Natuurkenners
Chris Zithulele Mann
Die natuurkenners wat ek ken
het bruin arms en groen vingers,
en vlinders kom slaap in hul baarde.
Hulle maak met pluisies kele skoon wat teer
is van besmette dou en wanneer hulle nies
bestuif hulle perskes en pruime.
Sonder hul geduldige geesdrif
sou ek niks van walvisse weet
wat jodel en bloep in die see nie,
hoe wespe vir hul kleintjies boeliebief
in modderblikkies bêre, watter bulte
saad moet kry en wanneer hulle braak moet lê.
Molekules en melkweë
warrel en ontplof
in heelalle buite hul fokus.
Daar’s genoeg tussenin om van te leef.
Nie net bye nie,
maar ook hul stuifmeel-sambas,
buiten groen en rooibruin eike,
ook boeke vol filosofie;
meer as bloot ’n druiwestok, ’n ruisende kerk
wat saad uit son en grond verwek.
Skermutselings en seges
warrel en ontplof
in heelalle buite hul fokus.
Daar’s genoeg tussenin om van te sing.
Vertaal deur Pieter Odendaal, Maart 2012.
#
Naturalists
Chris Zithulele Mann
The naturalists I know
have brown arms and green thumbs,
and butterflies roost in their beards.
With tiny pads, they wipe polluted dew
from tender throats, and when they sneeze
they pollinate peaches and plums.
Without their patient passion
I wouldn’t know why whales
yodel and bloop beneath the sea,
how wasps preserve their infant’s bully-beef
inside a mud-walled tin, what slopes
to sow, and when to let them sleep.
Molecules and galaxies
swirl and erupt
in universes beyond their focus.
They find enough to live by in between.
In addition to a bee
its pollen pantaloons;
not just a green and russet oak,
a thousand pages of philosophy;
more than a vine, a rustling church
transmuting sun and earth to seed.
Quarrels and conquests
swirl and erupt
in universes beyond their focus.
They find enough to marvel at between.
© Chris Zithulele Mann.
Hello Marlise. Dankie vir die mooi woorde. Die terugvoer oor Transkripsie was baie positief gewees – dit lyk of ons dit dalk weer hier in Stellenbosch en miskien ook in Kaapstad gaan opvoer. Ek het die oom ontmoet – ‘n vreeslike gawe man en ek voel gevlei dat hy van my gedigte hou. Ek sal ook nie omgee om op daardie ouderdom steeds saam die musiek te kan jam nie.
ʼn Mooi vertaling Pieter! Terloops, ek het so die stert gevang van jou Transkripsie show en dit het so goed en vitaal geklink! (Sou graag wil weet hoe jy dit ervaar het? En wat was die terugvoering?) Daarna het ek die Luna Paige sangnommers oor die stories van skrywers bygewoon. Oorkant my het ʼn ou omie gesit, ‘n psigiater van beroep, wel, so vertel hy toe, hy was jarelank in Kanada) van ongeveer 80 jr. oud. Langs hom sy broer van 89, (volgens die psigiater), wat die heeltyd ywerig gewieg en ritme gehou het op Luna se heerlike songs. (As my skelet dit hou, sal ek met graagte dergelike ritmiese oorgawes wil volg op 89…) Nietemin, die with-it psigiater het vele foto’s gewys van wêreldreise na die Ooste op sy Ipad terwyl ons wag vir die show om te begin. Hy sê toe o.a. dat hierdie gedigte van Pieter Odendaal in sy Transkripsie hom geweldig aangegryp het, dat die man sommer nog ʼn groot digter gaan word! En is daar al ʼn bundel van hom? Ek het hom vertel van jou blogs op Versindaba. Hy het nie geweet van die webblad nie, maar gaan glo nou al jou blogs lees. Jy is verseker van minstens een fan, ‘n psigiater! Van die ander weet jy dalk nog nie…