Desmond Painter. Facebook Status Updates

 

*

ons dae krimp soos ʼn haarlyn

ons nagte word grys in die slaap

 *

die refrein van die dae word herhaal

en vervaag tot elektriese gesuis

die wind waai die weke weg

die uiteinde is bra onmusikaal

 *

vanoggend stotter onsinnig

vanmiddag klinker voort

vanaand sê ons woorde weer les

op teen môre se groot ongehoord

op die naat van my rug in die tuin

versuip ek laatnag in ʼn silwer sloep

sterre: ʼn skyndood

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Desmond Painter. Facebook Status Updates”

  1. Joan Hambidge :

    Mooi. Maak die slot (dalk) so:

    op die naat van my rug in die tuin

    versuip ek laatnag in ʼn silwer sloep

    van verskietende sterre: ʼn skyndood

    Ritmies beter

  2. Desmond Painter :

    Joan, dankie. Nog ‘n goeie voorstel.

  3. Marlise :

    Stem saam Joan!! Ek het juis self ‘n probleem gehad met die ritme in die laaste reël, maar dog toe hierdie kesie moet liefs stilbly en grys dra! 🙂

  •