Andries Bezuidenhout. Effe sinies in Stevens se voetspore

Vreemde, maar onderhoudende artikel oor die pad wat Wallace Stevens werk toe gestap het in die  New York Times hierdie week. Nou wonder ek of iemand al gaan kyk het hoe die pad tussen Van Wyk Louw se huis en die Universiteit van die Witwatersrand gelyk het. Hoe lyk dit met ʼn staproete? ʼn Mens sou selfs tot werkverskaffing kon bydra deur die indiensneming van gewapende wagte om die stappers op te pas.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Effe sinies in Stevens se voetspore”

  1. Desmond :

    Kom jy Woordfees toe? Dan wys ek jou die ompad waarmee ek – via ‘n koffieplek of twee – werk toe stap. En soos jy weet, in Stellenbosch is gewapende wagte net nodig wanneer Dan Roodt in die dorp is.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, ek mis die Woordfees vir niks nie. Ek kom praat met Valiant oor sy rubriekbundel, so plig neem my ook soontoe. Ek hoop daar’s ‘n koffieplek met iets sterkers ook langs jou ompad!

  •