Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 April 2012

Cas Vos. Twee gedigte

Skoenlapperdae
Vir James en Melanie

Broos soos ‘n skoenlapper
sal ek in jou hart fladder.
Ons skoenlapperdae is ‘n gloed
wat nagte met glinster groet.
Ons vlerke is ‘n josefskleed
vol patrone delikaat afgemeet.
Drie dae, my lief, is ek toegevou
in jou sagte satyn, my liefste vrou.

  

Na ‘n dood
Na Gregory Orr

Ek het die voordeur hoor kreun
en deur die vuil ruit my pa
tussen opgeskote struike sien buk
terwyl hy aanstryk na die vrugteboord

Ek het my tot langs hom gehaas
met ‘n swetende hand wat syne soek,
en my broer, my slagoffer, sy seun,
het sy ander hand vasgeklem.
Ons skouers het gehang
van ondrabare verdriet.

Dit was ‘n ysig koue Junienag.
Al verder die donker in
het ons oor verlate paadjies geloop,
sonder om ‘n oomblik terug te kyk
na die huis vol stapels herinneringe,
met sugte sonder ophou.

© Cas Vos, 2012

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

5e gedagtes oor “Cas Vos. Twee gedigte”

  1. Cas Vos says:
    27 April 2012 at 13:53

    Carina, Van Gogh boei my nog steeds. Ook Marlene Dumas en Diane Victor. Jou oevre is grys genoeg om vir publikasie aan te bied. Ek het wonderlike naby vriende in Nederland, spesifiek Bennebroek.

    Reply
  2. Carina van der Walt says:
    27 April 2012 at 12:05

    Daar is sekere onderwerpe in poësie wat my langdurig interesseer, Cas, bv. gedigte oor ikone soos Marilyn Monroe. Omdat Van Gogh weer onlangs baie in die nuus was in Nederland, het ek ‘n lysie gaan maak met watter Afrikaanse digters oor hom gedigte geskryf het. Toe ontdek ek dat jy eintlik die Van Gogh-digter in Afrikaans is met 7 gedigte oor hom in één bundel! Ek sal hulle graag eendag wil lees, maar ons sal ‘n plan moet maak, want ek woon en werk in Nederland. En(tussen ons): my ongepubliseerde oeuvre is al 13 jaar oud.

    Reply
  3. Cas Vos says:
    26 April 2012 at 19:13

    Carina, baie dankie vir jou opmerkings. Vir my stuur ‘n gedig ‘n straling uit. Dit wat jy aangevoel het, is ‘n glinstering. Hou aan met dig asb.

    Reply
  4. Carina van der Walt says:
    26 April 2012 at 11:05

    Dag Cas, daardie één sublieme moment van herkenning, die fladdering van die hart, die vervoering en selfs die ekstase wat daarop volg: dis vir my alles baie herkenbaar in jou gedig Skoenlapperdae. Maar soms kan dinge onverwags te ver gevoer word. Dit het ek verwoord. Geniet my beskeie aanvulling op jou gedig.

    Pen

    Jou aanraak van my verstand
    was lig soos ’n speelse papegaaiveer,
    maar onmiskenbaar dáár.

    Jy fladder vervaard in my hart:
    blou vol hemelse vervoering
    rooi vol aardse ekstase
    swart vol donker wense.

    Ek pen jou ongenaakbaar vas:
    goudgeel hartstog
    grasgroen jaloesie
    pikswart wraak.

    Und willst du nicht mein Bruder sein
    so schlag’ ich dir dein Schädel ein…

    Reply
  5. Louis Pienaar says:
    24 April 2012 at 12:32

    Die kwesbaarheid van menswees en liefde word sterk vasgevang in Skoenlapperdae. In Na ‘n Dood word die sterk melankolie of hartseer wat in herinneringe vasgevang word, ontsluit. Twee uitstekende gedigte!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d