Louis Esterhuizen. ‘n Kuberkamer vir vrot gedigte

 

Vir dekades al wonder die mens waarheen kouse wat verlore raak, eintlik gaan. Net so kan ‘n mens sekerlik die vraag vra na waar vrot verse heen verdwyn. Wel, via ‘n skakel wat Marlene Malan enkele dae gelede op haar FaceBook-profiel geplaas het, het ek die antwoord gevind: die heimat van vrot gedigte is naamlik ‘n webblad, VeryBadPoetry, waar jy soos volg verwelkom word:  “Welcome to the last refuge for the world’s worst poetry. It’s  difficult to understand how, in this age of information, poems that merely miss the mark can be tossed into the cold world to fend for themselves,  only to whither and be forgotten. Please help us to help them to help us.”

En watter heerlike leeservaring is dié webblad nie! Tong in’ie kies, nommerpas. Hul missie word soos volg gestel: “VeryBadPoetry is a resource to collect and share some of the worlds most overlooked poetry. Everyone is free to submit their leftover, unused or unwanted poems. We will sort, catalog and give new life to the wayward verse and prose. It’s easy so don’t let your shabby old poems slowly fade away. Let them live on for all of eternity in a well equipped home built just for them. If you have any ideas about how we can make these little poems more comfortable please let us know.”

Omslag

Omslag

Inderdaad. En so ‘n vinnige loer na hul ledelys toon dat daar bykans 600 lede is wat op gereelde basis hul vrotste gedigte hier liasseer. Ook is daar al ‘n bloemlesing uit dié bydraes voortgebring …

Wat ook besonder lekker is, is dat elke kliek van die muis ‘n nuwe vrot vers lukraak na vore bring. En so ontdek ek die voorheen onbekende digter  Amri Jasael. Sy biografie lees soos volg: “Since joining on 30/11/99, Amri has published 5 works. “A Blade, a Bullet” remains to a work that the Very Bad Staff can’t forget. Although it’s both extremely puzzling and didactic, we like to think of it as the worst produced by a sane human mind since Grandpa Jaesal led the family into a 30 day foray to the land of poetry during the summer of ’37. However, we kind of like the quaint feeling we get when reading “Back and Forth”.”

(Vir jou leesplesier plaas ek die gedig waarna verwys word, “A Blade, a Bullet” heelonder.)

Maar eers ietsie oor wat dan nou eintlik bedoel word met “vrot gedig”; ‘n vraag wat De Waal Venter eweneens enkele dae gelede elders op die webblad gestel het. Die antwoord vind ek op die webblad Literacy, Language, Education and Life waar ene Andrew Lambirth juis oor dié netelige saak besin.

Te midde van sy uitvoerige betoog, waag Lambirth twee haalbare sienings rondom  die fenomeen ‘Vrot Gedig’. Ek haal aan: “Peter Sansum (1994), in his book ‘Writing Poetry‘ says that some poems are ‘tripe’. He is certain that bad poems are very common. These are poems which are some-how dishonest about the meanings they convey and how this is done and/or are full of cliche.”

Omslag

Omslag

‘n Meer uitgebreide definisie vind hy by Seamus Cooney: “To achieve memorable badness is not so easy. It has to be done innocently, by a poet unaware of his or her defects. The right combination of lofty ambition, humorless self-confidence, and crass incompetence is rare and precious. (There is a famous anthology of bad poetry called The Stuffed Owl, which I recommend to those interested.)”

Volgens Lambirth is dit noodsaaklik om te verstáán wat ‘n swak gedig is alvorens jy ‘n goeie gedig na waarde kan skat: “For the student, having a genuine insight into the true badness of some poems is, I think, a necessary corollary of having a grasp of what makes good poems good.”

Vervolgens die nege kategorieë waaarvolgens swak gedigte volgens hom ingedeel kan word:

1. Poems which are written for occasions which contain language and/or are about subjects which are inappropriate to be read in particular contexts.

2. Prose.

3. Poems which are stated as being written in a particular form which break the rules – e.g. a ballad which is not a ballad.

4. Poems which are written by someone who has no interest in writing one and little effort has been made in its composition.

5.Poems written by those who do not know what a poem is and what it can do and/or have read very little poetry.

6. A poem no one can understand.

7. A poem that people know about, but no one has any interest reading.

8. Poems written by those who are not genuine about writing poems. There is another motive other than poetry.

9. A poem everyone thinks is bad.

 

Nou ja, toe. Hieronder die beloofde vers deur Amri Jasael.

 

***

A Blade, a Bullet

Remorse stealing my soul,
I’m afraid to move.
Afraid to think.
Afraid to exist.
It feels wrong.

I want to live,
But I can’t.
Not without you.
Not without love.

I can, but I might as well kill myself.
I would not feel the pain.

A blade,
A bullet.
Neither would hurt me.
I would smile as I died.

Why are we different?
To accomodate for new others
Turns old friends against us.
Why bother with friendship,
As it breaks more often than mends.

I want to speak,
But I can’t.
Not as insecure
As I am now.

A blade,
A bullet.
Neither would pain me.
I would kiss you as I bled.

(c) Amri Jasael (Soos geplaas op VeryBadPoetry)

 

Bookmark and Share

19 Kommentare op “Louis Esterhuizen. ‘n Kuberkamer vir vrot gedigte”

  1. Baie dankie, Louis, dat jy hierdie juweeltjie van ‘n “kuberkamer vir vrot gedigte” raakgeloop het. Dit is heerlike vermaak!

    Maar op ‘n ernstiger toon: besinning oor wat eintlik goed of swak is in poësie, is werklik uiters belangrik. Dit is grondliggend aan wat elke digter behoort te doen voordat hy of sy op watter manier ook al publiseer.

    As ek nie geweet het hoe baie werk dit is nie, sou ek by Versindaba gepleit het om so ‘n blad vir Afrikaanse poësie in te stel. Daar is oorgenoeg voorbeelde van “poësie” wat goed hierin sou pas!

    Miskien is daar iemand wat die inisiatief wil neem en so ‘n blad wil skep?

  2. Marlise :

    Heerlike inskrywing Louis! En De Waal, ek stem saam, besinning oor wanneer ‘n gedig goed of swak is, is nodig. Sodat digters tog minder sensitief daaroor reageer, afstand kan neem en weer daaraan werk, bereid is om te herken en te onderskei: hierdie gedig is swak/goed. (Hoewel jy hier dan ook weer ‘n tornado van verskillende menings sal genereer!)

  3. Fanny Alexander :

    De Waal,daar bestaan reeds so ‘n blad. Op Facebook.

  4. Marlize Hobbs :

    hehehehehe, Fanny! Ek het soooo gewag vir hierdie een! Jys vreeslik aspris!

  5. Fanny … soos ons deesdae sê: “eish!”

  6. Johann de Lange :

    De Waal, teen moedswillige lamsakke agter skuilname mors jy net jou asem. Die mense is nie in staat om sinvol by te dra tot die soort diskoers wat jy bepleit nie. En wat jy nie verstaan nie, takel jy mos af, nie waar nie?

  7. Leon Retief :

    Ek sou ook verkies dat Fanny nie ‘n skuilnaam gebruik nie. Omdat sy ‘n taamlike sterk punt beet het.

  8. Om dan die diskoers, soos Johann de Lange dit noem, voort te sit, gaan ek my veroorloof om aan te wys wat na my mening treffend en geslaagd is in ‘n gedig.

    Ek wil kyk net na die eerste strofe na “Vertaalproses” van Zandra Bezuidenhout, met apologie. Ek gaan nie die hele gedig aanhaal nie, aangesien ek dink ek daarvoor toestemming van die digter moet kry.

    Die gedig het my aandag getrek omdat ek self baie in vertaling van veral poësie belang stel en amper daagliks daarmee besig is.

    “Vertaalproses
    Om woorde uit te wan
    tot uit die warreling van kaf
    ‘n handvol korrels
    oorbly in die skedelpan”

    Die vier reëls is in eenvoudige, bloots taal geskryf, maar elke reël klink. En dan is daar ook nog rym in die eerste en vierde wat mens skaars opval omdat dit so natuurlik is.
    Hier gebeur iets wat die teenoorgestelde is van wat in die meeste swak gedigte gebeur: daar word begin met ‘n cliché wat dan nuut gemaak word – die leser iets nuuts laat ontdek. “Die korrels word van die kaf geskei” kry hier nuwe beeldvaardigheid en nuanse.

    Die woord “skedelpan” speel ‘n sleutelrol. Wat is ‘n “skedelpan”? Is dit daar geplaas net om te rym? Inteendeel. Dit is ‘n vernuftige woord wat op ongewone, en dus interessante, manier ‘n soort metafoor is vir “gemoed” of “gedagtes”.

    Met ander woorde: die vertaler oorweeg talle en talle woorde en uitdrukkinge, verwerp die meeste en gebruik dan net die beste om die sin van die oorspronklike teks weer te gee.
    Hopelik gebeur hierdie wanningsproses in my vertaling van Tranströmer se eerste strofe in “Tre strofer”

    “Riddarenoch hans fru
    förstenade men lyckliga
    på ett flygande kistlock
    utanför tiden.

    Die ridder en sy dame
    versteend maar gelukkig
    op ‘n vlieënde kisdeksel
    buite tyd.”

    Zandra Bezuidenhout het ‘n baie geslaagde gedig geskryf wat heelwat sinvol te sê het oor die vertaalproses. Daar is egter ‘n deel van die gedig wat myns insien verbeter kan word. Maar dit is hier ongevraag om in hierdie forum my mening daaroor te lug.

  9. Rudi Prinsloo :

    Aangesien Louis dan self voel dat geen sinvolle gesprekvoering kan plaasvind nie en die gesprek tog voortsit neem ek aan dat dit dan slegs verwys na “sinvol mbt Carpe Noctem”.

    Fanny en Mnr Retief behoort hulle te vergewis van elke deelnemende lid se bydraes en ons dan by die naam beledig as hulle steeds daarna voel.

    Tensy die soort gesprekke dan vir “eie vermaak” aangebied word kan ek amper geen ander geldige rede vir die voortsetting insien nie.

    Noem my by die naam en beledig my direk sodat ek direk kan reageer. Die mening is sekerlik ook die mening van my mede-lede by Carpe Noctem.

    Digkuns behels ‘n sekere vaardigheid in die kunste en nie net die kundige, geletterde aanbiedings waarmee uitgewers ons verveel en wat die hoofrede vir swak verkope is nie.

    Voorheen het ek ‘n mate van respek vir deelnemende lede op Versindaba gehad. Daar is daarvan niks oor nie. Die kredietwaardigheid wat julle met tyd opgebou het, het julle eiehandig weggesmyt.

    Met apologie aan die individue wat beter dinge het om te doen as om hulle hiermee besig te hou.

  10. Leon Retief :

    @Rudi: Let asseblief daarop dat ek gesê het dat Fanny ‘n “taamlike” goeie punt beet het, nie dat sy geheel en al reg is nie.
    Selfs die beste digters skryf swak gedigte. Ek sou skat dat hulle dalk geaffronteer kan wees wanneer iemand ‘n swak gedig aan hulle uitwys maar ek kan nie sien waarom hulle beledig moet voel nie. Dieselfde geld vir swak digters.
    Ek het geen begeerte om alle lede op CN of ander webblaaie se bydraes te lees nie. Dit wat ek wel onder oë gehad het was genoeg, die lewe is te kort om my ekskursies daar voort te sit. Ek het verder ook geen begeerte om mense by die naam te noem nie omdat dit duidelik is dat hulle dit slegs as beledigings sal aanvaar.
    Wat my wel effens amuseer is iets wat Fanny se kop skynbaar laat uithaak het en haar over the top reaksie tot gevolg gehad het, maar kom ons laat die punt van verkneutering maar daar want dit is nie iets wat my kwel nie en gaan net verdere aantygings oor beledigings tot gevolg hê.
    So met verloop van tyd het ek wel vasgestel dat ek in een opsig iets in gemeen het met meeste mense wat op sulke media gedigte plaas en dit is dat ek nou nie juis ‘n besondere talent het om te dig nie. Ek verskil egter ook in een opsig van hulle – ek besef dit, daarom waag ek nie my hand daaraan nie.
    Nou weet ek dat die volgende holruggeryde ou stelling nou uit die sloot gehaal gaan word (soos wat reeds gebeur het): ja, ek is net jaloers. As ek wel jaloers was op digters dan sou ek nie soveel agting gehad het vir goeie digters nie. Meeste mense wat kuns versamel is nou nie juis wafferse skilders nie maar dit beteken nie dat hulle jaloers is op goeie kunstenaars nie, dieselfde geld vir die versameling van musiekopnames.
    Die volgende punt is dit: maak nou nie saak of iemand wat dink dat die betrokke gedigte swak is se opinie reg is of nie – as hy/sy/hulle dink dit is so, mag hulle dit nie sê nie? (Fanny se manier van sê uitgeslote). Of moet mens maar altyd jou opinies versigtig in watte toedraai en in die onderste laai wegsteek om mense se tere gevoelens te spaar? Ek en enigiemand anders het dieselfde reg om ons opinies te lug as wat ander mense het om hul gedigte waar ook al te plaas. ‘n Reg vir beide kante, nie ‘n voorreg nie.
    Deal with it.

  11. Louis Esterhuizen :

    @Rudi, ek verstaan nie jou kommentaar en hoekom dit teen my gerig is nie?

  12. Rudi Prinsloo :

    Mnr Retief: we are dealing with it. Selfs in die geledere van CN soos Mellet herhaldelik genoem het is daar ‘n ingesteldheid op wat aangebied word. Ons skiet dit nie net eenvoudig neer nie maar tree in gesprek met mekaar en laat die ontvanger die meriete beoordeel. Ek neem kritiek, soos Mellet en al die ander lede, en hanteer dit tot voordeel van persoonlike groei. Ek is bly dat Fanny uitgesonder word vir hoe om dit nie te doen nie. Dat tyd min is gee ek u dan ook gelyk. Dat daar min goeie gedigte is dan seker tot u voordeel mbt leestyd wat afgestaan moet word. Die inisiatiewe wat Carpe Noctem neem om almal in te sluit en ‘n waardige platform te bied, buite en binne die kuberruim, sal my respek geniet vir solank as wat dit die beginsels voorhou wat dit tans voorhou. Vrede dan vir almal hier.

  13. Rudi Prinsloo :

    @Louis: die mate van ondersteuning wat Mellet vir jou inisiatiewe beding binne en buite Carpe Noctem laat my stom wanneer ek hierdie skrywes lees. Die “hofnar”, die poppekas en dan die berekende verwagting dat kommentators sal byvoeg wat jy subtiel suggereer (buite-poppe/perde) is opvallend genoeg.

    Ons weet dan ook dat hierdie nie ‘n enkele gesprek is nie maar eerder al voortsleep sedert die radio onderhoud. Pragtige stellings van wedersydse respek word aan die “openbaar” voorgehou (puik reklame-bestuur) en dan word daar allerhande gesprekke gevoer wat mens net kan verwar as jou IK ernstig te kort skiet. Binne CN word daar deursigtig opgetree, dus dra ons kennis van ander skrywes waarin daar hoflik maar pertinent skeislyne getrek word.

    Ons kan dit daarby laat: ek merk ieder geval dat hierdie blog net deur sekere mense gevolg en ondersteun word en dus nie ‘n deursnit opinie verteenwoordig nie. Om jou werk aan te val sal my geen plesier verskaf nie; tog, ek sal teen die agtergrond sukkel met toekomstige lees en interpretasie daarvan.

    Laastens: ek respekteer die feit dat julle skerm vir dit waarvoor julle so hard gewerk het. Laat die vrug daarvan vir homself praat, eerder as om dit te verhef deur ander se inisiatiewe verdag te maak.

    Groete en digterlike vrede!

  14. Louis Esterhuizen :

    @Rudi, Mellet het my doelbewus verkeerd aangehaal na die radio-onderhoud ten einde ‘n bepaalde gesprek op CN te genereer. Dit het hy teenoor my erken en hy het daarvoor om verskoning gevra en reggestel. Ek het dit as sulks aanvaar.

    Met my toepassing van ‘n wêreldwye verskynsel op die Afrikaanse digkuns met Mellet en CN as voorbeelde was dit hoegenaamd nie my bedoeling om hom óf Carpe Noctem te verkleineer nie. Trouens, die eerste entoesiastiese (en waarderende) kommentare wat op Maandag se blog gevolg het deur Mellet self en ander lede van CN bewys dit tog? Dat nie alle liefhebbers van die digkuns waardering het vir jul werk en wat julle verteenwordig nie, is tog sekerlik nie iets wat uitsluitlik voor my deur gelê kan word nie, is dit?

    Eweneens interpreteer jy bostaande blog myns insiens heeltemal verkeerd. Die “hofnar”-verwysing vermoed ek is na die grafika bo aan die blad? Jy sal sien dat dit na die “gifted poet” verwys wat op enige digter wat hom- of haarself as “gifted” beskou betrekking het.

    Die strekking van die hele aanbieding en verwysing na die betrokke webblad is dus dat ons as digters onsself dalk nie altyd so ernstig moet opneem nie. Ek het gehoop dat dié humoristiese kyk na ons bedryf dalk gemoedere sal kan kalmeer en as sulks het dit hoegenaamd GEEN betrekking op enige individu of ENIGE inisiatief (soos CN) nie.

    Met jou slot-opmerking tov Carpe Noctem in jou antwoord aan Leon Retief is ek dit roerend eens.

    Met waardering,
    Louis

  15. Amanda Lourens :

    Ek volg hierdie gesprek met groot belangstelling, en wil eintlik maar net napraat in die spore van De Waal se diskoers, as ek dit maar so mag noem. Die groot probleem wat betref die lees (en dan seker skryf) van gedigte is dat mense nie die toerusting het om te weet wat ‘n gedig ‘n gedig maak nie, wat nog te se ‘n goeie een. Dus is daar waarskynlik werk om te doen wat betref die verspreiding van kennis. Daarom het ek so baie waardering vir De Waal se “tutoriale” en hoop ek hy wil oorweeg om so iets meer gereeld hier op Versindaba te plaas. Natuurlik kan niks vergoed vir ‘n gebrek aan talent nie, maar die “tools of the trade” mag dalk ook tot ‘n beter gehalte leser lei, en dalk ook nog beter gedigte.

  16. Zandra Bezuidenhout :

    Jy het my gedig aandagtig gelees, De Waal. Dankie!
    Zandra

  17. arnold :

    Amanda as “digters” nie die toerusting het nie is dit gewoon omdat hulle niks anders lees as hulle eie werk en seker ‘n paar vrinne sn. Daar is ‘n magdom van lektuur wat jou sal vertel wat is ‘n goeie gedig en wat nie. Daar is kreatiewe skole aan universiteite. Waarom so lui dan dat ander jou met lepeltjie moet voer? Enige digter wat sy sout werd is voer homself! Hierdie groupies wat op internet soos ‘n alma mater saamkoek eet helaas almal uit dieselfde ou pappot.

  18. Hallo Amanda.
    Ek het nie alle wysheid in pag nie. Ek het nie eers baie wysheid in pag nie. Ek het net ‘n paar korreltjies kennis wat ek deur die jare uit die kaf gewan het. En met dit in die hand, sal ek probeer om verder die soektog voort te sit na wat goed is en wat minder goed is in ‘n gedig.
    Met apologie aan Johann Lodewyk wil ek aan die hand van sy gedig, Jacques Cousteau, wys hoe vernuftig poëtiese tegniek aangewend kan word.
    Ek haal ‘n deel van die gedig aan, die volledige gedig kan elders op Versindaba gelees word.
    “Jacques Cousteau
    Aan die punt van die tafel praat ‘n man
    in ‘n restaurant in Juan-les-Pins
    met ‘n uitsig oor Cannes se baai
    saam met duikers, bemanning van die Calypso,
    wetenskaplikes, Philippe Tailliez
    van die seepark op die Hyères-eilande,
    en prins Rainier van Monaco.”
    Ek wil hierdie vers ‘n “verwysingsgedig” by uitstek noem. Daarmee bedoel ek dat die gedig feitlik niks direk sê oor die eintlike onderwerp wat ter sprake is nie, maar die hele gedig verwys daarna. Die leser word feitlik ‘n poëtiese GPS-apparaat in die hand gegee met ‘n paar koördinate waarmee hy op reis kan gaan en ‘n nuwe landskap ontdek. Daardie landskap of landskappe is Cousteau se hele interessante en ryk gevulde lewe – sy ontdekkingstogte en lewenslange inspanning om die geheimenisse van die see op te klaar.
    Die leser ontmoet die kromneusige Costeau in die gedig en verneem hoe hy sy Bandol wyn geniet. Name soos die Calypso en Philippe Tailliez word genoem. Elkeen ‘n stel koördinate wat die leser op ‘n nuwe reis stuur.
    Mens dink dadelik aan Nijhoff se “Lees maar, er staat niet wat er staat” uit sy gedig “Awater”.
    ‘n Nederlandse skrywer, Joris Lenstra, het hieroor te sê:
    ” Het gedicht bevat ook het adagium: “Lees maar, er staat niet wat er staat”. Dit is jarenlang begrepen als een aanwijzing van de dichter dat poëzie anders moet worden gelezen dan dat wat er staat — dus meer is dan het “tussen de regels door lezen”. De jongste opvatting is dat Nijhoff een woordgrap uit zijn jeugd citeerde: waterstaat = wat er staat. Als het al een oproep is, dan is het er een om dicht bij de tekst te blijven — de inhoud letterlijk te nemen.”
    Ek lees Johann Lodewyk Marais se gedig aan die hand van die eerste betekenis van Nijhoff se reël – die gedig se werklike betekenis lê eintlik buite die reëls om.
    Dit is die teken van ‘n bekwame digter: die gedig lei die leser deur die koppelvlak van die gedig na ander wêrelde wat onstaan vind in die leser se intellektuele ontdekkingstogte.

  19. arnold :

    Rondom 1919 maak Renoir ‘n skildery van Wagner wat vir hom poseer. Die twee voer lang gesprekke met mekaar, besef hulle verskil. Later word ‘n onderhoud gepubliseer met albei. Aan elkeen word die vraag gestel wat dink hulle regtig van mekaar. Renoir antwoord: Wagner is ‘n swak komponis! Wagner se antwoord: Renoir is ‘n baie swak skilder!

  •