Desmond Painter. ‘n Ballade van die Afrikaanse letterkunde?

Daar is waarskynlik nie ‘n voorgraadse letterkundestudent in die wêreld wat nie op een of ander stadium ʼn boek of artikel van Terry Eagleton lees en/of plagiariseer nie. Hy het daardie rare vermoë om komplekse teoretiese idees en strominge, soos die fenomenologie en die dekonstruksie, maklik te laat klink. En dan is hy nog ʼn Marxis ook – een van die weiniges wat dit nie in die 1990s skaamkwaad probeer ontken het, net om nou, ná 9/11, ná 2008, skielik weer te besef daar was toe tóg iets buitekant die teks nie! Adieu, Derrida… Maar wag, ek dwaal af. Eagleton het ʼn speelse gedig oor die Engelse letterkunde geskryf, en ek wonder altyd hoe ʼn soortgelyke Afrikaanse gedig sou klink? Die kompetisiemoontlikheide is legio. Eendag is daar dalk nog ʼn nismark vir Afrikaanse satire in Sjina. Laat ons groot droom!

*

The Ballad of English Literature – Terry Eagleton

(Gesing op die wysie van Land of Hope and Glory)

Chaucer was a class traitor
Shakespeare hated the mob
Donne sold out a bit later
Sidney was a nob

Marlowe was an elitist
Ben Johnson was much the same
Bunyan was a defeatist
Dryden played the game

There’s a sniff of reaction
About Alexander Pope
Sam Johnson was a Tory
And Walter Scott a dope

Coleridge was a right winger
Keats was lower middle class
Wordsworth was a cringer
But William Blake was a gas

Dickens was a reformist
Tennyson was a blue
Disraeli was mostly pissed
And nothing that Trollope said was true

Willy Yeats was a fascist
So were Eliot and Pound
Lawrence was a sexist
Virginia Woolf was unsound

There are only three names
To be plucked from this dismal set
Milton Blake and Shelley
Will smash the ruling class yet

Milton Blake and Shelley
Will smash the ruling class yet.

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Desmond Painter. ‘n Ballade van die Afrikaanse letterkunde?”

  1. Desmond, hier is ‘n poging van my uit 1995. Kwalifiseer dit?

    Kos vir die kenner

    wat die skrywers eet en drink
    bepaal wat ons s^e en dink

    CJL het by stille waters
    knaend gesoek na drinkematers

    Krige het gehou van vleis en bier
    vir hom, meneer, was die vis te duur

    Ds. Du Toit die Dopper-St.
    het hom tot brood en trane verbind

    maar ou Gladstone Louw, die esteet
    was te triestig vir ‘n dieet

    mag God die sondaar onderskraag
    wat moet skryf op ‘n le”e maag

    wat sonder hulp van bord en beker
    sy onsterflikheid wil verseker

    (“Monnikewerk”, Tafelberg, 1995)

  2. Daniel, dit kwalifiseer inderdaad! Mal daaroor.

  •