Philip de Vos: Ray Bradbury 1920 – 2012

 

Ek het gedag ek het nou vir ewig en altyd hierdie blog vaarwel geroep, maar nou met Ray Bradbury se dood op 5 Junie op ouderdom 91 maak ek, nes Jaïrus se dogter, ’n vlugtige herverskyning.

Dit is tog vreemd hoe mens met ’n skrywer se werk kennismaak. Dit het gebeur toe ek meer as dertig jaar gelede besluit het om op ’n winternaweek uit Kaapstad weg te kom en om vir ’n paar dae alleen by die Kommetjie Hotel deur te bring. Kommetjie met die yslike wit strand wat strek tot by die vuurtoring daar anderkant.

Die dag voor my vertrek het ek in ’n stowwerige boekwinkeltjie rondgesnuffel en het afgekom op ’n boek met ’n vreemde voorbladontwerp. Die titel I sing the Body Electric en die skrywer Ray Bradbury en op die agterblad die woorde:

Ray Bradbury is a magician.. Everything in a Bradbury story is magic and round all his characters and landscapes blow the narrow winds of mystery. A conjurer of words and stories, he can juggle his reader into other dimensions with the skill of a sorcerer.

 

 

 

En dit was die enigste keer dat ek ’n boek net oor sy omslag gekoop het. En so het ek ’n wêreld van wonderlike plekke, en vir my, ‘n wêreld van wonderlike woorde ontdek.

Die ander dag Google ek op Books with ugly covers en hier kry ek toe hierdie presiese omslag. Hulle kon terloops een van my eie boeke op die lysie geplaas het, maar om die gramskap van die uitgewers te vermy, sê ek liewers nie watter een nie, maar ék weet en hulle weet, en dit is al genoeg.

Maar sonder om te veel af te dwaal. Dit was ’n koue winternag in Kommetjie.

En selfs in my hotelkamer was dit koud toe ek vir die eerste keer Ray Bradbury se wonderlike woorde ontdek. Dit was prosa, maar altyd gemeng met die gevoel van poësie:

It was as if a light came on in a green room.

The ocean burned. A white phosporescence stirred like a breath through the autumn morning sea, rising. It was old and beautiful. Out of the deeps it came indolently. A shell, a wisp, a bubble, a weed, a glitter, a whisper, a gill. Suspended in its depths were brainlike trees of frosted coral, eyelike pips of yellow kelp, hairlike fluids of weed. Growing with the tides, growing with the ages …

Buite die Kommetjie hotel was alles toe in ’n miskombers en in my koue kamer was ek bewus van die vuurtoring se lig wat nou en dan teen my hotelkamer se gordyne kom flits het.

En toe het ek The Fog Horn begin lees:

Out there in the cold water, far from land, we waited every night for the coming of the fog, and it came, and we oiled the brass machinery and lit the fog light up in the stone tower. Feeling like two birds in the grey sky, McDunn and I sent the light touchijng out, red, then white, then red again to eye the lonely ships. And if they did not see our light, then there was always our Voice, the great deep cry of our fog horn shuddering through the rags of mists to startle the gulls away like decks of scattered cards and make the waves turn high and foam …

En met die lig van Kommetjie se vuurtoring en met Bradbury se vuurtoring in die boek voor my, het ek ’n nuwe wonderwêreld ontdek.

Die aand was so besonders, dat ek jare later vir die eerste en enigste keer in my lewe ’n bewonderaarsbrief gekryf het. ’n Brief aan Ray Bradbury om hom te vertel hoe ek hom op ’n mistige aand ontdek het en op 13 Julie 1994 ontvang ek ’n poskaart terug.

 

 

Nou is Ray Bradbury oorlede, maar sy woorde leef voort. Nie net in sy stories nie, maar ook in sy enkele digbundels. So loop ’n digter die dood vooruit:

 

 

 

EVIDENCE

Baking in the sun,

Age 37, mid-Atlantic, on a ship,

And the ship sailing west,

Quite suddenly I saw it there

Upon my chest, the single one,

The lonely hair.

The ship was sailing into night

The hair was white …

The sun had set beyond the sky;

The ship was sailing west,

And suddenly, o God, why, yes,

I felt, I knew …

So was I.

uit: When Elephants last in the Dooryard Bloomed

 

 

 

I DIE

SO DOES THE WORLD

Poor world that does not know its doom, the day I die.

Two hundred million pass within my hour of passing.

I take this continent with me into the grave.

They are most brave, all innocent and do not know

That if I sink, then they are next to go.

So in the hours of death, the good Times cheer

While I mad egotist, ring in their Bad New Year.

The lands beyond my land are vast and bright,

Yet I with one sure hand put out their light.

When my heart stops, the great Ra drowns in sleep,

I bury all the stars in Cosmic Deep.

So, listen world, be warned, know honest dread.

When I grow sick, that day your blood is dead.

Behave yourself, I’ll stick and let you live.

But misbehave, I’ll take what now I give.

That is the end and all. Your flags are furled …

If I am shot and dropped? So ends your world.

uit: Where Robot Mice and Robot Men run round in Robot Towns.

 

 

RAY BRADBURY 1920 – 2012

 

 

 

 

 

 

 

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Philip de Vos: Ray Bradbury 1920 – 2012”

  1. Leon Retief :

    Philip, ek hoop van harte dat jy gaan maak soos Frank Sinatra en Cecilia Wessels en aanhou terugkom vir ‘n afskeidskonsert. Ek het pas jou inskrywing vir my vrou Lesli gewys, sy se dat wanneer sy iets deur jou lees dan sien sy jou atyd in haar geestesoog in die Barbier – ek weer sien jou as die keiser in Turandot. Those were the days… Groete daar!

  2. sebra :

    Ag, hoe heerlik om nog ‘n bewonderaar van Ray Bradbury op die lyf te loop, al is dit dan in die kuberruim waar hy gewis nou swerf en steeds met woorde toor al kan ons hulle nie meer sien of hoor.
    Ek het sy werk in die kortverhaaltydskrif Argosy ontdek en was op 15 alleen op ‘n Bosveldplaas weggevoer na plekke waarvan ek nie eers kon droom nie. En ja, sy prosa is digkuns, soos sy liefde vir boeke, sinoniem met hom. Dankie dat u my herinner het aan iemand wat ek nie gereeld genoeg lees nie.
    En mag u nog lank met ons wees, ook op hierdie blad.

  3. Philip de Vos :

    Hallo Leon – jy dink reg oor my as die keiser in Turandot wat bewend op ‘n klein platformpie 15 meter bokant die Nico Malan-verhoog gehys is, maar ek reken Lesli se geestesoog is verkeerd. Sy dink seker aan my rol as Basilio in Huwelik van Figaro, want ek het nooit ‘n rol in Barbier vertolk nie. (En -dankie dat jy vir my en Frank Sinatra in een asem noem.) Eendag sal ek hopelik wel weet wanneer om op te hou …

  4. Leon Retief :

    Ag ja askies Philip, sy het seker deurmekaar geraak met die twee Basilios in die betrokke operas. Mag jy nog lank skryf!

  •