René Bohnen. As

Steak ‘n Ale het gisteraand afgebrand.

Baie gedigte is hier gebore tydens bekgevegte. Ander het asem gekry deur voorgelees te word. Verse is op die plek getoonset. Hertzog-pryswenners en wannabees het donker nagte deur gerook na dagbreek toe. What happens in Steakies stays at Steakies. Groot sangers het eens as onbekendes gratis hier opgetree. En nou is dit verby. Ons het net die stories oor.

En hulle het begin instroom. Ek het solank een foto van ‘n Oopmond-aand waar ons musiek en gedigte ingespan het om die winter te verjaag.

Bookmark and Share

3 Kommentare op “René Bohnen. As”

  1. rene :
  2. Everline van Dyk :

    Herinneringe uit die as!

  3. Ian :

    Waar die vreugdes van die somer? Gee die mens ‘n lier vir by die bier.

  •