Marlies Taljard. Weerspieëling en Weerklank (1)

 

Gemeenskapsprojek: Skryfkuns

Weerspieëling en Weerklank (1)

 

 Ek is vanjaar bevoorreg om deel te wees van ‘n projek wat (onder andere) kreatiewe produksie onder jong kunstenaars in die plaaslike gemeenskap probeer bevorder. Hierdie projek is deel van ‘n groter projek: Weerspieëling en Weerklank: Tipografie, topografie en tipologie waaraan die vakgroepe Kunsgeskiedenis, Grafiese ontwerp en Skryfkuns van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus deelneem.

 

Bernard Odendaal

Bernard Odendaal

In die praktyk behels die projek waarvan ek deel is ‘n reeks werkwinkels waarin verskillende kreatiewe aktiwiteite aangebied word en waarin studente kans kry om oor die teorie en praktyk van kunsskepping te besin. Volgende keer berig ek meer oor die projek as sodanig, maar vandag se blog wy ek spesifiek aan die skryf- en poësiewerkwinkel van 14 April 2012 waartydens Franci Greyling en Bernard Odendaal hulle kundigheid op die gebied van prosa- en poësieskryf met die groep jong kunstenaars uit Promosa gedeel het. Ek het elke student gevra om kortliks sy of haar indruk van die werkwinkel neer te skryf. Ek plaas dit saam met foto’s van die kunstenaars en foto’s van aktiwiteite wat reeds plaasgevind het.

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks

Shaday Hendricks:

Vandag was net vir my awesome!!! Om eerlik te wees ek het gedink dit is moeilik om ‘n gedig te skryf, maar dit is glad nie so moeilik nie. Jy as die skrywer moet net die leser kan laat verstaan. Dit is nogal interessant om na die dieper betekenis van ‘n gedig te kyk.
Andrea Chinian

Andrea Chinian

 Andrea Chinian:

Om gedigte te skryf, het eers vir my gevoel asof dit ‘n onnodige “las” in die lewe was. Ek het gevoel dat “poets” onnodige geld daarvoor verdien. Maar noudat ek self in die skryf deelneem vind ek dit interessant want ek kan myself uitbeeld en daar is niks soos ‘n verkeerde gedig of leesstuk nie. Niemand kan jou judge nie solank jy uitbeeld wat jy in jou gedagte het.

(…) So ek sou vir julle wat daar buite is wat graag wil skryf aanmoedig om te begin skryf en om nie anders se negatiewe sprake kop toe te vat nie, want as mens eenmaal begin het wil jy nie ophou nie.

 

Leonora van Rooyen

Leonora van Rooyen

 

Leonora van Rooyen:

Ek het ‘n liefdesverhaal om te vertel.

Ek wil my emosies uitdruk.

Om dit te doen skryf ek ‘n paar kort sinne wat soos musiek klink en daar het ek my gedig.

Dit was my eerste persepsie oor die gedig.

Alles goed en wel, maar toe word ek blootgestel aan wat die skrywers noem “skeppingselemente”. Toe ek na die skeppingselemente in my eie sogenaamde gedig gaan kyk, wel, toe lyk dit nie meer soos ‘n gedig nie.

By my volgende poging van gedig skryf kon ek my abstrakte emosies in konkrete beelde vasvang. Ek kon klank gee aan die beeld. Ek kon steeds die ritme en metrum in beeld hoor.

 

Janine Matthyse

Janine Matthyse

Janine Matthyse:

Ek het baie geleer oor skryfwerk. Dit help mens ook om jou gevoelens uit te beeld en dis verskriklik interessant. Ek het baie geleer oor gedigte ook dat mens net kan gaan sit en skryf maar jy moet ook weet wat jy doen. Dit het my terug gevat na my dae op skool graad 11 & 12 in my Afrikaans klas. Ek hou nogals daarvan om te skryf en ek het vandag se les baie geniet.

 

Godwin Leandro Willemse

Godwin Leandro Willemse

 

Godwin Leandro Willemse:

Vandag se werkswinkel “Poësie” ek kon vandag tog so baie leer by prof. Bernard, van poësie en die Ritme van ‘n gedig jy moet altyd dink aan jou lesers en probeer dit verstaanbaar te maak, dit kan ironies wees en sarkasties wees maar nie te veel nie. En kies jou woorde mooi. Die klasse is 100% die moeite werd.

 (Ek meen hier is ‘n paar goeie wenke wat digters gerus ter harte kan neem!)

Ons is nie skaam om te drama nie

Ons is nie skaam om te drama nie

 

Of te rap nie...

Of te rap nie...

 

Rame

Rame

 

Foto’s: © Marlise Taljard, 2012

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Marlies Taljard. Weerspieëling en Weerklank (1)”

  1. engemi ferreira :

    Dankie tog, ‘iemand’ het my gehoor. Ek raak so ontsteld as ek al die baie gediggiegroepe oral teëkom waar mense so graag dig, maar net die duime ter wille. As hulle werkies gelike word is hul tevrede, en die ‘wow’s en die ‘oeees’ en die ‘jy sê-dit-so-moois’ is zum kotzen maar dig dig hulle voort. Ek pleit oral vir keuring of hulp of wegwysing as dit nie anders kan nie, maar het volk moet dig!
    En hier begin julle nou aan die onderpunt van die leer; voor die nare gewoontes gevetig is. Ek is verheug, mag julle elke digters’closet’ in die land bykom, ook die op facebook et al. Baie dankie

  2. Ag Engemi, “jy-sê-dit-so-mooi”! Universiteite moenie net ivoortorings wees vir dié wat het nie … (of dan: dis wat ek graag wil glo!)

  •