Fraksioneel 9/11
kort voor lank is tien, elf
jaar
verby
na
[]
[] jy
[] daar
[] so
[]
simmetries in beheer
oënskynlik
[] so
[] ge
[] sus
[] pen
[] d
[] eer
tom by die tandarts jy
harry by die werk spring
ons voor die tv jy
die fliek vlieg
by die supermark jy
sweef
[ deur sameswerings ] val
] bedrog [ jy
oorlog jy
val
jy jy
ons val
verbeel ons
die onverbeelbare
val
in al ons verse
en jou seuns
se woorde is gewere
jou dogters droom in breuke
(© René Bohnen)
Dankie Marie, ons sal seker almal altyd onthou waar ons was…Buiten dit, bly die foto van die vallende (springende) man in my geheue ingeprent.
Ek het baie helder beelde nog van 9/11, spesifiek omdat ek tien dae later in Hong Kong was.. midde van al die vrese in groot geboue oor nog aanvalle. Ek dink jou woordekonomie het geweldig beeldkrag midde van die tipografie wat jy aangewend het.
Baie dankie Carina, ek waardeer hierdie kompliment! Ek goegeloer sommer dadelik Tonnus, dankie, dit klink sommer baie opwindend.
Hiervan hou ek sommer BAIE, René! As jy ooit in Nederland kom kuier, koop vir jou Tonnus Oosterhoff. Hy komponeer beweegbare poësie op die rekenaarskerm…. Ek moet byse: jou gedig Johannesburg III in die onlangse Hoe Lyk Jou Stad? kompetisie was ook vir my persoonlik een van die bestes.