Breytenbach Sentrum: Tuin van die digters!

TUIN VAN DIE DIGTERS

15 September 2012

Breytenbach Sentrum

 

PROGRAM

 

Huldeblyk: Gerrit Komrij

Met Daniel Hugo & Alfred Schaffer

Gerrit Komrij (1944 – 2012) word nie net onthou vir sy belanghebbende bydraes as Nederlandse digter en skrywer nie, maar ook vir sy bydrae om ‘n groter bewustheid van die Afrikaanse digkuns in die Lae Lande uit te brei. In hierdie program bring ons hulde aan hierdie grootse literêre figuur.

Grevilleas Galery, 10:00. 45 min. R20

 

Die man in die groen trui

Met jong digters en akteurs van die Breytenbach Sentrum, asook Jitsvinger.

Tydens hierdie sessie ontmoet jy die aspirant-digters en akteurs wat betrokke is by die Breytenbach Sentrum se bemagtingsprojekte. Ons bied, met die ondersteuning van onsdonateurs, en onder die leiding van die bekendedigter, Diana Ferrus, kreatieweskryfsessiesaanvir aspirant-digters uit armkansige gemeenskappe. Heldedigters span noukragtesaam met ons drama-studente, onder leiding van Sophia Passerini, in ‘n voorlesing- en voordragprogram. Die man in die groen trui, wat jy in hierdie sessie ontmoet, is deur ons dramastudente en die kunstenaar, Marinda du Toit, in die lewe geroep. Jitsvinger kom gee ekstraskopaan die program.

Digterstuin, 10:30.45 min. R20.

 

Hoe genees die digkuns?

Met Thérèse Hulme en studente

Thérèse Hulme bied ‘n musiek-en liriekprojek aan as deel van ‘n jeugontwikkelingsprogram in Athlone op die Kaapse Vlakte. Thérèse help jongmense om deur woord en musiek hul stemme te laat hoor. Die projek is in samewerking met Music Therapy Community Clinic (MTCC).

Konferensie-lokaal, 11:00.30 min. R20.

 

Van Slapendehonde tot Santekraam

Met Ronelda Kamfer & Jeanne Goosen

Die jongbekroondedigter, Ronelda Kamfer, wat die opspraakwekkendebundels, Noudatslapendehonde en Grond/Santekraam die liglaatsien het, gesels met Jeanne Goosen oor haar digkuns en die stories agterhaarvlymskerppoësie.

Grevilleas Galery, 11:30. 45 min. R20.

 

Vir Adam Small – ‘n digbundel

Met o.a. Danie Marais & Iris Bester

‘n Huldigingsbundel vir Adam Small word op by die Breytenbach Sentrum bekendgestel. NALEDI, in samewerking met RSG en die US Woordfees, gee hierdie digbundel uit. Die publikasie val saam met die week waarin Small die Hertzogprys ontvang. Hierdie gedigte is vir Versindaba 2011 geskryf en by dié poësiefees op Stellenbosch voorgelees. Saam met die gedrukte bundel is daar ook  ʼn CD waarop Small self van sy gedigte voorlees, tesame met ʼn hoorbeeld wat Iris Bester vir RSG saamgestel het. Moenie hierdie besonderse bekendstelling misloop nie.

Bôrdienghuis Teater, 12:30. 90 min. Gratis.

RSVP teen 10 September 2012 by sharonise@breytenbachsentrum.co.za

 

Kry my by die gewone plek aguur – Kaapstadse gedigte

Met Loftus Marais en Bibi Slippers

Loftus Marais se tweede bundel is meer as ‘n waardige opvolger vir sy buitegewone debuut. In 2008 het hy met Staan in die algemeen nader aan vensters nie minder nie as vyf letterkunde pryse gewen, en die rede vir hierdie fenomenale erkenning is straks te bespeur in die selfversekerd­heid van die digterstem in die nuwe bundel.

Grevilleas Galery, 14:00. 45 min. R20.

 

Verskombers

Met Elsabé Daneel &Niël Rademan

Met die immergewilde aktrise, Elsabé Daneel, se gunsteling-gedigte en die klanke van Niël Rade­man, neem hierdie woordmusiek-program jou op ‘n nostalgiese en romantiese, musikale galop.

Bôrdienghuis Teater, 15:00. 45 min. R40.

 

Klipgedigte

Met Bibi Slippers, Charl-Pierre Naude, Christo van Staden, Daniel Hugo, Dominique Enthoven, Floris Brown, Jeanne Goosen, Lina Spies, Louis Esterhuizen, Marlise Joubert, Melanie Grobler, Melt Myburg, Petro Rhode, Pieter Odendaal, Ronelda Kamfer, Willem Fransman en Zandra Bezuiden­hout. Musiek deur Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, Rikü Latti en Les Javan. Voorlesings deur Antoinette Kellerman.

Die opdrag aan digters was eenvoudig: skryf ‘n gedig rondom die tema, “Tuin van die Digters”, op ʼn klip van jou keuse en kom lees dit voor tydens hierdie spesiale openingsgeleentheid van onsdigterstuin. Die klipgedigte word dan in ons tuin ingemessel. Met hierdie tuin wil ons ‘n vaste en lewendestaanplekvir die Afrikaans digkuns skep.

Digterstuin, 16:00. 120 min. R50 (ligte eetgoed en wyn ingesluit)

 

BESPREKINGS

 

E-pos: sharonise@breytenbachsentrum.co.za

Tel: 021-8732786  (Maandae tot Vrydae, 9:00 tot 17:00)

Adres: Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington.

 

DONATEURS

 

Dankie aan die volgende organisasies wat bly glo in die werk waarmee ons besig is:

 

NLDTF, Dagbreek Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds, LW Hiemstra Trust, Naspers Voorsittersfonds, Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake.

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •