Jo Prins. Jozi oor Jozi

“Verse oor ‘n stad gelees ín die stad” is ‘n projek wat ek hoop nie te lank van nou nie sal oorspoel na stede soos Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad.

In dié eerste aflewering lees Christo van Staden, Johannes Prins en Charl-Pierre Naudé verse oor en in Johannesburg. Liezel Els, Beeld se videograaf, het gesorg dat ons lank genoeg stil sit en staan om voor te lees en het dit beautiful verpak. In samewerking met Yvonne Beyers, die redakteur van By, koppel ons dit aan ‘n artikel wat eerskomende Saterdag in dié bylaag verskyn.

Lees Saterdag in By na watter era uit Johannesburg se geskiedenis bekende stadsjapies sou wou terugkeer indien hulle kon terugreis in tyd.

 

En gaan kyk na die video hier:

 http://www.youtube.com/watch?v=1cP0-__g6bU

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •