na jou samewerking met Piet Grobler? Dit het my na ‘n voorloper laat lyk – hoofsaaklik deurf L.W. se tekeninge – wat nie naastenby by Piet Grobler se tekeninge kom nie. Ek wens nog altyd ‘n uitgewer wil daai reeks van julle in boekvorm uitgee.

  •