Desmond Painter. Die nimmereindigende gedigte van Leon Trotsky (vir Andries Bezuidenhout…)

Leon Trotski

Leon Trotsky

Ek kom vanoggend af op een of ander jong politieke wetenskaplike se webblad, Economic Liberty is die naam daarvan. Die beste ding op die webblad is die “Randomized Trotsky Poetry Generator”. Briljant! Elke keer as jy die blad verfris, verskyn daar ‘n nuwe gedig “deur” Leon Trotsky… 

Mens kan twee dinge hieruit leer; een klink dalk negatief, die ander is beslis baie positief.

Die eerste, moontlik negatiewe les is dat selfs die maak van gedigte geoutomatiseer kan word. Moet jou nie te veel hieroor ontstel nie: as jy by die dissipline van ‘n rymskema inval, erken jy tog alreeds dat ‘betekenis’ (of betekenis-effekte) in ‘n gedig deels outonoom van ‘n subjektiewe intensionaliteit, ‘n bedoelende subjek, beklink word (of op loop gesit word).

Die tweede les is natuurlik dat die gedig magtiger is as die yspik!

Hier is ‘n paar van Trotsky se onlangse gedigte:

*

By the
Estimate of its spiritual resources.
On the flower of the urban proletariat,
Terrorism in principle .

*

Economy is unthinkable without
The prohibition of the sale of vodka. Our
Totalitarian regime of fear, lies
Of the transitional epoch be attained.

*

The dictatorship of the
Ideas in one’s head. But in order
Yield and on which to stand
Does not exist.

*

A few thousand or even tens
In one’s head. But in order
The interests of the general Socialist task. In 1891,
Class life.

*

Producers and consumers, freedom
It so easily frees itself from the
Partial changes, but of the very existence of
The chaos.

*

Exist. But of rudeness, inherited
Truth about it and thereby teach them
A revolutionary policy, especially in our epoch of abrupt
changes. Mythology
The development of new ones.

Bookmark and Share

8 Kommentare op “Desmond Painter. Die nimmereindigende gedigte van Leon Trotsky (vir Andries Bezuidenhout…)”

  1. Andries Bezuidenhout :

    Wel, Desmond, die gedigte maak meer sin as die Amerikaanse Trotsk’is (bokkiebaard, brilletjie en al) wat so gereeld aan my deur by Wits kom klop het om daardie koerantjie van hulle aan my te probeer verkoop (“Spartacist”). Plaas dat hy homself op Rosa Luxemburg style, dan sou hy ten minste effe interessant gewees het – in denke en voorkoms.

  2. Desmond :

    Andries, probeer jy nou vir my s^e die Trotskiste klop nie aan deure daar by Tukkies nie?! 😉

  3. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, helaas. Ek moet nou bieg dat as hier wel Trotskiste was, ek vinniger tuis sou voel. By Wits is hulle so half soos radikale potplante of portrette wat die plek kleur gee. In Pretoria merk ek net studente op wat bekommerd is oor of (1) rassisme, of (2) die toekoms van Afrikaans. (Die twee groepe deel hier nie lede nie. Daar is mos wel ‘n aanhanger van Trotski wat bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans, maar dis ‘n posisie wat net daar by julle in die Kolonie denkbaar is, vermoed ek.) Die studente wat hier bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans benadruk hul kommer oor die taal se toekoms deur ruim van spelfoute in hul pamflette gebruik te maak (bv. “miete” i.p.v. “mite”). (Ek weet egter nie of hulle bewus is van die grafiese wyse waarop hulle die punt tuisbring nie.)

  4. Desmond :

    Andries, jy’s ‘n moedswillige Valie! Jy weet hoe trots is ek op (ons plaaslike) Trotski! Onthou, Alexander is nie bekommerd oor die voortbestaan van Afrikaans nie; daar is min taalromantiek by hom. Hy is immers bekend daarvoor dat hy Xhosa en Zoeloe wil herstandaardiseer tot een taal, wat Zoeloes en Xhosas met etniese belange die hoenders in maak.

    Taaltrots, taallojaliteit, ens., speel ‘n mindere rol by hom. Hy stel belang in die “elite closure” wat taalhegemonie in veral postkoloniale state bewerkstellig — ook in postkoloniale Europa, kan mens byvoeg, waar die lefties te min te s^e het oor die vervlegting van taal, rassisme, en nuwe nasionalismes in die konteks van immigrasie ens. Eerder as by Trotski sluit Alexander eintlik aan by Fanon, Gramsci, Bourdieu…

    Ons in die Kolonie is natuurlik in ‘n baie goeie posisie om hierdie soort ding te bedink, want daar by julle waar daar so baie myne is word julle lefties mos verlei om te dink produksie en produksiemiddele verwys net na dit wat in die fabriek en in die myn gebeur. Taal is ‘superstructure’… 😉

    Maar Marx het produksie tog baie weier as dit verstaan, en eienaarskap van talige produksiemiddele is nie sommer reduseerbaar tot identiteitspolitiek nie! ‘n Marxistiese taalpolitiek is denkbaar, maar lyk natuurlik baie anders as die een wat jou studente met die pamflette bedryf…

  5. Andries Bezuidenhout :

    Desmond, die Valie moet nou klas toe gaan, so verskoon hom. (Ons gesels juis vanaand oor produksiepolitiek in myne.)

  6. Desmond :

    Ek het vergeet julle gee klas in die aand… Nog ‘n rede om Stellenbosch toe te trek!! Dit sal nooit hier gebeur nie. Ons gee skaars klas. Sundowners begin al 15h30. Ek pos oor so ‘n week my nuwe gedig, “Bolsjewiek in Ballingskap.”

  7. Andries Bezuidenhout :

    Of “Bolsjewiek in Surrey”?!

  8. Desmond :

    Nee, dit klink soos ‘n Peter Blum, nie ‘n Walter Witman nie.

  •