
Ek luister vanmiddag na Benjamin Britten se War Requiem — die beroemde Decca opname wat in 1963 uitgereik is. (Die eerste uitvoering van die werk, terloops, het in 1962 in die Coventry Katedraal plaasgevind.) Britten dirigeer self, en sy lewensmaat, die legendariese tenoor Peter Pears, sing op die opname — saam met ‘n ander legende: die bariton Dieter Fischer-Dieskau.
Ek is mal oor Britten: hy is waarskynlik my gunsteling Britse komponis. Hy is beroemd vir sy operas, maar moenie sy orkes- en kamermusiek afskeep nie. Sy strykkwartette, veral, kry myns insiens nie genoeg aandag nie. Ek kan nie genoeg na hierdie boeiende, broeiende werke luister nie. En Britten was ook ‘n fassinerende, komplekse persoonlikheid; gaan lees maar die mooi hoofstuk oor hom in Alex Ross se The Rest is Noise.
Britten se War Requiem bly ‘n dramatiese, ontroerende werk. Dit is natuurlik veral beroemd vir die wyse waarop Britten die tradisionele Latynse teks afwissel met toonsettings van Wilfred Owen se oorlogsgedigte. Onder meer hierdie een:
*
On Seeing a Piece of Our Heavy Artillery Brought into Action
– Wilfred Owen
Be slowly lifted up, thou long black arm,
Great Gun towering towards Heaven, about to curse;
Sway steep against them, and for years rehearse
Huge imprecations like a blasting charm!
Reach at that Arrogance which needs thy harm,
And beat it down before its sins grow worse.
Spend our resentment, cannon, — yea, disburse
Our gold in shapes of flame, our breaths in storm.
Yet, for men’s sakes whom thy vast malison
Must wither innocent of enmity,
Be not withdrawn, dark arm, thy spoilure done,
Safe to the bosom of our prosperity.
But when thy spell be cast complete and whole,
May God curse thee, and cut thee from our soul!