My obsessies oor die jare het gekom en gegaan: maar een het gebly:
Eers was daar die Little Lulu-comics wat ek so ywerig in die vyftiger-jare versamel het en toe aan my oom Paul geleen het. En toe hy twee weke later weer kom kuier, was dit met ‘n handvol Little Archie-comics wat hy by die Plaza bioskoop by ‘n skoolmaat omgeruil het vir my geliefde Little Lulu. Dit was ‘n verlies wat vir my jare geneem het om te oorkom. Elke paar maande vir dekades lank het ek gedroom dat ek hulle weer terug het, en in my drome het elke comic intussen gegroei tot die dikte van ‘n Statebybel – en hier word ek toe soggens op ouderdom 60 wakker en word ek weereens bewus van my verlies van vyftig jaar tevore.
In 2005 ontdek ek op die internet dat die volledige Little Lulu-reeks na al die jare deur Dark Horse Books herdruk word. En nou, begin 2012 sit ek met 29 koffietafel-volumes van meer as 200 bladsye elk van elke Lilttle Lulu-comic wat ooit gepubliseer is.
Maar nou besef ek dat my drome van destyds skielik êrens heen verdwyn het en ek wonder of dit liewers maar ‘n droom moes gebly het, in plaas van die ongelese volumes op my boekrak.
En dan was daar my obsessie met die films van Federico Fellini en hier sit ek nou met al die DVDs van sy films – behalwe die heel laaste La Voce della Luna wat nog nooit op DVD uitgereik is nie, en dalk is dit beter so, want anders is daar niks meer om oor te droom nie.
Maar die ander obsessie wat nou alreeds 59 jaar met my saamloop is die storie van die Titanic.
In 1953 het ek in Bloemfontein in die heel voorste ry van die Vaudette- bioskoop gesit en gesien hoe Clifton Webb vir Barbara Stanwick tot siens soen en dan saam met sy seun op die dek staan terwyl die skeepsorkes Nearer my God to thee speel voordat die skip wegsak in die dieptes van die Atlantiese Oseaan.
Dit was my eerste kennismaking met die gebeurtenis van 15 April 1912 en van toe af, vir jare lank, het ek elke boek oor die Titanic gekoop, en al die films gesien: A Night to Remember ; S.O.S. Titanic; Raise the Titanic; daarna ‘n TV-reeks met en uiteindelik die bekende film Titanic met Leonardo di Caprio.
En in 2008 by die Titanic Artifacts Exhibition in die Science Centre in Londen koop ek ‘n nekhangertjie met ‘n stukkie steenkool uit die Titanic se ruim – die enigste artifak wat toegelaat is om aan die publiek verkoop te word.
En nou is dit April – en op 15 April presies 100 jaar gelede het hierdie weeldeskip met die rykste van die rykes en die armste van die armes op sy nooiensvaart gesink. Nes die Twin Towers-ramp is hierdie sekerlik die grootste ramp wat ons in moderne tye getref het.
En alreeds in 1912 het die eerste vers-bundels verskyn deur mense wat deur die ramp aangegryp is, baie van die gedigte maar vrotserig byna soos dié van die Briels oor die destydse Coalbrook-ramp of die prul wat baie sogenaamde digters op Facebook-blaaie plaas met ‘n kopiereg-teken, net asof iemand hulle braaksels sou wou steel.
Ek wil graag twee gedigte noem. Die eerste is van Thomas Hardy, meer bekend vir sy romanwerke soos Tess of the D’urbervilles en Far From the Madding Crowd.
THE CONVERGENCE OF THE TWAIN
(Lines on the loss of the ‘Titanic’)
In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly couches she.
Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhythmic tidal lyres.
Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls — grotesque, slimed, dumb, indifferent.
Jewels in joy designed
To ravish the sensuous mind
Lie lightless, all their sparkles bleared and black and blind.
Dim moon-eyed fishes near
Gaze at the gilded gear
And query: ‘What does this vaingloriousness down here?’…
Well: while was fashioning
This creature of cleaving wing,
The Immanent Will that stirs and urges everything
Prepared a sinister mate
For her — so gaily great —
A Shape of Ice, for the time far and dissociate.
And as the smart ship grew
In stature, grace, and hue,
In shadowy silent distance grew the Iceberg too.
Alien they seemed to be:
No mortal eye could see
The intimate welding of their later history,
Or sign that they were bent
By paths coincident
On being anon twin halves of one august event,
Till the Spinner of the Years
Said ‘Now!’ And each one hears,
And consummation comes, and jars two hemispheres.
Dit is tog wonderlik dat daar op die internet deesdae ontledings is van bekende gedigte. Van hierdie een is daar talle met slegs ‘n druk van ‘n knoppie by Google en die woorde: Poem Analysis: The Convergence of the Twain. Miskien is dit ‘n lui manier om ‘n gedig te verstaan, maar dit dien tog ‘n sekere doel.
Selfs ek het op ‘n stadium Titanic in een van my versies ingewerk – maar hier was dit beslis ‘n ligter aanslag en glad g’n gespottery nie, maar wel oor Hans Andersen se Klein Meermin wat baie jaloers geword het toe sy vir Leonardo di Caprio en Kate Winslett op die boeg van James Cameron se Titanic sien staan het.
woorde: Philip de Vos; illustrasie: Piet Grobler
En terloops, van die Klein Meermin gepraat, ‘n klompie jare gelede was ek en Peter in Kopenhagen en volgens die besoekersboek was die meermin-beeld ‘n moet vir alle besoekers. Reisgids in die hand het ons haar in die hawe gaan soek, maar nes die Titanic was daar niks op aarde te sien nie, behalwe ‘n klomp Japannese toeriste wat ywerig foto’s geneem het van ‘n doodgewone rots wat uit die water gesteek het.
Daardie aand moes ons in die plaaslike koerant lees: “Vandale het gisteraand die kop van die beroemde meermin-beeld afgesaag.”
Ja, so is die lewe: party rampe is mensgemaak, ander soos die sink van die Titanic, miskien nie – en ja, my obsessie met die Titanic is nog lank nie verby nie.
Philip, dan moet jy ook nie vergeet van MM Walters se kragtoer in Afrikaans nie:
Skeepsverslag: Titanic
Hollanders het die skip beplan, maar dit was
Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het –
en almal is tog ou kenners van die water.
Nietemin te veel was die geloof en selfversekering
dat niks hom kon laat sink nie:
het die beskermheer van skepe dan nie self
die projek gewil nie, dié invaar in die donker,
dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing…
Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende.
Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte.
Maar luukses was volop en uitspattig: marmer-
vuurmaakplekke, dubbele toilette, miniatuurgholfbane,
swembaddens, rye kroeë en hemelbeddens
waarin die rykes kon hoereer, selektief, privaat,
terwyl hul voortvaar na die beloofde land,
hulle skatte veilig in die kluise.
Sender van kleiner skepe het gewaarsku:
julle vaar in ʼn gevaarlike seisoen, daar’s ʼn kilte
in die lug, ysberge in die onbekende water
en vol verandering is die warrelende winde.
Maar die luuksereus was doof, sy antennes
ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie.
Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie,
nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie.
Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie
en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie.
Chaos het geheers in offisierskajuite -reddingsbote
is nie eens almal neergelaat nie,
wanhopige passasiers het in die see gespring
en dié wat nie die moed had of bly hoop het,
het op die agterstewe saam met die orkes
bly sing: Nader my God by U – onverstaanbaar
sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was.
(c) M.M. Walters (Uit: Groot Verseboek, Deel 2, 2008: Tafelberg)
Philip daar is ‘n magdom van programme nou op DSTV oor die Titanic. Ek is ook immer gefassineerd met hierdie ramp. Ek het gistraand ‘n besondere een gesien en nog veel meer kom in hierdie week.
Hier is ‘n lysie van ‘n paar:
Titanic 100: Mystery Solved
Sunday 15 April 2012 19:40 | HISTORY |
To commemorate the 100th anniversary of the sinking of the Titanic in April 2012, History seeks to answer these questions once and for all. In a major, exclusive underwater expedition.
History partners with Woods Hole Oceanographic Institute and RMS Titanic, Inc. to conduct the most extensive exploration and imaging of Titanic’s wreck site ever undertaken.
CGI will illustrate what happened structurally to the ship –minute by minute– after the collision with the iceberg.
*
Nazi Titanic
Wednesday 11 April 2012 21:25 | HISTORY |
During a bizarre chapter of WWII, Nazi propaganda minister Joseph Goebbels decided to make an obsessive movie based on the sinking of the Titanic.
This epic movie was so large in scale that the Nazis were forced to divert men, material and ships from their war effort in order to complete the film. Over clashes on the film’s vision, the movie’s director Herbert Selpin was arrested by the Gestapo and found dead the next day.
However, the film never received the large premiere that Goebbels intended and only surfaced in Nazi-occupied Paris and footage used in the 1950’s Hollywood film, A Night to Remember.
This special will reveal this little known story by investigating the making of the film, as well as the fate of the German ship Cap Arcona, which was used as the double for the Titanic in the film.
19:00
Tue 10
Apr
History
260
Titanic: Case Closed
Join Tim Maltin as he explores unheard evidence and overlooked details to reveal the main reason why the Titanic sank – a simple trick of light.
Philip, as jy ooit weer vir jou suster in Kanada gaan kuier, maak ‘n draai in Halifax, Nova Scotia. Daar is ‘n groot begraafplaas van slagoffers van die Titanic-ramp en begeleide toere word aangebied, baie interessant. Ons toergids was een van daai Titanic-fanatici en het selfs geweet hoeveel lemoene die skip aan boord gehad het.