Philip de Vos: Op die Duineveld van Bloubergstrand

 

Ek moet seker weet wanneer om op te hou met my blog-skrywery veral nou dat my vorige blog-inskrywings’n boek geword het en straks beskou kan word as ’n lang egoïstiese monoloog.
 

 

Dit laat my amper dink aan die sopraan Cecilia Wessels se afskeidskonserte wat uiteindelik baie jare geduur het. Maar eendag is eendag dat ek werklik sal moet amen sê, maar tot dan sal ek maar die pot se bodem moet skraap en kyk wat daar nog te skrywe is.

So nou en dan word ek by dames-leeskringe gevra of ek nie dalk liefdesversies skryf nie, en dan kan ek duidelik sien hoe een of twee van die blou-hariges skalks in my rigting loer. En as ek nee sê, word daar ’n gemeenskaplike sug gesug wanneer ek sê dat die onderstaande die naaste is wat ek oor die liefde kan skrywe:

 

Hennetjie, my hennetjie.

Klein vere-kokkenennetjie.

Kiepie, kiepie

kom tog gou

Laat jou vlerke

om my vou.

Dan droom

ons tweetjies

snoesigsag

tot hoenderkaai se nuwe dag

 

Om een of ander rede het ek nog nooit persoonlike versies geskryf nie, die verspottes kom veel makliker en ongelukkig word die volgende versie waarkynlik as my grootse bydrae tot die Afrikaanse letterkunde beskou:

 

 

Hallo, walvis,

hoesie water?

Nat, ou pellie,

sien jou later.

 

Tog is daar een enkele persoonlike versie; ’n versie oor Bloubergstrand; ’n versie waarvoor ek liewer onthou sal wou word.

Maar die versie het ook ’n aanloop:

 

 

Net enkele van my vriende ken die ware storie. Vir die ander is die tien reëls sekerlik genoeg.

 

 

En dan is daar die pragtige toonsetting wat Albie Louw van hierdie versie gemaak het.

Vir dié wat dalk lus het om te luister, hier is ’n YouTube insetsel met my as sanger en Ean Smit as pianis. Tik net op die volgende skakel:

 

 

 

 http://www.youtube.com/watch?v=tM0z_OXwHqg&feature=youtube_gdata

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Philip de Vos: Op die Duineveld van Bloubergstrand”

  1. Helene Smith :

    Ek het al vir menige kennertjie die Hallo, Walvis geleer of gelees!

  2. Johann de Lange :

    Philip, wat van:

    Twee nagte en ’n oggend

    Ons was één dié nag.
    Holte van arm
    het ek eers ontdek
    en toe vir jóu
    St. Christopher.
    ’n Tweede nag
    het jý –
    klein stukkie goud
    ons
    op ons reis gelei,
    maar waar was jy
    skynheilige
    toe
    met die oggend
    ek en hy
    weer
    by die kruispad staan?

  3. Philip de Vos :

    Ja, Johann, ek het van bogenoemde versie vergeet, maar dit was nooit vir publikasie bedoel nie, en was maar op die ou end net daar om my boek “Kop op ‘n blok” ‘n halwe bladsy langer te maak. En nes by “Duineveld” is daar net enkele van my vriende wat die regte storie ken …

  4. Johann de Lange :

    Ek vermoed ek ken die storie, maar swyg in alle tale. 😉

  5. Yke Muller :

    Misschien is het maar goed dat we de storie van Duineveld niet kennen omdat we dan ons eigen storie erbij kunnen maken. Ik geniet van de manier waarop de woorden op elkaar volgen in hun ritme en ik zie het beeld terwijl ik niet eens weet waar of wat het blouwbergstrand is . Natuurlijk willen we allemaal een liefdesvers dat zo mooi loopt en dartelt en zegt wat we we voelen ik neem wel genoegen met de andere verzen

  6. Ek stem saam met Yke: Jy vertel reeds ‘n hele storie. Dis vir ons om die ruimtes in te vul 😉

  7. Ellen Botha :

    Izak en Yke, dis presies waarom Duineveld so spreek tot mense wat dit lees of hoor. Philip het dit op ‘n keer by ‘n groot onthaal gesing, so roerend dat daar menige betraande oog was. Die dames met wie ek na die tyd gesels het, het elk hul eie belewenis van emosies daarop gehad. Dit vermurwe ons harte! Dankie daarvoor, Philip.

  •