Louis Esterhuizen. Die oupagrootjie van alle uitverkopings

 

Kyk, dit is darem nou nie té gereeld dat ek my betrokkenheid by Versindaba met die oog op reklame misbruik nie, maar vandag kan ek nie anders nie. Verlede maand het Protea Boekhuis hul twintigste bestaansjaar gevier. En om dié vreugde verder uit te rek, is daar besluit om bepaalde titels – waaronder etlike digbundels – teen ‘n spesiale  prys van R20 per boek te verkoop. Die enigste voorwaarde is dat jy ten minste 5 boeke moet neem.

Wat ‘n geleentheid! Persoonlik was ek aanvanklik maar skepties hieromtrent, aangesien ek graag sou wou dink dat poësieliefhebbers reeds hul digbundels aangeskaf het, maar toe ek sien met watter vreugde kliënte op die uitverkooptafel toesak, het ek besef dat hierdie inderdaad ‘n lofwaardige inisiatief is van Nicol Stassen, Protea Boekhuis se hoofbestuurder. Veral omdat dit nie net ‘n tweede asem gee aan ouer publikasies nie, maar ook aan die poësieliefhebber die geleentheid bied om sy of haar poësieversameling dramaties aan te vul.

Nog ‘n interessante feit is dat daar reeds binne die eerste week meer as 1,000 digbundels verkoop het … Maak daarom seker dat hierdie vreugde jou nie verbygaan nie. En onthou, dié aanbod geld net tot 31 Desember 2012.

Vir jou gerief plaas ek die lys met beskikbare titels hieronder. Jy kan dit by enige Protea Boekwinkel landwyd aanskaf. (Let wel: die lys is alfabeties volgens die outeur se van.)

Ten slotte, ‘n toepaslike gedig? Wel, miskien ‘n ironiese een. Heelonder. Maar onthou, dit is ‘n geleentheidvers.

UITVERKOOPLYS:

Stillerlewe. Bekker, Pirow

Klitsgras. Bellingan,Marietta

Landelik. Bosman, Martjie

Vergissing. Bosman, PJ

//Kabbo op die ysterspoor. Botha, Christiaan

Exploring the core content of socio-economic rights: South African and international perspectives. Brand, Danie; Russel, Sage

Toewaaisand. Coetzee, Christoffel

Punt van die wolriem. Coetzer, Johan

Brief uit die kolonies. Crous, Marius

Aan ’n beentjie sit en kluif. Crous, Marius

Gone to the edges. De Kock,Leon

Tussen duine gebore. De Wette, Julian

Maagmeisie: Griekwastemme. Deacon, Thomas

In die tyd van uile. Dönges, Sarina

In die landskap ingelyf. Du Plooy, Heilna

Verhaal van Johanna Brandt, Die. Du Toit, BEP

Liefland. Esterhuizen, Louis

Sloper. Esterhuizen, Louis

Book of Lives, A. Farrell, D

Koggelmanderman. Fourie, Pieter

hitte vannie teerpad — songs van die liedjieboer. Goosen, Anton

ShelleyCinema… and other poems. Gray, Stephen

Hessie Kwedet: Dagga-, dop-, dryf- en verwante ryme. Grobbelaar, Pieter W

Eggo’s in bewolkte water. Grobler, Marie

Buigsaamheid van verdriet, Die. Hambidge, Joan

En skielik is dit aand. Hambidge, Joan

Ruggespraak. Hambidge, Joan

RugbyRhymes. Hickman, Deirdre

Land van sonlig en van sterre. Hugo, Daniel

Twaalfde letter, Die. Hugo, Daniel

Nuwe Verset. Hugo, Daniel

Boer en Brit: Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Anglo-Boereoorlog. Jansen, Ena

Lyfsange. Joubert, Marlise

Naamlose muse, Die. Kannemeyer, JC

Hutspot. Kannemeyer, JC

Hannes van der Merwe. Kannemeyer, JC

Geel kafee, Die. Kombuis, Koos

Suburbia. Kombuis, Koos

Elektries gelaaide hand, Die. Komrij, Gerrit

Lush. Kruger, Haidee

Sonskyf. Laurie, Trienke

Geagte skrywer: Briewe aan ’n verhaalredakteur. Linde-van Rooyen, Engela

Driemaster. Lombard, Chris

Tussen wysvinger en duim. Lombard, Kobus

Afstande. Malan, Lucas

Plaaslike Kennis. Marais, Johann Lodewyk

Aves: Gedigte. Marais, Johann Lodewyk

Mandela Dead and Alive 1976 – 2001 Mandela Mort et Vif. Maunick, Edouard J

Colours of Love: In Life and After Death. Momberg, Marthie

Evangelie van Thomas, Die. Muller, Piet

In die geheim van die dag. Naudé, Charl-Pierre

Against the light. Naudé, Charl-Pierre

Through the Eye of a Needle. Nawa, Lebogang Lance

[en die Here het foto’s geneem oor vanderbijlpark]. Nel, Ronel

As die son kom oogknip: Verse geskryf vir die sonsverduistering Limpopo, 4 Desember 2002. Olivier, Fanie

Supporting small-scale farmers and rural organisations: Learning from experiences inWest Africa. A handbook for development operators and local managers. Perret, Sylvia

Trialoog. Philander, PJ

My lied van die niet. Phillips, Fransi

Duino-elegieë. Pieterse, Henning

En kyk na die omowit engele op die rolbalbaan. Pretorius, Wessel

Elke oggend van die wêreld. Quignard, Pascal

Tekens van die tye. Snyders, Peter

Perspectives on the Bible: God’s Word in Ordinary Language. Spangenberg, Sakkie

Kloof. Strachan, Alexander

Maansiek. Taljaard, Gerda

Omte onthou: Versamelbundel ter viering van die digter se 85ste jaar. Toerien, Barend

Huisapteek, Die. Toerien, Barend

Diplomasie en Politiek: Die pers, die boererepublieke en Duitsland en tydens die Anglo-Boereoorlog. Van der Heyden, Ulrich

In kamera. Van Deventer, Hennie

Eros Ontbind. Van Jerusalem, Johannes

Goedsmoeds. Van Rooyen, Piet

Pleidooi vir die poësie, ’n. Van Vliet, Eddy

Versindaba 2005 Versindaba

Versindaba 2006 Versindaba

Versindaba 2007 Versindaba

Holtrom en groot kabaal. Viljoen, Hein

Enkeldiep. Vos, Cas

Liefde is die grootste. Vos, Cas

Gode van papier. Vos, Cas

Mantrakolie. Wagener, Pieter

Shih-ching: Liedereboek. Walters, MM

Satan ter sprake. Walters, MM

 

 

***

Ken jy die boek

(Met apologie aan Uys Krige)

 

 Ken jy die boek se ure, Meneer,

die ure deur sweet en wroeg verteer

wanneer die nag, slegs ’n lamplig weg,

die skrywer met donker spooksels terg.

 

Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur.

 

Dié ure is drif, is doolgang en alleen,

is dae, jare selfs, ja, bykans ’n lewe aaneen

waar die skrywer al skrywend spoor vind

in geskrifte om gedagte met woord te bind.

 

En jy sê nog, Meneer, die boek is duur.

 

En dan, die eerste produk, na uitgewer,

keurder en terug, alweer aan ure uitgelewer

om te hersien, herdink, weer en weer besleg

tot uiteindelik, almal besef: Nou is dit reg!

 

En jy sê nog, Meneer, die boek is duur.

 

Want nou is dit die ure van produksie,

die ure van redigeer, set en noukeurig lees

van ontwerp, verpakking en advertensie

vir hierdie gedrukte proewe van die gees.

 

Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur.

 

Was u al ooit in die ruimtes van rak en boek

waar verkopers u entoesiasties help soek

na daardie één eksemplaar wat u graag wil hê,

want jare terug het u dit glo iewers verlê.

 

En jy sê nog, Meneer, die boek is duur?

 

Weet u dat daar vir iedereen ’n boek bestaan

wat u lewe kan verander, u kan laat verstaan

hoe heerlik die rykdom van gees kan wees,

en hoe plesierig die ervaring van lees …

 

Dan sê jy nog, Meneer, die boek is duur?

 

Maar hoe bepaal ’n mens die waarde

van iets só raar, gevul met letsels en vuur

wanneer soveel mense ’n lewe moet maak

uit hierdie afgekamde ambag van papier?

 

En stééds sê jy, Meneer, die boek is duur …

 

 

© Louis Esterhuizen (Ongepubliseerde gedig)

 

 

 

Bookmark and Share

8 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Die oupagrootjie van alle uitverkopings”

  1. Ek het 15 van hierdie R20-boeke gekoop. Ek’s ‘n sakker vir ‘n bargain.

  2. HN Jansen van Rensburg :

    Helaas lyk dit vir my die afslagpryse is slegs beskikbaar as jy by die winkel gaan koop. Is dit korrek?

  3. Louis Esterhuizen :

    Nee, mnr. Jansen van Rensburg – Na die beste van my wete is dit ook by die aanlynwinkel beskikbaar. Gaan kyk by: http://www.proteaboekhuis.com/
    Vriendelike groete,
    Louis

  4. HN Jansen van Rensburg :

    Ek het my virtuele waentjie volgeprop, maar by die kasregister staan die totale bedrag verskuldig nou op meer as R1,000, instede van R200, en die enigste afleweringsopsie is om die boeke by Hatfield te gaan haal. Iewers moes ek ‘n elektroniese afdraaipaadjie misgeloop het …

  5. Louis Esterhuizen :

    Beslis nie reg nie. Skakel gerus die Protea Boekwinkel-tak in Bloemfontein. Praat met Brendon – mna die beste van my wete is hy verantwoordelik vir die aanlynbestellings. Sy nommer is: (051) 444 1212. U is uiteraard ook welkom om via die webblad na my toe te skryf en dan pos ons (Protea Stellenbosch) die boeke na u toe. (Die webblad se e-posadres is regs bo by “Kontak”.)
    Ek hoop u kom reg …
    Louis

  6. Hi Louis,stuur asb vir my die klient se epos adres sodat ek die uitverkoping katalogus vir die klient kan aanstuur. Die uitverkoping boeke is nie afgemerk op die webwerf nie.

    Groete
    Cornelia
    Protea Boekwinkel Hatfield

  7. Buiteblaf Breytenbach :

    Wil mos klink asof die aangekondigde suikerbosse uiteindelik tog teen proteas se pryse verdiskonteer gaan word.

  8. HN Jansen van Rensburg :

    Mnr Esterhuizen, ‘n dosyn dankies vir ‘n dosyn boeke. U personeel het my met flink diens reggesien.

  •