Louis Esterhuizen. Snykant van die spotprent

Met al die gefladder rondom Brett Murray se skildery wat ons president as umkhonto van die nasie uitbeeld, herinner dit ‘n mens sterk aan die snykant wat die kunste wel (nog) het om te bied. En natuurlik is dit die spotprent wat hom juis by uitstek hiertoe leen. (Soos Zapiro, en vele ander soos Anton Kannemeyer, natuurlik al menigmaal gedemonstreer het.)

Nietemin, die New Yorker het onlangs met ‘n nuwe blog genaamd “Page-Turner” begin en om dié geleentheid te vier, het hulle die spotprentredakteur, Bob Mankoff, genooi om sy gunsteling literêre spotprente wat oor die jare jeen by New Yorker verskyn het, te kies en te plaas.

Van hulle is die volgende:

 

 

Uiteraard herinner dit ‘n mens sterk aan ons eie Gus Ferguson, in sy eie reg ‘n meester van die literêre sportprent en boonop satiriese  digter.  Wie kan ooit die uiters vermaaklike publikasies soos Light verse at the end of the tunnel (David Phillip Publishers: 1996), Arse Poetica (Kwela: 2003), Waiting for Gateau (Double Storey: 2004) en Dubious delights (Quartet: 2006) vergeet?

Soos die volgende wysheid, byvoorbeeld:

You cannot cage a poet

in a prison or a zoo

because, before you know it,

they’ll write about that too.

(Uit: Arse poetica, 2003)

 

En, by wyse van groet, twee van Gus Ferguson se spotprente hieronder.

 

 

(c) Gus Ferguson

 

 

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Snykant van die spotprent”

  1. maria :

    Digters, stortkoppe, Zuma, Mugabe … Plato se piramiede van die gemeenskap met die filosowe boon-aan … Hegel se piramiede, i.e. die liggaam van die teken wat met iets vreemds bevrug is … digters, stortkoppe, pizza … Levinas wat die spoor (van die Absolute Ander) vergelyk met ‘n persoon wat ‘n perfekte misdaad probeer pleeg, maar toe hy sy voetspore uitvee los hy vingermerke … soos ‘n handtekening … maar hy het nie bedoel om dit te doen nie … Derrida wat praat van die geskenk van die dood … d.w.s. lewe … gee my koffie, koffie, koffie en NOG nikotien!
    Dis nou wat gebeur as jy so prettig provokatief bloggeer, Louis! Daardie laaste (spot)prent … is WOES skerp!

  2. maria :

    Ek’t nou-net na Derrida verwys – nou kom ek toevallig op die volgende af:
    “Poetry is just the evidence of life. If your life is burning well, poetry is just the ash”.
    – Leonard Cohen.
    En ek wou net meer weet oor die deelwoord of partisipium … die lewe bly eenvoudig net onhokslaanbaar! Kunstenaars is uitlaatkleppe vir al die vreemde konkoksies wat te vore kom – hulle moet nie uitgekruis word nie, maar ingesing word! Maar dalk is daar ‘n voorwaarde … die liggaam van die teken moet eers gelees kan word! Die metafisiese oog moet eers kan leer sien wat dit lees … hoe die nag liggies van die lamp afval …

  3. maria :

    Samuel Weber skryf in Theatricality as Medium (2004), p. 16: “In most cases, the present participle is assimilated to an oppositional pair that appears as part and parcel of the logic that has to be deconstructed” en haal dan vir Derrida aan: “As soon as a mirror is interposed in some way, the simple opposition of activity and passivity, like that of producing [produire] and product, or also all the present and past participle (imitating/imitated, signifying/signified, structureing/structured, etc.) become ineffective and formally too weak to dominate the graphics of the hymen, its spider web and the play of its eyelids.”
    Weber skryf op pagina 15: “The appearing of the present participle is the grammatical index of those disjunctive “goings-on” that make the “present” into a “tense” in the most intense sense: (…)”.

  4. Louis :

    Sjoe, Maria. Ek wou maar net ‘n bietjie pret hê so tussen al die gewoerwoer deur. Maar ja, dis seker ‘n skrywerskap uitgebeeld: van selfgratifikasie na oorlewing; van vraatsug na verontskuldiging. Met die onafwendbare verrotting oorkoepelend terwyl die nag saggies om ons ineeensak.
    Fyn gelees, fyn gelees …

  •